Henri Nouwen skryf die volgende dagstuk (Mei):
Elke egte verhouding tussen twee of
meer mense – of dit nou vriendskap, 'n huwelik, of ’n groep is – skep ’n ruimte waar vreemdes
kan ingaan en vriende kan word.
Egte verhoudinge is gasvry.
As ons 'n huis
binnegaan en daar gul verwelkom word, ontdek ons gou dat daar liefde heers onder die mense wat daar woon. Dit is dié
liefde wat hierdie verwelkoming moontlik maak.
Wanneer
daar konflik in die huis is, word die gas gou gedwing om kant te kies. “Is jy vir haar of vir hom?” “Stem jy met hulle of met ons saam?” “Hou jy
meer van hom as van my?”
Hierdie vrae staan in die pad van egte gasvryheid, dit
wil sê ’n geleentheid vir die besoeker om veilig te voel en sy of haar eie
gawes te ontdek.
Gasvryheid
is meer as net ’n teken van liefde teenoor 'n vreemdeling. Dit is ook en veral
’n uitdrukking van liefde tussen hulle wat die gaste verwelkom.