Die
Nederlander, Leyds, het 'n belangrike rol in die Boere-oorlog gespeel. In 'n nuwe boek vertel Martin Bossenbroek
meer oor die oorlog vanuit 'n Nederlandse perspektief. Dit is 'n boeiende lees.
In
die boek word vertel hoe Paul Kruger en
sy mede-stryders gaste was van die belangrikste vorste in Europa toe die oorlog
aan die gang was.
Kruger
het, vertel die boek, vir Koningin Victoria gewys hoe drink 'n mens warm koffie
uit 'n piering...
Hy
was gas by die keiser van Duitsland en die beroemde koningin Wilhelmina van
Nederland. Reuse skares het orals
saamgedrom om die boere-afvaardiging te ontvang en toe te juig. Strate is na
hulle genoem.
Kruger
het Leyds in Nederland uitgenooi om vir hom in die Transvaal te kom werk. Daar
het Leyds dikwels gehoor hoe mense sleg van Kruger gepraat het as 'n takhaar en
'n onbeskaafde persoon.
Hy
self sou geen skewe woord oor Kruger kwytraak nie. Leyds vertel van die
godsdienstigheid van die boere, ook van Kruger. Op 'n keer, skryf hy in 'n
brief, het die president en sy mense Psalm 25:8 gesing. Maar Kruger het die
teks eers voorgelees. Die voorlees was pragtig gedoen, het hy gesê. Leyds voeg
by hy het selde so 'n mooi voorlesing gehoor.
Die
blote lees van die teks, dus, kan mense so aanraak dat hulle dit onthou en deel
met ander. Maar, dink ek, dit sê ook veel van die voorleser. Uit die hart
gelees (want Kruger was as dopper besonder toegewyd en kerklik), raak dit
- en transformeer lewens.
Die Here is goed en reg. Daarom sal hy sondaars leer aangaande
die weg.