Sunday, December 01, 2013

In die mees gewone kan 'n mens ook die allernaaste aan God kom.

'n Jaar en 'n half gelede het ons die plantjie in die grond gesit.

En toe loop dit uit teen 'n indrukwekkende spoed. So indrukwekkend dat ons al hope vrugte begin tel het.

'n Maand of drie na die plantery sien ons  'n blom uitbot. Maar twee dae later het die blom afgeval.

En die somer het verbygegaan sonder 'n enkele vrug.

Toe ons twee weke terug na die konferensie weg is, was daar nog nie 'n teken van 'n vrug nie. 

Met ons terugkoms, wag hierdie gesig op ons:






Die res van die plant is oortrek van blomme. 'n Jaar en 'n half later, aan die begin van die somer. En sommer so in 'n kwessie van 'n paar dae.

So eenvoudig, so natuurlik, so gewoon. 

En tog, ek ervaar dit as 'n  gawe.

Dit is die onverwagte en die oorvloedige, so uit die natuur se hand, wat my so laat voel. Vreugde kom na ons verby ons verwagtinge, teleurstellinge. 

Maar dit kom soms so onvoorstelbaar gewoon. 

Wat my laat dink: 'n VroeĆ« kersgeskenk. 'n Kind, soos alle kinders van alle tye. Wie het dit verwag? So gewoon. En hoe lank is daar gewag. Met verlange en innige begeerte. 

En die vreugde: om te ontdek dat God so naby aan ons kom op so 'n gewone manier. In die mees gewone kan 'n mens ook die allernaaste aan God kom.   

Blog Archive