Saturday, July 14, 2012

Saterdagse ligsinnigheid




‘n Mens ken nou al die Hollanders se gek name vir hul restaurants soos bv. Die Laggende Koei of Chinese restaurante se : Restaurant Ho Ho.

Maar België, beroemd vir sjokolade, bier en sy kookkuns, is lekker gevat. Die Belge se humor en kookkuns vind ‘n salige kombinasie in die name van hul restaurante. Hier is ‘n paar, waarvan die laaste twee my gunstelinge is:

Die Nuutste Skinderstories.  (Le bruit qui court)

Wie Gaan die Hond Uitvat? (Qui va promener le chien)

In die Middel van Nêrens. (Au milieu de nulle part)

Die Hoesende Luis. (Le pou qui tousse)

My Mal Suster (Ma folle de Soeur)



Blog Archive