Friday, July 30, 2010

Oor 'n papegaai en 'n omstrede skilder

Ek lees gister in ‘n koerant-artikel dat Billy Graham gesê het ‘n mens moet so lewe dat jy jou papegaai aan die grootste skinderbek in die dorp kan leen.

Lewenskuns. Spiritualiteit. Nie 'n vinger kan gesit word...

Die gedagte bly by my. Ek dink aan wat ‘n wyse kollega eendag vir my as ‘n lewensmotto gesê het: Jy moet altyd so oor mense praat dat wat jy van hulle sê waar hulle nie teenwoordig is nie, jy vir hulle in hulle teenwoordigheid kan sê.

Ek ken mense wat so lewe.


***


Maar terwyl ek so oor ‘n papegaai loop en dink, loop ek die volgende hoogs interessante storie raak wat iemand papegaai-skilderkuns noem, maar wat ook as aksie-kuns bekend staan. Dit gaan oor die bekende, omstrede en komplekse Amerikaans skilder, Jackson Pollock.  Die meeste mense sal hom ken uit die fliek van 2002 met die titel “Pollock” (met Ed Harris).

Die duurste skildery van alle tye was sy No.5 (1948) wat vir $140 000 000 verkoop is. 140 miljoen dollar.

Maar hierdie no 5 (1948) is ‘n stunning stuk werk: donker, verborge, woelende kleure van swaar wolke-agtige patrone met 'n ligte son-geel lyn wat heel fragiel en breekbaar in 'n swewende patroon van bo na onder in 'n dansende lewensritme gevloei word. Dink net as jy so 'n doek kan staan en bekyk as 'n lewensgrote skildery:







Hier is nog ‘n voorbeeld of twee van sy kuns: 





Watter sagte kleure dra, omring en raam die donkerder dele. Met net die suggestie van blou-grys (hemel, dynserige miswolke?) wat bly luier en verberg. En onder aan, half links, die twee rooi spatsels, mistiek, suggestief, perspektief op kleur. Die titel van hierdie werk is: Woud van betowering. (Of: Toorbos!).  Daar is dus sterk mistieke trekke, selfs in sy titels.
 



Hierdie een het hy "katedraal" genoem. Die kleure laat 'n mens aan No 5 dink. Iewers wil-wil dit ook groen suggereer, maar dan is daar die minuskule wit vonkerigheid bo-langs en dan die wit strepe wat oor die doek gesprei word en die donker sirkel-kringe onder. Dit is asof lig wil-wil deurbreek.


Sommige mense lag soms sinies oor sulke kunsstukke, asof dit 'n papegaai is wat in verf gedip en oor die doek gesmeer is. Of wat maagwerk gehad het. Skerp sinici het Pollock probeer ontmasker as ‘n foefie-kunstenaar. 

Totdat jy sy werk (aan die hand van iemand wat weet) bedink (meditatio).   

En totdat jy sien met watter ystere beheer en mag en gedetermineerdheid hy die skeppingsproses wil stuur (sien artikel hieronder).

Of: Totdat jy dit self probeer doen. En dan sit en bedink wat die verskil is.

Wat my verder tref in die inligting oor hoe hy geverf het, is hoe die afstand tussen die doek en die kunstenaar opgehef word. Pollock wil die doek as "objek" sien. Maar hy wil self in daardie objek wees. Hy wil met sy hele liggaam by die skeppingsproses teenwoordig wees. Self-implikasie. 

Vandaar sy spesifieke tegniek waar hy op die doek rondloop. (Sien die artikel hieronder). Sy skildertegniek self vertel al 'n hele verhaal (the "medium is die message," hoor ons mos in die formalistiese tradisie). Wat tel is ook hoe jy dinge uitbeeld - nie net in die vorm op die doek nie, maar ook in die aanwending van die materiaal op die doek.

En dan is daar die merkwaardige ekstasis wat hy self van vertel.  Hy skryf: “When I am in my painting, I'm not aware of what I'm doing. It is only after a sort of 'get acquainted' period that I see what I have been about. I have no fear of making changes, destroying the image, etc., because the painting has a life of its own. I try to let it come through. It is only when I lose contact with the painting that the result is a mess. Otherwise there is pure harmony, an easy give and take, and the painting comes out well.”


Dit is inspirasie. Kunstenaars deur die geskiedenis heen het sulke oomblikke van mistieke ekstase waar hulle in 'n oogwink allerskoonste dinge tot stand kan bring, kan skilder of kan skryf.  Dit kom nie dikwels nie. Dit is iets wat elke kunstenaar jaloers begeer. Maar jy moet dit afwag. Geduldig. En daarna verlang. Soms kom dit oor jou pad, weet hulle, vir 'n jaar of twee. In oorvloed. Of soms verdwyn dit vir dekades lank.


**

Hier volg ‘n bespreking deur die gesaghebbende Guggenheim museum (pragtige geboue in Manhattan en in Bilboa):

Selections from the Permanent Collection
Jackson Pollock (1912–1956): Enchanted Forest
About this work
Enchanted Forest, 1947

During the winter of 1946–47, Pollock instituted a new way of creating paintings. Moving around the unprimed canvas, which was laid flat on the wooden floor of his Long Island studio, Pollock poured, splattered, and dripped paint and enamel using his entire body in the process. This approach reinvented the methods and tools of traditional easel painting and came to be known as Action Painting, a style that demanded the total physical involvement of the artist. Pollock’s all-over style of painting avoided any points of emphasis producing intricate interlaced patterns that reflected Pollock’s gestures and movements around the canvas. His paints were thinned so they would flow more readily. Using sticks, basting syringes, and dried-out brushes, he worked from all sides, creating an edge-to-edge network of looping lines. Pollock explained, “On the floor I am more at ease. I feel nearer, more a part of the painting, since this way I can walk around it, work from the four sides and literally be in the painting.”

Titles for Pollock’s paintings were added once the work was complete, frequently at the suggestion of others. Enchanted Forest suggests a fable or myth while also referring to the tangled lines typical of the artist’s drip paintings. In this work Pollock leaves large areas of white amidst the network of moving lines. The palette is limited to gold, black, red, and white.

Pollock provided an articulate summation of himself and his work:

Technic is the result of a need—
new needs demand new technics—
total control—denial of the accident—
States of order—
organic intensity—
energy and motion made visible—
memories arrested in space, human needs and motives—
acceptance

Pollock’s innovations helped to establish international prestige for American art while altering the traditional methods of painting and placing a new emphasis on process rather than product.

Hier is ‘n verdere beskrywing van Pollock se werk (let op die sagte titels wat hy vir sy werke kies)

Jackson Pollock: American painter. He was an important practitioner of Abstract Expressionism. He was born in Cody, Wyoming, into a poor sheep farming family and was originally interested in sculpture, but joined the Art Students' League of New York in 1929 and was taught painting by Thomas Hart Benton. He developed a romantic Regionalist style influenced by Ryder during the 1930s. As a member of the Federal Art project 1938-42, he met a number of avant garde artists (he exhibited with de Kooning in 1940) and discovered Picasso's work and Surrealism (he was part of the New York Surrealist exhibition in 1942 and wrote automatic poetry). In 1939, he underwent psychiatric counselling and came into contact with the ideas of Jung. He began a series of semi figurative pieces, using symbolism from Native American culture (Navajo sand painting) and primitive art, influenced by the Mexican Rivera and incorporating a heavily applied technique which suggested violent spontaneity (e.g. She-Wolf 1943, New York).

Pollock was already experimenting with Surrealist automatism, but after the War he settled in Long Island and began to develop the Action techniques for which he is best known, dripping and throwing paint onto large canvases which were laid on the studio floor and only cut once the work was completed. He produced his first such abstraction in 1945. The intention was to avoid a focus for the work, to be part of it during creation (actually walking over it), to treat it as an object and to work semi automatically ('painting has a life of its own'). His attitude was later influential to Performance artists and happenings.

Despite his abstraction, Pollock used evocative, descriptive titles for many of these works (e.g. Cathedral, 1947, Dallas). The mesh of drips and dashes, often textured by the addition of sand and other materials, created a floating spatial rhythm. In 1951, suffering from alcoholic depression, he reduced his colours and began to work with black enamels of unprimed canvas. Dreamlike figures began to creep back into his work (e.g. Portrait and Dream, 1953, private collection). Pollock died in a car crash in 1956.

Lees ook die boeiende artikel oor Pollock in Wikipedia.

Thursday, July 29, 2010

'n Werkswinkel

Ek ontdek vandag hierdie boeiende uitbeelding van die Barmhartige Samaritaan deur Holder.




Op 9 September 2010, net na die kontak-sessie met die huidge M-studente in Bybelse Spiritualiteit (5-8 September 2010 in Menuah), van 8h30 tot 13h00 sal ons in Bloemfontein ‘n werkswinkel aanbied oor Bybelse Spiritualiteit. Dit sal by die Universiteit in Bloemfontein plaasvind.

Prof. Huub Welzen, verbonde aan die Titus Bransma Instituut in Nijmegen, kom in daardie tyd uit Nederland om te help met die dosering van die M-kursus. (Die vorige keer het Sandra Schneiders uit die V.S.A. in die module gehelp doseer).

Huub is die Nuwe-Testamentiese spesialis van die Instituut en het nou al verskeie jare lank oor Bybelse Spiritualiteit gepubliseer. Hy het ook ‘n ryk ervaring van groepwerk waarin hy ‘n model van Bybelse spiritualiteit ontwikkel het. Dit is veral hierdie praktiese ervaring wat vir my belangrik is. ‘n Mens kan allerhande groot teoretiese insigte hê, maar uiteindelik is die toets vir enige model hoe dit in die praktyk werk.

Dit sal Huub se eerste besoek en optrede in Suid-Afrika wees.

Ek en Huub het hierdie week koppe bymekaar gesit oor die kursus. Dit sal ‘n werkswinkel wees waarin deelnemers aktief met ‘n Bybelse teks gaan werk. Ons wil neus vryf op die teks self en ons wil spesifiek die vaardigheid in die model bevorder. Mense wat hierdie werkswinkel bywoon, moet daarna al op hul eie tekste deur die model kan begin lees. Ons gaan direk met die Bybelse teks werk en dan op ‘n manier waar kennis nie op die deelnemers afgelaai word nie, maar in ‘n gemeenskaplike poging gegenereer gaan word. Huub vertel juis vir my hoe verbaas hy is om te sien hoe ver ‘n groep kan vorder deur eenvoudig met die teks te werk.

Daar sal darem beslis ook eers ‘n teoretiese blootstelling wees om ook nuwelinge in die veld in te lei. Ons wil daarom eers ‘n kort inleiding oor Bybelse Spiritualiteit gee en dan die model self verduidelik. Hy sal as Nuwe-Testamentikus en uit sy ervaring oor jare heen praat oor die model wat nou al goed gevestig is en wat grondiglik in hul groepe (Rondom die Bybel) getoets is.

Ek geniet dit om te sien hoe hy as deurwinterde Nuwe-Testamentikus Waaijman se algemene model in terme van die Nuwe Testament ontwikkel het. Ek en hy stem saam dat die sesledige model ‘n nuttige instrument kan word om spiritualiteitsperspektiewe in ‘n teks te herken en te ontsluit. Maar ons weet ook dat daar nog baie werk is om aan die model te skaaf. Ons voel dat daar in die model makliker kante is, wat toeganklik is en wat goed gebruik kan word. Maar dan is daar ook dele van die model wat besonder uitdagend is. Dit is veral deur die praktyk dat ‘n mens in die moeiliker dele geslyp sal word. Ons sal daarom ook sterk op hierdie kante konsentreer.

Ons gaan op die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan in Lukas 10 konsentreer. Ons sit daarom met my besoek aan hom die oggend en uitpluis aan die Barmhartige Samaritaan. Ek verbaas my telkens oor die rykdom wat daar bloot uit ons bespreking al uit die teks kom.

Toe ek vanoggend vir Huub gaan groet voor ons naderende vertrek, sit en beplan hy al ver aan die materiaal van die werkswinkel. Hy het ‘n klomp vertalings, ‘n paar skilderye en ‘n goeie program al byna klaar. Ons is albei opgewonde oor die vooruitsig van die werkswinkel. Ek is geïnspireer, meer as ooit, dat ‘n geestelike lees van die Bybel vir ‘n mens soveel nuwe kante van die teks kan ontsluit.

En dan dink ons ons kan nie meer baie nuwe dinge in die Bybelwetenskappe doen nie. Die fontein loop sterk en die waters is helder en fris....

Wednesday, July 28, 2010

Wanneer verbeelding inmeng met die feite...

Hier is nog ‘n interessante artikel uit vanoggend se Trouw, gevoer met die Professor in Filosofie in Nijmegen.

Wetenskaplikes wat hoog opgee oor “objektiwiteit” sal hieruit stof tot nadenke kan kry. 

En, nog boeiender, is die rol van verbeelding. Hierdie wonderlike krag van ons menslike gees kan, as die artikel klop, soms die ernstigste navorsing op vreemde spore lei.

Dit is nogal ‘n uitdaging om na te dink oor watter rol verbeelding in teologie as wetenskap speel!

Hier is die artikel:

Laten wetenschappers zich alleen maar leiden door harde feiten en de werkelijkheid? Volgens filosoof Hub Zwart speelt ook verbeelding een rol in wetenschappelijk onderzoek. Een grotere rol dan onderzoekers zelf denken.

Echte wetenschap, zo luidt de algemene opvatting, houdt zich slechts bezig met harde cijfers en droge feiten. Onzin, stelt de Nijmeegse filosoof Hub Zwart in zijn boek ’De waarheid op de wand’. Verbeelding speelt in de wetenschap een grotere rol dan je zou denken.

Het is een journalistiek cliché om een interview met een geleerde in diens studeerkamer te beginnen. De kamer van wetenschapsfilosoof Hub Zwart leent zich er prima voor: boeken en wetenschappelijke tijdschriften alom, een knipsel over het menselijk genoom op zijn kastdeur, een portret van Sigmund Freud boven zijn bureau.

Hij heeft een ’archetypische’ studeerkamer, om een aan de psychoanalyse ontleende term te gebruiken die Zwart zelf ook graag hanteert. In artikelen, films en romans wordt het beeld van de studeerkamer vaak gebruikt om een filosoof te typeren. Zoals het laboratorium met buisjes en potjes en mysterieuze brouwseltjes veelvuldig gebruikt wordt om de natuurwetenschapper te typeren.

Maar dergelijke archetypen spelen niet alleen in de populaire beeldvorming een rol, zo laat Zwart zien in zijn recente ’De waarheid op de wand. Psychoanalyse van het weten’. Aan de hand van de ideeën van beroemde psychoanalytici als Freud, Jung en Lacan toont hij aan dat ook wetenschappers zélf, veel meer dan ze denken, worden beïnvloed door archetypische beelden. „Zeker aan het begin van zijn carrière heeft de scheikundige vaak een fascinatie voor het laboratorium met z’n reageerbuisjes, voor het experimenteren met zuivere stoffen, voor explosies”, aldus Zwart.

„Ik ken een dergelijke fascinatie ook. Ik werd aangetrokken tot de filosofie door het archetype van de studeerkamer. Die boeken zijn de reageerbuisjes van de filosofie. In een studeerkamer onderzoek je de kristallen van het denken, de ’zuivere stof’ van de grote auteurs. Filosofen zeggen de wereld te bestuderen, maar ze moeten daarvoor de wereld ook buiten de deur houden, zich opsluiten in hun ivoren toren. Precies dezelfde paradox vind je in een laboratorium.”
Goed, de romantische beelden van de studeerkamer of het laboratorium kan een tiener misschien doen besluiten om een wetenschappelijke carrière te kiezen. Maar hoe belangrijk zijn ze daarna nog?

Zwart citeert in zijn boek de filosoof en scheikundige Gaston Bachelard, die dergelijke archetypen een sta-in-de-weg voor serieus wetenschappelijk onderzoek noemde. Verbeelding leidt af van waar het in de wetenschap echt om gaat: harde cijfers, droge feiten. Zwart: „Ik denk dat dat een naïeve visie is. Je kunt beter accepteren dat ook de wetenschap drie talen spreekt: de taal van het getal, de taal van het woord en de taal van het beeld. Getallen lijken te domineren, maar ook beelden zijn belangrijk.”

Je kunt je daar beter bewust van zijn, en je verwachtingen zonodig bijstellen. Een voorbeeld. Lange tijd heeft het beeld van ’Moeder Aarde’ bij aardwetenschappers het idee ingeprent dat de aarde ook een soort baarmoeder moest hebben: een ondergrondse grot waar het leven ontstaan was, en waar misschien zelfs nog dieren leven die op het aardoppervlak uitgestorven zijn. Jules Verne heeft dat beeld met zijn boek ’Reis naar het middelpunt der aarde’ ook gepopulariseerd.

,,Het idee bleek echter niet te kloppen. Maar in een uitgezuiverde vorm blijft het archetype van Moeder Aarde wel degelijk bepalend. Recenter heeft dat geleid tot de opvatting dat onze aarde als één groot superorganisme te zien is, een samenhangend ecosysteem. Ook op die opvatting kun je kritiek hebben, maar het is toch een leidraad voor serieus wetenschappelijk onderzoek.’’

Daarbij, zo merkt Zwart op, is het een mythe te denken dat getallen werkelijker zijn dan beelden en dat de wetenschap zich daarom tot de harde cijfers moet beperken. „Het periodieke systeem van elementen, dat je in ieder laboratorium aan de muur ziet hangen, is natuurlijk geen feitelijke beschrijving van de natuur – hooguit een beschrijving van het lab zelf. De getallen en symbolen waarvan de wetenschapper zich bedient, zijn een theoretische reconstructie van de werkelijkheid. Dat kan ook niet anders, je moet als wetenschapper een artificiële werkelijkheid creëren. Maar als je je bevindingen vervolgens probeert te vertalen naar de alledaagse werkelijkheid, merk je dat die toch wat weerbarstiger in elkaar zit. Dat is de tragiek van de wetenschap.”

Klopt het archetype dan toch van de verstrooide, wereldvreemde geleerde, die in zijn ivoren toren zinloze experimenten uitvoert? Toch niet, meent Zwart. „Dat het lab een machteloos klein eilandje is dat je moet beschermen tegen de boze buitenwereld, is maar één kant van het verhaal. Door de industriële revolutie is het laboratorium uit z’n beschermde omgeving ontsnapt. Stoffen die door wetenschappers in het lab zijn ontdekt, zijn nu alomtegenwoordig. Kunstmest, plastic, ga zo maar door. Dus het beeld van de explosie waardoor jonge wetenschappers zich aangetrokken voelen, heeft inderdaad plaatsgevonden. Maar het was een trage explosie. Heel langzaam is het lab ontploft en die explosie heeft onze wereld rigoureus veranderd.”

Tuesday, July 27, 2010

Die toekoms van die kerk?

Daar is 'n klomp wat maar pessimisties oor die kerk is. 

Eers net twee illustrasies van wat deesdae in tye wat pessimiste beweeklag as kerklos-tye tog ook met kerke kan gebeur:


Kyk byvoorbeeld Joel Olsteen se megakerk in Lakewood (daar is, onder andere, 'n "cry room" in die gebou!):



En kyk net hierdie megakerk in Prestonwood, Texas:




Maar hier moet 'n mens nie senuwee-agtig word nie. Wie die toekoms van die kerk aan hierdie blink alleen ophang, kan teleurgestel word, soos onlangse navorsing uitwys. Die artikel hier onder het vanoggend in Trouw verskyn. Dit is werd om versigtig gelees te word, veral in as ‘n mens lees dat 80 000 mense per jaar nou in Nederland die kerk verlaat.

Maar, dit is nie die tyd vir doemprofete, klikkende simpatie-tonge (en vingerwys) nie: Belangstelling in godsdiens is lank nie daarmee heen nie. En die kerk van die toekoms is nog lank nie net megakerke nie. 

Trouens, dit neem juis toe: allerlei nuwe vorme van spiritualitet is aan die groei, bevind navorsing wat in die artikel belig word.

Ek hou ook van die voorspelling dat daardie kerke wat gaan oorleef, die kerke is wat tevrede gaan wees om ‘n rand-verskynsel in die samelewing te wees. Dit is goed as die kerk nie ‘n magtige organisasie is nie.

Goed ook om te lees dat “totale toewyding, onbetwisbare geloof en ‘n eie lewensstyl" (wat nie wêrelds is nie) sommige kerke sal laat oorleef.

Die kerk moet ‘n “voorbeeld-gemeenskap” wees wat ‘n alternatief bied op die bestaande “spiritueel uitgeputte” samelewing. Die kerk moet ánders lyk, nie die wêreld en sy lewensstyl dupliseer nie.

En ook interessant is die moontlikheid van internet-geloofsgemeenskappe.

Net so herkenbaar is die opmerking dat vele mense by ‘n evangeliese groep (lees: charismatiese) groep aansluit, net om na ‘n rukkie weer pad te gee. Die rede: gebrek aan teologiese diepgang. Bevindelikheid kan dus nooit sonder die meditatiewe aangebied word nie. Hart en brein behoort bymekaar.

Hierdie artikel in Trouw is ‘n debat en nadenke werd. 

Opwindende tye wag op die kerk. Nuwe dinge in nuwe tye.


Christelijke cocktail, met klontjes
Nu de kerken leeglopen, is de vraag wat de achterblijvers verbindt. Heeft hun samenkomen nog toekomst? Wetenschappers en trendwatchers zoeken de komende weken in Trouw het antwoord.

Is het mogelijk dat de kerk volledig verdwijnt uit een land? Het is vaker gebeurd. In Noord-Afrika en grote delen van het Midden-Oosten waren ooit levendige byzantijnse geloofsgemeenschappen. Daar is vrijwel niets meer van over. Wereldwijd is het christendom de grootste religie met volgens de World Christian Encyclopedia 2,1 miljard volgelingen, maar in Nederland verlaten jaarlijks meer dan tachtigduizend mensen de kerk.

Is de kerk straks dood? De trendwatchers Adjiedj Bakas en Minne Buwalda constateren in hun ’De Toekomst van God’ (2006) dat algemene religie en godsdienst in Nederland toenemen. De trendwatchers verwachten allerlei vormen van nieuwe spiritualiteit en zien een rolletje voor het christendom: conservatieve kerken (nieuwe orthodoxen) met een onbetwistbaar geloof en een eigen levensstijl zouden groeien; de rooms-katholieke kerk zal waarschijnlijk blijven bestaan dankzij haar internationale structuur; en de evangelisch-charismatische beweging heeft overlevingskansen omdat haar totale toewijding, onbetwistbaar geloof en eigen levensstijl mensen blijft aantrekken.

De Amerikaans-Nederlandse historicus James Kennedy denkt dat de kerken die de secularisatie in Nederland overleven, de beste kans hebben om te blijven bestaan als ze zich erbij neerleggen dat hun rol gemarginaliseerd is. In zijn boek ’Stad op een berg’ van dit voorjaar schrijft hij dat de kerk als instituut geen nationale betekenis meer heeft, maar dat lokale gemeenschappen juist heel veel kunnen betekenen. Ja, hij gelooft zelfs dat kerken in Nederland kunnen groeien als ze lokaal een soort voorbeeldgemeenschap vormen waarin ze een alternatief bieden op de bestaande, spiritueel uitgeputte cultuur.

Er zijn nog meer redenen waarom de kerk waarschijnlijk niet dood gaat. Sommige daarvan zijn nogal banaal: de orthodox-gereformeerde kerken en evangelische gemeenten kunnen overleven dankzij kraambed en klontering: door grote gezinnen te stichten en dicht op elkaar te kruipen. In provincieplaatsjes en op de bijbelgordel overleven de christelijke scholen en bieden de publieke voorzieningen een veilig klimaat voor een orthodoxe levensstijl.

Een vorm van klontering speelt zich ook af in de social networks. Die lenen zich uitstekend voor het opzetten van internetgeloofsgemeenschappen – de eersten zijn al ontstaan. De houdbaarheid is ongewis, want het zijn nog vooral experimenten van pioniers die iets missen in de traditionele kerkgenootschappen waar ze vandaan komen.

Ook massabijeenkomsten zijn een vorm van klontering. De Pinksterconferentie van stichting Opwekking trekt jaarlijks vijftigduizend deelnemers. Conferenties, festivals en jongerendagen bestaan al langer. Een relatief nieuw fenomeen is de megakerk. In de Nederlandse definitie gaat het om kerken met meer dan 2000 bezoekers per dienst (échte megakerken, zoals je die in de VS en Zuid-Korea vindt, tellen minimaal 10.000 bezoekers). Gelovigen leggen graag een grote afstand af om hun favoriete megakerk te bezoeken. Voorbeelden zijn de Bethelkerk van de Vrije Baptisten in Drachten en de Gereformeerde Gemeenten in Nederland te Barneveld.

Voor al deze ’klonterchristenen’ kan de indruk ontstaan dat de kerk het middelpunt van de wereld is. In werkelijkheid is het volume van deze clusters niet erg groot en blijven zij op afstand van de samenleving. „Het merkwaardige is dat deze strategie van de terugtocht misschien wel de meest succesvolle is om bij de tijd te blijven”, zegt godsdienstfilosoof Anton van Harskamp. Clusteren geeft het gevoel bij een winnende club te horen.

Wie verschillende kerkgenootschappen bezoekt, valt echter op dat er openheid is naar andere geloofsgemeenschappen. Er wordt druk leentjebuur gespeeld. Zo valt in een gereformeerde dienst de zegen van St. Patrick te horen. En een evangelische-charismatische gemeente spreekt tussen de tongentaal door ook gezamenlijk de apostolische geloofsbelijdenis uit. Op muzikaal gebied is de uitwisseling al langer gaande. Liederen van ’Opwekking’, uit de traditie van Taizé of Iona, of uit het Liedboek voor de Kerken, zijn niet meer het alleenrecht van één kerkgenootschap. Het levert een beeld op van een christelijke cocktail waarin iedereen zijn eigen mix samenstelt.

Dat betekent niet dat al deze denominaties ook samensmelten. De Evangelische Adressengids van stichting Opwekking vermeldt zeshonderdvijftig evangelisch-charismatische kerken, waarvan naar schatting de helft in de laatste vijfentwintig jaar is gesticht. Uit het onderzoek Ooit Evangelisch uit 2008 blijkt dat veel evangelischen uit de traditionele protestantse kerken afkomstig zijn én dat velen de evangelische kerk ook weer verlaten met als voornaamste reden het gebrek aan theologische diepgang. Soms stichten ze daarna een eigen protestants-evangelische tussenvorm.

De traditionele protestantse kerken proberen op hun beurt tegemoet te komen aan de evangelisch-charismatische behoefte van de leden. Bij de Protestantse Kerk in Nederland is het Evangelisch Werkverband voor sommigen een aantrekkelijk alternatief. In de Nederlands Gereformeerde Kerken zorgt de New Wine-beweging voor vernieuwing.

Niet alle gelovigen zoeken hun heil bij geestverwanten of in nieuwe experimentele kerkvormen. Er is ook nog de trend van gelovigen die zoeken naar verbindingen met andere religies. Het initiatief 'Nieuw Wij' onder leiding van theologe Manuala Kalsky is daarvan een voorbeeld. Het nieuwe wij zoekt naar een gedeeld religieus casco dat door iedereen gevuld mag worden met zijn eigen symboliek en ritueel.

Het is aannemelijk dat migrantenchristenen een stempel zetten op het toekomstige christendom in Nederland. Waar andere kerken krimpen, zouden de migrantenkerken namelijk wel eens kunnen groeien – gesteld dat de grenzen de komende decennia open blijven.

Volgens onderzoek van godsdienstsocioloog Hijme Stoffels uit 2008 zijn er in Nederland ruim 1,3 miljoen migrantenchristenen, waarvan een half miljoen uit niet-westerse landen. Het CBS becijferde dat er in 2009 zo'n 1,8 miljoen niet-westerse immigranten in Nederland waren. Volgens de Wetenschappelijke Raad voor het Regeringsbeleid groeit dat aantal naar 3,5 miljoen in 2040.
Samen Kerk in Nederland en het Katholieke Allochtonen Pastoraat becijferden dat het merendeel van de christelijke migranten rooms-katholiek is. Volgens de onderzoekers Frans Wijsen en Jorge Castillo Guerra in ’Een gebedshuis voor alle volken’ (2006) is de rooms-katholieke kerk daardoor multicultureel geworden in Nederland. De auteurs verwachten dat onder invloed van allochtonen meer nadruk komt te liggen op de symboliek, de processies en spiritualiteit, zoals het inzegenen van rituele voorwerpen.

Buitenlandse historici als James Kennedy blijven zich verbazen over het oerhollandse kerkscheuren. Waar twee Nederlanders geloven, ontstaan drie kerken, luidt een scherts, en Nederland telt meer dan honderdvijftig geregistreerde denominaties. Maar als we Kennedy mogen geloven word kerkscheuren een zeldzaamheid. Volgens hem vervlakt de theologie en daarmee de leerstellige confrontatie. Gelovigen, meent Kennedy, zitten in de overlevingsmodus. Onderlinge gevechten kunnen ze zich niet permitteren.

Wanneer God huil... Oor geestelike uitputting. (Mistagogie 10)

Ek lees vanoggend hierdie artikel van Willem Pretorius oor Emeritus aartsbiskop Tutu in die Burger.

Ek geniet Pretorius se gereelde rubrieke, maar hierdie een is vir my spesiaal. Dit is artikels soos hierdie een, voel ek, wat verdien om fyn gelees te word.

Trouens, dit is goed om te weet dat iemand soos Pretorius vir ons opnuut weer 'n kykie kan gee in gebeure by die WVK wat dalk te maklik by ons verbygegaan het.

Die artikel, dink ek, bied 'n kyk in wat 'n mens sekere 'n "publieke" mistagogie sou kon noem - iets waarvoor Tutu op 'n unieke manier gewerk het.

Pretorius se opmerking dat 'n mens nie besef dat 'n geestelike wat lyding aanhoor self troos nodig het nie, staan vir my uit.

Dit het my laat dink aan die verhouding van die mistagoog tot hom- of haarself wat in die mistagogie spesiale aandag kry - en tog dalk meer aandag verdien.

Jy moet as mistagoog, leer die kenners ons, jouself optimaal slyp om in jou mistagogiese reis net die allerbeste van jou gawes te maak. As jy goed in jou persoonlike mondering gevorm is, sal jou geestelike begeleiding ryper en ryker wees.

Maar dink ons ooit daaraan dat ons verhouding tot onsself veel meer is as om net ons prestasievlak op te skuif? Want dikwels is dit ewe nodig om terug te staan, of soos 'n vlieg teen die dak te gaan sit om na jouself en jou geestelike ervarings as mistagoog te kyk.

Op die manier moet 'n mens soms bewustelik en afstandelik 'n stetoskoop op jou geestelike hart plaas: Wat gebeur nou met hierdie gevoel wat jou oorval nadat jy aan die lyding en donkerte van iemand wat jy begelei het, blootgestel was? Wat van die geestelike uitbranding as jy vir dae lank van die een krisis-situasie na die ander gehardloop het? Geestelike "uitputting," noem iemand dit in 'n onlangse briefie aan my na 'n reeks van intense blootstellings.

Sommiges oorkom hierdie uitputting deur 'n harde ongevoeligheid tussen hulle en lyding te plaas. Jy moet, "leer" ons, kan "objektiveer." 'n Mens kan dit verstaan en soms is dit seker nodig. Maar dit kwel my as so 'n houding 'n lewensstyl word. 

Ander weer vlug van die uitbrand-tye weg en vermy of minimaliseer enige betrokkenheid by die donker kante van die geestelike reis saam met ander.Ook dit is seker begryplik as 'n vorm van oorlewing.

Ander soek wyslik 'n groen kolletjie in 'n kampplek om uit te span om vir 'n rukkie net weg te kom . Weer bietjie asem skep. 

Ander is weer gelukkig, soos Tutu, om by sy vrou (!), 'n Lea (met wie hy nou, veelseggend, in sy lewenskemering smiddae lekker koppies rooibostee op die stoep wil sit en drink) God se troos te kry. (Die mentor se mentor kan soms vreemde gestaltes aanneem! Leke spiritualiteit....). 

Daar is dus dikwels die "makliker" antwoorde en die bedinkte strategie. Sommige beter as ander.

Maar soms is dinge nie so eenvoudig nie.

Jan van die Kruis wys vir ons nog 'n ander, mistieke, weg. En die mistagogie het hieroor nagedink: ons kan ons eie seerkry oor die donkerte in ander se bestaan ook hanteer as ons gedurig onthou dat ons saam met hulle reis om by God uit te kom. In ons ervaring van lyding, moet ons steeds bly vra: hoe is God op pad met ons in hierdie saak?

Dit groei op my. Al meer. Hierdie mistagogiese gerigtheid op God. Dit is Bybelse taal, reflekterend van die wysheid dat God alles in almal is. Prakties kan hierdie fokus op God ons lewe in 'n ander rigting stuur.

Maar hoe vra ons na God?

In my gesprek met Huub hierdie week oor die oratiewe en kontemplatiewe kom ons uit by die ervaring van die teenwoordigheid van God. In die oratiewe moment ontdek ons dat iets wat met ons gebeur ons "raak" (sy woorde). Terwyl ons nadink, mediteer, en meer nog, wanneer ons met God praat, skiets daar soms 'n vonk in ons. Dit kan 'n opwindende oomblik van aanraking wees, maar ons weet uit die Psalms dat die goddelike aanraking soms pynlik, ontstellend en selfs ontnugterend kan wees.Oomblikke wat brand en pyn maak.
Maar as jy "geraak" is in die praat met God oor jou geestelike reis, is dit die kontemplatiewe oomblik (min, weliswaar, en kosbaar, maar tog wels soms daar) dat jy selfs in jou pyn en uitputting tot 'n onverklaarbare rus kan kom. 

Dit is 'n antifrase. Jou situasie vertel vir jou iets anders as wat jy skielik as die Andere in jou hart ontdek en ervaar. Dan kan jy byvoorbeeld in die wydheid van die goddelike voorsienigheid, in die grootheid van God se oneindigheid rus vind. 

Soos Job se mistieke laaste hoofstukke te midde van al die ander lang gepratery oor sy ellende en in sy getroue roep na God!
God, vertel Jan van die Kruis, kan jy in die duistere nag ervaar. Nie duidelik sigbaar in die donker van uitputting nie. Nie tasbaar soos 'n paar liefdevolle arms van 'n Lea nie. Geen triomfantelike ervaring nie. Soms is God na alle gevoelens verskriklik afwesig. 'n Dubbele "my God" wat my verlaat het. Maar juis in die donker afwesigheid van God, "weet" jy, "sien" jy selfs, God is daar. Die oomblik dat die God "my" God word.

God, ervaar ons dan as ons so "geraak" word, hierdie uitputting wat in my uitsak, hierdie trane oor wat mense aangedoen word, is U trane wat U huil oor lyding, oor die aarde wat vir U slimweg opgegee het en ruggedraai het op skoonheid en paradys. (En hoe het ons, godsdienstig en ook kerklik mooi ordentlik geskoen en gedas, tog nie in ons verlede ruggedraai nie...)

Dit is 'n donkerte wat heilig is. 

Die heilige donkerte is Moses se wolk oor die berg wat ons binnegaan (Ex.33). 

Die donkerte wat ons oorval kan nie uit my eie selfsugtige hart opkom nie. Harte van klip kan nie huil nie. 

Dit is 'n hart wat saggemaak is deur U Gees wat wil heel maak, skoon brand, nuut maak en vrede wil stig wat treur, wat soms moeg raak, wat wil kwyn soos die suiweringsproses brand. 

In die donkerte, in die donker nag van my siel, is U, God, aan die werk. 

Meer nog, dan, troosryk, in hierdie uitgeputte hart van my is U teenwoordig. Donkerte hoef nie altyd te verstik nie. Dit kan soms juis, vreemd genoeg, verlig... En ons nader aan God bring. Om ons dan meer te laat verlang na meer van God, totdat die volmaakte oor ons sal kom.

Ons moet dus na binne kan kyk. Ons moet die donker van geestelike uitputting kan bedink. Terwyl ons tot op 'n vlak troostend omarm word deur hulle wat naby ons is, moet ons nog dieper kan kyk waar die troos nie altyd meer werk nie. Waar alleen God troos kan bied. Ons innerlike genesing kom nie maklik nie. Ons vind dit alleen wanneer ons bly onthou - mistagogie is God se Jakobsworsteling met ons.


Hier is Pretorius se artikel: 

 

’n Blaas vir ’n brood en Tutu se lappie

2010-07-26 21:22
Willem Pretorius

Gisteroggend in die gim het die uitnodiging om blase te kry om ’n brood vir ’n skoolkind te koop, my aan emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu en die jammerlappie laat dink.

Blase vir Brood is ’n projek van die Rotariërklub wat behels dat mense en hul gesinne op 29 Augustus by Groenpunt begin stap en met die toegangsgeld van R30 vir kos vir 16 skoolkinders sorg.

Dit het my aan die aartsbiskop en die jammerlappie herinner.

Sedert Tutu sy uittrede aangekondig het, dink ek baie aan hom en watter ontsaglike bydrae hy tot die nuwe Suid-Afrika gelewer het.

Almal in ons huis het ’n jammerlappie geken. As die seuns buite in die tuin gespeel en seergekry het, kon jy gou inhardloop sodat Ma die lappie onder die kraan kon druk en die “wond” daarmee afkoel terwyl sy “jammer” sê.

Ons seuns mag nie gehuil het nie.

Binne ’n oomblik herstel die gewonde genoeg om na buite te hol om weer die ergste boewe aan te vat.
As dit gebloei het, het jy ’n pleister gekry.

Toe Ernest Malgas op die tweede dag van die sitting van die Waarheids-en-Versoeningskommissie in 1996 in Oos-Londen begin getuig het, moes Tutu die verrigtinge stop omdat hy nie meer sy trane kon beheer nie.

Malgas het in ’n rystoel gesit. Elke keer as hy gekom het by die oomblik wat die marteling beskryf het, het sy lyf onbedaarlik begin ruk asof dit elektries geskok word.

Dan het Tutu hom gestop, is water gebring en het hy weer probeer. Elke keer kon hy net tot by dieselfde punt kom voordat sy liggaam begin ruk het.

Ek het al erge dinge gesien en beleef, maar Malgas se lyding is in my ingegraveer.

Later het ek verdwaas deur die stadsaal gedwaal en my om ’n hoek vasgeloop in die aangrypende toneel waar Tutu deur sy vrou, Leah, getroos word.

Ná ’n ruk het hy van my bewus geword en my nadergeroep. Ek het hom my sakdoek aangebied, en voordat ek my kon kry, het Leah ons albei se koppe gevryf.

Hy moes 21 000 slagoffers se verhale aanhoor, maar ek onthou die skok toe hy my een aand by die huis van nog ’n nuwe marteling vertel het.

Later het ek ’n klein skenking vir die slagoffers gedoen en gesê ek is jammer oor dit so min is.
Waarop hy die pragtigste briefie geskryf het om te sê dit gaan nie oor die hoeveelheid nie, maar oor ons soms so magteloos voor lyding staan dat ons net met ’n “jammerlappie” ons menslikheid kan betuig.

Die WVK was nie bloot ’n jammerlappie nie.

Soms dink ons egter nie daaraan dat ook diegene wat die jammerlappie op die wond sit, troos nodig het nie. Daarom hoop ek dat iemand anders as Leah nou elke dag vir Tutu ’n jammerlappie sal bring. Leah verdien haar eie.

En daarom dink ek ’n blaas vir ’n brood is die minste wat ons kan opoffer.

wpretori@media24.com
Somerset-Wes
27 Julie 2010

Monday, July 26, 2010

Ek het dit in Kevelaer in 'n winkel gehoor...



Ek hou my webblad oop, kliek op die liedjie en luister dan soos dit deur almal speel.

Salig.

Musiek is salig.

Sunday, July 25, 2010

Nog 'n Sondag vol heiligheid. Oor Thomas a Kempis en Jan van die Kruis op 'n kerkdeur by 'n pelgrimsoord.

Jan en Chirene neem ons vandag na Kevelaer, 'n bedevaartsoord in Duitsland, oor die grens. Die stadjie maak sy bestaan uit pelgrims. Die winkeltjies om die kerk-kompleks verkoop feitlik uitsluitlik kruise, kerse, rosekranse en ander godsdienstige artikels.

Soos dit gaan is die kerk oorweldigend. Elke keer weer staan ek en wonder oor die oneindige rykdom wat vir 'n mens uitgestal word. Die kerk is stampvol en 'n hele troep priesters lei die mis. Ons staan vir 'n paar minute agter in die kerk en luister na die pragtige orrelmusiek.

Maar voor ek by my eintlike storie uitkom, 'n paar indrukke:

Hier is die binnekant van die kerk:





En hier is 'n paar van my foto's:

Die dak en die orrel van die kerk:





Die tabernakel in die liturgiese ruimte. Pure goud...




Die biegkapel met sy pragtige ysterdeur (die bieghokkies staan rye langs die muur af). In die ruimte word nog aktief (deur al die pelgrims) gebieg:





Een van die baie stukke in die biegkapel:








Die binnekant van die kerse-kapel:







In die kerse-kapel het een van die kers die gees gegee....







Maar hier is die eintlike punt van my storie. Aan die sykant van die kerk kom ek op hierdie deur, gemaak in onlangse tye, af. Ek staan nader om dit te bekyk. Dit beeld die lyding van die martelare deur die eeue heen uit. Daar is onder die rye van martelare die slagoffers van die Nazi's en die kommuniste. 

Dit is 'n aangrypende gesig. Ek kan nie daarvan wegkom nie.

Kyk mooi na hierdie deur. Op die grond, aan die linkerkant, los van die deur staan daar 'n klein voorwerp.









As jy nadergaan, sien jy dit is 'n boek. En die boek is Thomas a Kempis se Navolging van Christus!








Martelaarskap, besef ek, is dit wat hierdie aparte, minuskule monumentjie aan die deur anker. En martelaarskap is navolging, gehoorsaamheid aan Christus. 

Die ander een monumentjie, regs, was Thomas Moore se Utopia!. 






Hier is 'n twee foto's van die martelare (aan die bokant van die deur):





En hierdie gekruisigdes....






En dan hierdie groepsbeeld van die Nazi slagoffers (kyk die hakekruis):






Maar dit is nie die einde van die storie nie. In die middel van die deur vang die groot uitbeelding van hierdie groep op die linker deur 'n mens se aandag. Maar kyk mooi na die persoon tweede van links se hand. Hy lyk nogal bekend.... Hy hou 'n boekie vas:






En as jy nader gaan en kyk, mooi kyk en weer kyk, sien jy met verwondering: Hier hou hy die Imitatio vas. Titel en outeur netjies daarop uitgebeeld (maar net te sien vir hulle wat kyk, kyk en kyk).







Die Imitatio dra nie net die deur nie, maar vul dit dus ook met inhoud. Die boek, die tema en die motief omring die man met die uiterste lyding op sy gesig, uitgebeeld in die middel van die groep. 

Hier is 'n groter beeld van die groep om die man. Die omringendes hou hom orent:



Hy is 'n sterk figuur, wat sy lyding soveel te meer na vore laat kom. Kyk die staf in sy hand waaraan hy net-net bly vashou. Die geestelike reisiger. Die een met Thomas a Kempis as mistagoog aan die sy. Die navolging wat soms 'n mens se kniee onder jou laat swik.

Sy lyding spoel oor op die mense om hom. Die skare van heiliges vorm die ruimte vir almal wat die pad van navolging loop. Hy bly orent, met hulle (twee vroue...) arms om hom. Sonder mekaar, kan dit nie.

Hulle is vol mede-lye, hulle gesigte deurtrek met mistieke lyding:






Spreek sy gesig van lyding, is dit nog nie die einde van die verhaal nie. Dan, amper 'n subtiele fokuspunt, sy linkerhand wat slap lang sy sy hang. Vol kruiswonde. Tien keer meer as sy Meester s'n. Stigmata. Julle sal groter dinge doen as ek... (wanneer julle die kruisweg loop)... 






Dit was ook nog nie die einde van die storie nie. Hier is nog 'n groepsbeeld op die regterkantse deur:








Hier is nog 'n foto van die groep:







Die figuur aan die regterhand, hou ook 'n boek in die linkarhand vas - en dit is 'n kopie van Jan van die Kruis se Donker nag van die siel!










Deur die eeue heen het die mistagoog, die spiritualiteitskrywer, 'n pad geloop wat hulle kon deel en wat ander in God se teenwoordigheid gebring het.


Ek kan die deur nie vergeet nie. Dit bly in my draal.


Tuis, nog steeds vol herinneringe, wil ek meer weet. Ek soek vergeefs orals na inligting oor hierdie deur. 


In so 'n katedraal met soveel skatte en goud en blink, is die deur seker maar 'n vaal mineur-toon, dan?




Soos dit seker maar gaan wanneer 'n mens met mag te doen kry? En alles blink en mooi moet wees om indruk te maak?


Lyding kan mos so outyds wees.... Deesdae ry ons mos die golf van geluk, voorspoed, sukses, blinkheid met 'n kerk en teologie wat die kollig in die publieke sfeer moet steel?


En in die tyd dat ek voor die deur gestaan het, was daar niemand wat nadergestaan het om te kyk nie. Die strome mense was in en om die kerk.


Soms is skoonheid so naby aan ons, maar ons kyk dit heeltemal mis. In die swakheid, het Paulus, ons probeer leer, sal ons eerder die mag vind.


Hierdie deur is 'n pegrimstog werd. 


Spiritualiteit is oral in die lug, besef ek uiteindelik. Kunstenaars is ons dikwels voor. Hulle verstaan... Juis dalk omdat hulle swaar skep, delf om die verborgene uit te beeld. Hulle weet uit dure ondervinding, dink ek, terwyl ek wonder oor die man wat aan hierdie mistieke werk gekonseptualiseer en gebeitel het.

Saturday, July 24, 2010

Nuwe tye, nuwe dinge



Hierdie uittreksel uit die bekende Amerikaanse satiriese program is 'n vars briesie.

Lang pad agter ons.

Oliver - World Cup 2010: Into Africa - The Amazing Racists
The Daily Show With Jon StewartMon - Thurs 11p / 10c
www.thedailyshow.com
Daily Show Full EpisodesPolitical HumorTea Party

Friday, July 23, 2010

Om deur God geseën te word.

Abraham, skryf Levinas, het besef hoe radikaal sy roeping was om God te volg en om sy eie land prys te gee. Om ‘n seën te wees vir al die nageslagte, moes hy ten volle gehoorsaam aan God word. Hy moet die Here volledig vertrou vir sy toekoms.

Abraham word daarmee die ewige reisiger wat steeds weg beweeg uit die verlede en steeds nader na God reis. Hy volg God waar God hom ook al roep. En niks uit sy verlede en in sy hede bind hom in hierdie reis nie. Niks van sy ou vertroude bestaan hou hom terug van hierdie reis agter God aan nie.

Hy, die reisiger, is wagtende en verlangende na God se belofte op seen en sit daarvoor alles in en plaas alles op die spel.

Hy weet te goed dit gaan nie maar net om homself nie. In gehoorsaamheid aan God neem Abraham ook die mense naby aan hom in ag. Sy verhouding met God bepaal sy verhouding met mense. Ander is ook betrokke by wat God van hom vra: Selfs sy kinders hoef op geen manier terug te hunker na hul ou land, na al die sekerhede en skoonhede van die verlede nie.

Daarom verbied Abraham sy dienskneg om selfs sy seun terug te neem na die land wat hulle verlaat het:

Toe sê Abraham vir hom: "Sorg dat jy nie my seun daarnatoe laat teruggaan nie.7 Die Here die God van die hemel het my weggevat uit my familie, uit die wêreld waar ek gebore is, en my met 'n eed beloof: ‘Ek gee hierdie land waar jy nou is, aan jou nageslag.’” (Gen.24:6).

Kyk maar waarom gaan dit: Abraham word die hoop van die mensdom, vir sy eie mense, maar ook ver buite sy nabye familie om. Sy gehoorsaamheid aan God bepaal seën vir al sy nakomelinge op aarde. Hy dra die verantwoordelikheid vir baie. God kom tot hom en vra van hom om sy lewe vir die mensdom oor te gee.

Hy ontdek sy integriteit as mens in sy roeping. Hy is uiteindelik by uitstek iemand wat bestaan op grond van wat God in hom aan die mensdom beloof. Hy is mens deurdat hy geroep word om ‘n seën te word vir alle families op aarde. Sou hy faal, is die mensdom daarmee heen.

Die voorwaarde is duidelik: Abraham moet homself verloor. Hy moet ontslae raak van alles in die verlede wat hom kan bind. Hy moet die bande met die bekende, die vertroude, losmaak. Hy mag nie ‘n gevangene van die verlede word nie. Nie enige woorde, beelde, besittings, gedagtes mag dit vir hom moeilik maak om na die beloofde land as God se belofte aan hom te reis nie. Wil hy mens wees, die seën vir die nasies, moet tradisies en dinge wat verby is nie meer ‘n houvas op hom hê nie.

As Abraham faal, as hy sy eie belang soek, verloor hy sy menslikheid. As Abraham ontrou word aan God se roeping, is hy sy integriteit kwyt. Alles is op die spel as dit kom by sy getrouheid aan wat God van hom vra. God vra alles. Abraham glo in God en gee alles.

Abraham se vryheid word dus ingeperk deur sy verhouding met God en deur sy verhouding met ander.

Dit is die uitsluitlike plek van geloof in ons geestelike reis wat ons aanpor om alle vooroordele, alle ou hegtinge, alle waardes uit die verlede, al die groot dinge waarvoor ons geleef het, op te gee.

Ons volg God omdat ons glo God bring ons in die oase van oneindige gemeenskap en bande met ander. In God ontvang ons die ryke erfenis wat die hele aarde omsluit. Ons ontdek ons menslikheid wanneer ons absoluut trou aan God bly. Wanneer ons agter Abraham die geestelike avontuur aanpak, dink ons nie aan onsself nie. As God ons aanraak, word ons tot die wêreld en die nasies getransformeer.

Die dag as God in ‘n mens se lewe inkom, word alle verhoudinge waaraan ‘n mens so geheg is, op sy kop gekeer. Tot ons seën...

Thursday, July 22, 2010

Storm




























































































Met ons aankoms in Nijmegen het ons temperature tot diep in die dertigs belewe.


Na 'n paar dae het daar 'n wolk oor Nijmegen aangesit gekom en alle hel oor ons laat losbars.
Maar was dit 'n gesig om te aanskou.

Ek het hierdie foto's geneem en dink hulle is onder die mooistes wat ek het.
Donker, swart weer, met ligblitse wat die lig in duisende stukkies fyngekerf het. Hardeknal slae wat die kinders grootoog-verskrikd bed toe laat koers kies het. Waters wat uit die hemel soos watervalle neergestort het.

Die Hollanders het juis al begin kopkrap, want van die droogte het die dyke begin krake toon. Dit word plegtig oor die televisie uitgesaai, met die waterkenners wat kundig die kommerwekkende spleetjies in die grond uitwys.


En dan die verligting van die hitte.
En die koel aand. En die geselligheid om in 'n lekker, gerieflike woonplek veilig te voel.

Toe gaan die krag af. Twee en 'n halfuur lank. Ons sit in die donker. Die hysbak tot op ons 8e verdieping werk nie. Die elektroniese kaart wat ons toegangsdeur en voordeur oopsluit maak nie eers 'n dooie kliekgeluid nie.
My rekenaar werk nie. Dit is soos in die oertyd - aande is maar praat-aande.

Dirk, pas terug van 'n konferensie in Frankfurt, kan nie by sy woonstel inkom nie. Hy bring die aand by ons deur. 'n Lekker geselsaand. Niks-doen. Gesellig-wees. Tot stilstand gebring deur die natuur.

'n Mens kan al die geriewe op die aardbol geniet. En dan weer besef hoe fragiel alles is.


It never rains....


En tog: dit is 'n aand van herinneringe maak. 'n Aand waaroor 'n mens eendag stories vertel.

Maar ook 'n aand wat 'n mens Aanraak.

Ai, die wolk. Die grysblou, swaargebolde, woelende wolk. Alles net water, maar watter krag. Watter ontsag roep dit op.

God is, ook in die blafkant van die natuur, die skepper van skoonheid. Ontsagwekkend.

Blog Archive