Nico
ter Linden skryf oor die verarming wat in 'n mens se lewe gebeur wanneer jy
geloof kwytraak. Hy noem twee voorbeelde van hoe ryk 'n mens is wanneer die
lewe gelowig ervaar kan word.
Hy
vertel hoe mense in tyd van vrees, deur so 'n eenvoudigheid soos die blou van
die hemel vertroos kan word. Hulle besef hoe klein, nietig en onmagtig hulle
angste werklik is wanneer hulle vanuit 'n geloofshoek hul gewone lewe herbeleef.
Op 'n
ander manier kan mense deur besondere ervaringe moed skep. Hy vertel van Floris
Bakels wat weggevoer word in 'n trein wat hom van Rotterdam na Scheveningen
neem.
Op
'n stadium besef Bakels met intense gevoelens dat die trein hom wegneem van sy
kosbaarste dinge - sy huis en sy vrou. Terwyl hy in die vertrekkende trein sit,
soek hy verlangende die rigting op waar hulle is. Dan sien hy in daardie
rigting onverwags bokant die kerktoring 'n silwer lig op die toring val. Maar in
die lug is daar ligstrale wat 'n weegskaal vorm. Hy sien homself in die skaal.
'n Hand verskyn en tel die skaal beskermend op en neem dit na 'n plek waar net
stilte en lig is. Dan hoor hy 'n stem: "Vrees nie. Ek is die
Een."
Vir
die volgende paar jaar sou hy 'n verskriklike tyd in die konsentrasie-kamp
ervaar. Maar elke keer weer kon hy terugdink aan daardie gesig wat hy gesien
het. En troos daaruit put.
Op
hierdie manier ervaar mense 'n moment wat hul gewone, daaglikse lewe oopbreek.
Iewers kom daar van buite 'n aanraking, soms op 'n gewone manier, soms deur sulke
spesiale ervarings soos die visoen van Bakels. Maar selfs Bakels se visioen is eintlik
niks opsienbarends nie: wat in sy geval gebeur is dat die Bybelse insig dat God
by mense in hul krisistye bly, vir hom op 'n ander, ongewone manier 'n
werklikheid word en by hom vir die volgende paar jare sal bly om hom te troos. Hy
kry bevestiging vir alles wat hy altyd in die Bybel as troos beleef het.
En
tog, sy geloofsverhouding met God het daardie oomblik in die trein kragtig
gevul en hom verryk vir die jare wat sou volg.
Die
Bybelse teks oor God se vredevolle inwoning onder mense, breek in een oomblik iemand
se afgeslote bestaan oop en bring berusting.
Kerstyd
is ook so 'n stil, gewone tyd. Die seisoen van God se vleeswording. God
bevestig die menslike bestaan.
Maar
terselfdertyd transformeer God hierdie bestaan buite alle verhoudinge om: wat
menslik is, word opnuut deurdrenk met goddelike krag. Vrede kom woon te midde
van en ook in die plek van onvrede.
Kerstyd
is by uitstek die tyd waarin mense bewus word van hul geestelike armoede: die vaal verblyf
op die vlakte, die totale verwydering van die wysheid, die dodelike roetine van
godsdienstigheid.
Dan kom die engele op die velde, die wyses reis oor afstande na die stal en die
boodskappers soek die vroue op in hul nederige huisies en vir Sagaria waar hy sy
godsdienstige pligte in die tempel nakom.
Die menslike bestaan word verryk, ingrypend,
met die teenwoordigheid van God te midde van die alledaagse, maar ook in die
heilige plekke. Kerstyd is die tyd van liedere, rykdom en transformasie.
Dit
is dan wat die lewe ryk maak: die avontuur om met God onderweg te wees - veral
in tye van onvrede, onsekerheid en verlange na liefde.
Dit, dan, en nie al ons presentjies en bome en eterye nie, maak kerstyd die fees van rykdom: daarom is dit 'n fees van vreugde - oor ons bevryding van armoede tot 'n rykdom in die geloof.