Onder die baie, baie stories wat van Pres. Mandela op hierdie dag vertel word, is daar een kostelike verhaal van 'n klerewinkel-assistent.
Toe hy sy oë oopmaak, staan Mandela in die winkel om 'n pak te koop. Dit gebeur kort na Mandela se vrylating.
Hy is skoon bewerig van die ontmoeting. Later vra hy Mandela om verskoning dat hy so onbeholpe is. Dit is die eerste keer dat hy so 'n belangrike man moet bedien, sê hy.
Toe maar, stel Mandela die man gerus: dit is die eerste keer dat ek nou weer 'n kans kry om 'n pak te koop...
Bedagsaamheid teenoor die eenvoudigste van mense, besef 'n mens, is 'n wesenlike kenmerk van Mandela se karakter.
Wanneer, vra 'n joernalis aan 'n fotograaf wat 18 maande van Mandela foto's geneem het, was Mandela op sy gelukkigste?
Die fotograaf antwoord sonder huiwering: wanneer hy by sy familie was.
Maar, dink ek, onder al die beelde wat oor die ontslape president op die beeldskerm verskyn het, is daar die spontane vreugde wat oor sy gesig spoel as hy by kindertjies is. Hy verloor homself in hulle sang, hy skud elkeen se handjie asof hulle belangrike mense is, of sit sy hand op hulle skouertjies.
Dit is suiwer, rein vreugde: om saam met die kleintjies, saam met sy nabye familiekring te wees, om 'n winkelklerk met 'n vonkel in die oog op sy gemak te stel.
Hoe groter 'n mens in statuur ook mag wees, hoe meer het 'n mens hierdie intimiteit en goedheid nodig. Of, dalk: juis die omgee maak 'n mens se statuur so groot.