Friday, July 20, 2012

Traag om die uitkoms by God te soek


My kind, Ek is die Here wat jou in tye van teenspoed bemoedig en bystaan.

Kom, daarom, na my wanneer dit nie met jou goed gaan nie. Ek is immers die Ontfermer.

Dit is sleg dat jy so lank neem voordat jy jou na My wend. Voordat jy tot die punt kom dat jy met jou hele hart tot My bid, soek jy eers op baie ander plekke vir uitkoms en troos. Jy wil nuwe lewe in uiterlike dinge ontdek. Dit help jou nie baie nie.

Kyk tog. Let op. Ek is die Een wat ontferming en troos skenk aan almal wat getrou na My roep. Sonder my is daar geen duidelike uitkoms of volmaakte oplossing nie. Na jou tye van teenspoed kan jy in My kalmte en rus vind. Wees vol vertroue en bly moedig terwyl jy aan my ontferming bly dink; want ek is naby jou om jou te help en om jou te herstel tot ryke, oorvloedige genade.

Vry vertaal uit Tomas a Kempis. 

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive