Wednesday, December 21, 2011

Thomas Aquinas en die mistiek

Thomas Aquinas is een van die bekendste teologiese denkers van alle tye. Sy logiese, fyn bedinkte en gedetailleerde denksisteem is indrukwekkend en invloedryk, veral in Rooms-Katolieke kringe.

Terwyl hy kort voor sy dood in 1273 aan die Mis deelgeneem het, het hy 'n mistieke ervaring gehad. 

Wat hy toe ervaar het, het hom so oorweldig dat hy nie kon praat nie.

Maar dit was net die een gevolg van sy mistieke belewenis.

Hy, die skrywer van indrukwekkende, geleerde traktate, het op daardie oomblik iets meegemaak wat hom laat voel het dat alles wat hy ooit geskryf het, niks werd was nie. 

So sterk was hierdie ervaring dat hy nie weer sy pen opgeneem het om iets te skryf nie. En op die manier het sy veelgeroemde loopbaan tot 'n einde gekom. 

Sy ervaring was so spesiaal en so uniek, dat hy dit nie onder woorde kon bring nie. Alles wat hy ooit geskryf het, het na sy mening ook nie regtig iets daarvan verwoord nie.

So groot en anders was dit vir hom, dat mensewoorde dit nie kon uitdruk nie. 

Die aanraking van God, wanneer dit oor 'n mens se pad kom, is diep verborge - en juis daarom so alleroorweldigend.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive