Op die
Donderdagaand, in die tuin, bid Jesus oor 'n beker:
Lukas 22:41 – Vader,
as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem. Laat nogtans nie my wil nie,
maar u wil geskied.
Goeie Vrydag bly 'n opvallende manier om die
kruisdag van Christus te benoem.
Daar is sekerlik vele rede's wat 'n mens vir
die benaming kan aanvoer.
Een rede sou 'n mens kon vind in Jesus se gebed
dat die beker weggeneem word.
Daar is iets onvoorstelbaar goeds aan hierdie
gebed. Dit is 'n diep menslike gebed, 'n verlange om nie dood te gaan nie, om
die kosbre gawe van lewe te kan behou, skryf Rahner hieroor:
Soos mense steeds doen, so bly Jesus ook aan
die lewe vasklou. Hy vra nie iets spesiaals, iets hemels, iets bonatuurliks
nie.
Hy wil net bly lewe. Hy is pure mens met 'n
menslike verlange.
Só verloop die eerste deel van hierdie gebed
van Jesus. Sy laaste as 'n vry man. Hy kan nog op die stadium die kruisweg
vermy. Hy kan nog die beker wegstoot. Die gebed kom dus uit die binnekant van
die harde werklikheid. Daar is nie skyn aan nie. Dit is nie maar 'n netjiese,
oppervlakkige oomblik van twyfel nie.
En op die oomblik wys Jesus sy menslike kant.
Hy wil doodgewoon nie sterf nie.
Rahner skryf dat dit is soos mense moet bid: om
gewone behoeftes aan God bekend te maak.
Hoe goed is dit om te weet dat God luister na
die gewone, alledaagse verlangens in mense se harte.
Wie só sy/haar lewe gewoonweg voor God kan
neersit, verlangend, leer terselfdertyd om vertrouend te wees. Met 'n tweede deel
in die gebed is Christus vol vertroue in God. Hy laat die ruimte oop dat sy
lewe op 'n ander manier sinvol sou kon wees. En daarin laat hy hom lei.
Wat my, op die vooraand van Goeie Vrydag, in ons
woelige wêreld, maar ook met herinneringe aan die vernietiging van daardie Dag,
laat dink aan die goeie lied wat ons soveel jare gesing het: Lei, Vriendelik Lig...
Nicholas Gay het 'n aangrypende skildery van die nag in die tuin gemaak:
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.