Die nugtere boekie van Alaric Lewis wat ek 'n rug terug in Afrikaans vertaal het en deur Lux Verbi uitgegee is, het 'n dagstukkie oor die houvas wat verlies aan 'n dierbare op mens kan kry.
Na sy ma se dood, skryf hy in die stuk, het hy alles vanuit 'n donker hoek beleef. Die tragedie van sy verlies het sy hele bestaan oorheers.
Totdat hy op 'n dag weer opnuut goeie dinge in mense se lewens begin raak sien het
Dit is waar, voel ek by die herlees van my vertaling van sy stuk: 'n mens kan nie toelaat dat jou verlies jou lewe op sleeptou neem nie. Daarvoor is dit nodig dat 'n mens bewus word en bewus bly van die goeie dinge wat ook in die donker tye by jou bly en in jou lewe voorkom.
Hier is die stuk:
10 Junie
“Ek hou vas aan u troue liefde.”
–
Psalm 13:6
Ek kan onthou dat ek na my ma se dood getwyfel
het of ek wil lewe in ‘n wêreld soos die een waarin ek my toe bevind het.
Ek
het om my gekyk en drie kinders sonder ‘n ma gesien en ‘n man wat die teenwoordigheid
van sy vrou gemis het.
Dit het my siening van die lewe só belemmer dat ek oral
tragedie en lyding begin raaksien het en omtrent niks anders nie.
Dit was die
wêreld en ek wou eerlikwaar nie iets daarmee te doen gehad het nie – hoewel ek
natuurlik besef het dat daar nie veel van ‘n keuse was nie en dat ek alles
daarmee te doen sou moes hê.
Daar
is nog tye dat ek treur omdat die wêreld nie is wat dit moet wees nie.
Maar dan
weer sien ek ook mense wat vir mekaar goed is, hoe pragtig die natuur daarbuite
kan wees, en watter wonderlik bande van liefde daar tussen mense is.
Met al
hierdie spesiale dinge om my, besef ek dat vir iemand wat op God se ontfermende
liefde vertrou, die tragedies in die wêreld nie die laaste sê het nie.