Monday, December 19, 2011

Wat God wil

Dit is nogal iets wanneer 'n mens tot die punt kom om te vra wat is God se wil vir jou lewe.


'n Mens is gewoond daaraan om baie besluite elke dag te neem. Dikwels doen ons dit sonder om twee keer te dink. 'n Mens neem verantwoordelikheid en doen wat na jou mening die beste ding is om te doen.


Om dan op 'n punt te kom dat 'n mens vra wat God wil, is opvallend.


Ons vra dit meestal by die groot besluite in ons lewens: oor 'n voorgenome huwelik, oor 'n nuwe werk, oor 'n geloofsaak.


Eintlik is dit 'n vraag wat 'n mens oor elke tree van jou lewensreis moet vra.


Selfs die kleinste, eenvoudigste oomblik in die lewe kan groot gevolge inhou.


Hoe 'n mens daardie stil, onopvallende oomblikke beleef en aanpak, kan dus lewensbeslissend wees.


Om te vra na God se wil het te doen met 'n lewenshouding: al kan 'n mens nie altyd letterlik gaan sit en met jouself debatteer oor hoe jy klein  besluite moet neem nie, is daar tog iets belangriks: 'n mens moet so naby aan God leef dat jy intuitief weet hoe om besluite in die kleiner oomblikke van jou lewe te neem.


Om naby aan God te leef, om in die denke van Christus te bestaan vorm die hoeksteen van besluite wat 'n mens oor die klein dinge moet neem.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive