Soms neem 'n mens lang afdraaipaaie van die pad wat jy met die kerk geloop het.
'n Mens het nie meer 'n behoefte om op 'n Sondag in 'n byeenkoms te gaan sit wat nie jou lewe verryk nie.
Die weë met die ou instelling, met die groot teenwoordigheid van godsdiens in jou lewe, skei.
Dan kan jy vir jare nie kerk toe gaan nie.
Soms dink 'n mens selfs dat dit die afskeid aan God is, die tyd van afskeid toe die Liefde in 'n graf weggelê is.
Soms is die rede's vir die afdraai eenvoudig: Die kerk kan, soos enige formele godsdiens, meer skade as goed aan geloof doen. Godsdienstigheid is partykeer die groot vernieler van 'n mens se siel.
Dink daaraan: die dood van Jesus was die resultaat van godsdienstige mense se vroomheid. En vroomheid kan geniepsig, bevooroordeeld en selfs vernietigend wees.
Die kruis is die groot aanklag teen georganiseerde godsdiens. Dit was juis georganiseerde godsdiens wat Jesus se dood gejaag het.
Soms is dit nie die kerk se skuld nie. Die skeiding van die weë kom omdat 'n mens verander het.
Dan is daar skielik op 'n dag weer 'n Paassondag, die dag van die verrysenis. Ook op die geestelike reis: die afdraaipad word 'n weg terug na God en God se mense.
Altyd weer kom daar vernuwing in die kerk. As alles doodgeloop het, vernietig is, goedheid uitgeroei is, hoef hoop nie ook te verdwyn nie. Dit is 'n afdraaipad, nie 'n doodloop-straat nie.
Wanneer die geestelike weg 'n lang afdraaipad loop, is dit nie noodwendig 'n doodloopstraat nie.
In spiritualiteit word beklemtoon dat die donker tye nie sonder God se teenwoordigheid eindig nie. Trouens, die tye van duisternis kan die tydvan stroping word. Dit word 'n weg waarop 'n mens bagasie afgooi, verlos word van alles waaraan 'n mens onnodiglik vasgehou het.
Dit is op sulke afdraaipaaie dat 'n mens nadink, ondersoek, toets en ontdek wat 'n mens mis. Want daardie aanraking van bo, die Branding, bly spook.
En dan volg op so 'n paasdag die omdraai: die wete dat iets verander. En dit word dan die tyd van nuwe verlange: die tyd van die brandende hart.
Iewers, terwyl 'n mens nadink oor die afdraaipad waarop 'n mens beland het, kom die geestelike insig en die dieper wete meteens helderder na vore. Die afdraai word 'n omdraai.
Dit is die Emmausweg, die pad wat wegloop van Jerusalem waar 'n mens altyd naby aan die goeie dinge was. Dit is die pad die donkerte in, skemeraand binne.
Maar dit is 'n weg waarop die Goeie 'n mens nooit werklik agterlaat nie. Die immer-goeie bly by 'n mens, bly knaag, is 'n verborge teenwoordigheid, en, meer nog, is 'n voortdurende gespreksgenoot.
Tot op die oomblik dat die enkel wete weer terugkom. Dan merk 'n mens in die eenvoud van 'n voedende hand, 'n stil gesprek, in die lamplig wat skyn op die kring om die tafel, in die skemering van die aand die verborge Waarheid, die ewige helderheid.
Só sterk kan die enkel wete jou aanraak, dat dit 'n mens laat terugkeer na die waters van rus. En daar, by die bekende, verlore lafenis van die vloeiende, Lewende water, proe 'n mens anders aan die varsheid van die Bron. Die verlange is méér, groter, sterker sodat die hart sterker as ooit brand van blydskap oor 'n herontmoeting.
Die lang reis het 'n mens van alle gejaag gestroop. Die siel is met minder, maar ook met meer tevrede: minder ornamente, minder bagasie, minder eise, minder gejaag en minder sekerhede.
Maar terselfdertyd ook is daar meer berusting, meer geduld, meer eenvoud, meer gefokus op wat werklik saak maak. 'n Mens is by God, die een wat voed met lewensbrood.
Hierdie eenvoud, die brood en water-eenvoud van nuwe lewe is die groot Tuiskoms, daar waar die Vader bly wag het, vol afwagting oor die een wat huis toe kom.

Amen. Ek kan getuig dit is werklik so.
ReplyDelete