Wednesday, April 30, 2014

Soetjies lei die Here my en vertroos my met sy knopkierie... Oor die voorouers se volharding.


Was die ouderlinge vies toe Ds S.J. du Toit die Bybel in "Patriots" vertaal het  -  soos Afrikaans destyds deur die neus-optrekkers beskryf is.

Hoe sou dit nou klink as 'n mens, soos in Patriots, op 'n plat manier van "jy"  en "jou" praat, in plaas van die verhewe "u"? En, Afrikaans is nog nie "reg" vir 'n Bybelvertaling nie. Wie die Bybel in Afrikaans wil vertaal, loop gevaar om die Woord van God in minagting en veragting te laat raak en dat die Heilige God met onrein hande en besoedelde lippe aangeraak sal word. Só het die vieses gereageer.

Du Toit, die vader van die latere Bybelvertaler, Totius, het hom min gesteur. Hy het teen 1885 begin met voorbereidings van 'n Bybelvertaling. Hy het tot 1911 daarmee besig gebly.

Elke Donderdagaand het hy 'n voorbereide stuk vir 'n byeenkoms voorgelê. Maar, na 'n ruk het die groep eerder saam vertaal (om nie beïnvloed te word deur 'n reeds vertaalde stuk nie), met woordeboeke en verklarings byderhand om te help.

Hulle het dit as 'n geestelike taak beskou: "Ons perbeer eers goed om die mening van di Heilige Gees te verstaan en dan besluit ons hoe om dit di beste in ons taal uit te druk." 

Hulle het direk uit die grondtale vertaal, dan het van die ander teenwoordiges Engelse, Nederlandse, Lutherse vertalings vergelyk.

Gewoonlik was daar van 5 tot 17 mense wat die geleenthede bygewoon het.

Dit het nogal flink gegaan: soms kon hulle maklik 'n hoofstuk op 'n aand vertaal.

Daar was 'n hele klomp mense wat vasbeslote was om 'n vertaling te laat maak. Sommiges het aansienlike skenkings ter ondersteuning van die saak gemaak.

Helaas, die vertaling was nie by die breë volk gewild nie. Mense was te verknog aan die Nederlandse statevertaling en het nog te veel op Afrikaans as "brabbeltaal"  neergesien, skryf Du Toit verontwaardig.

En, moet 'n mens aanneem, die kerklike lewe was nog te verhewe, te hoog vir die "plat"  brabbeltaal.

Ek geniet P.J. Nienaber se boek waarin hy hierdie geskiedenis beskryf.

Maar wat my bybly is die vertaling van Du Toit van Psalm 23.

Hier is dit - in die oorspronklike Afrikaans:

'n Psalm van Dawid.

Jehowa is myn Herder; my ontbreek niks ni.
Hy laat my lê in 'n wy fan jeugdige gras; Hy ly my sutjiis langs waters om te rus.
Hy versterk myn siil;
Hy ly my in paje fan geregtighyd om syn naams wil.
Al gaan ek deur di kloof fan doodskadewe, ek frees geen kwaad nie; want U is met my; uwe knopkiri en wandelstok fertroos my.
U dek 'n tafel foor myn aangesig foor di oog fan myn teenstander;
U sal myn hoof met oli;
myn beke is o'erlopend fol.
Net goedhyd en barmhartighyd sal my folg al myn lewensdage,
En myn woning sal wees in Jehowa's huis fer lange dage.

Dis so mooi: daardie "soetjies"  lei van die Here, die lê in die jeugdige gras, die knopkierie wat vertroos, die beker wat oorlopends toe vol is.

En die laaste sin word 'n credo:  My woning sal wees in die huis van die Here "vir lange dae". 

Ons staan op breë skouers. 


Tuesday, April 29, 2014

Die wonder van vergifnis


Hy daag my by ons huis op op 'n Sondagmiddag om te hoor of hy nie ons motor kan was nie.

My eerste gedagtes is dat hy desperaat is om 'n geldjie te verdien. 

Dalk is daar nie iets op die tafel vir middagete nie. En 'n gesin wat honger ly.

Ek besluit om hom te help. Ek gee hom 'n werkie.

Toe hy na 'n halfuur klaar is, kom ons ooreen dat hy die werk die volgende dag sal kom klaarmaak.

Hy lyk immers heel flink en werk netjies.

Ek neem aan ek gaan hom die volgende dag betaal.

Hy staan nog so 'n rukkie rond. Ek weet wat gaan volg. En dit is toe ook so: hy vra geld om vleis te gaan koop.

Ek sê ek sal vir hom 'n pak vleis gee.  Ek maak op die manier seker, dog ek, dat daar kos op sy tafel sal kom.

Hy wil kontant hê en na 'n bietjie onderhandel, gee ek dit vir hom eerder as die vleis. Toe ek oomblikke later uit die huis kom, staan hy nog daar.

Hy vra waar die pak vleis is.

Uiteindelik is hy weg met geld en vleis.

Oor middagete deel ek my ervaring met die ander gaste. En, soos te verwagte, in die klein plekkie waar almal almal ken, vra hulle dadelik wie die persoon is.

My beskrywing word kortgeknip: hulle weet dadelik wie dit is. Hulle is ontsteld dat ek dit kon waag om hom in ons huis toe te laat. Die man kom so pas vir verkragting uit die tronk. Uit hulle reaksie lei ek af dat hulle hom met mag en mening vermy. Hy mag nie naby hulle huise kom om werk te soek nie.

Ek is verskeurd tussen die man wat op 'n Sondagoggend geld wil verdien en die beeld van 'n wreedaard wat vrouens aanrand.

Nog meer begin ek nadink oor hoe dodelik dit is om in 'n tronk te beland - nie omdat die tronk so gevaarlik is nie, maar omdat mense so verskriklik genadeloos teenoor sulke mens optree as hulle eers weer uit die tronk kom en 'n normale lewe moet voer.

'n Mens se lewe is verwoes: niemand sal jou 'n kans wil gee nie. Hulle is te bang vir die risiko's.

Die volgende oggend is die man presies op die afgespreekte tyd by ons huis. Ek laat hom werk en is verstom oor sy werkywer. Hy is bekwaam. Maar hy werk ook presies en netjies. Boonop werk hy tot die middag vyf uur.

Maar ek is ongerus. Ek tref die nodige voorsorg, sluit deure waar nodig en sorg dat ons veilig is. Ek wil hom help, vir hom kans gee om iets te verdien, om 'n bestaan te voer. Maar ek is ook ongerus.

Die heel tyd bly ek dink:  hoe verskriklik is dit as 'n mens eers in die tronk was. Niemand wil jou werk gee nie, al is jy hoe flink en fluks.

Maar daar is 'n ander, los gedagte wat by my bly. Ek dink aan my eie gevoelens van ongerustheid, van 'n gebrek aan vertroue. Ek dink aan die plaaslike mense wat die skuldige wantrou en nie wil help nie. En ek voel niks anders as wat hulle voel nie. 

En dan kom die beeld van die man weer terug by my - van die harde werker, die een wat omgee vir sy kinders en hul opvoeding.  En van sy desperate Sondag-middag se gesoek na werk.

En terwyl die dinge by my spook, knaag 'n ander gedagte by my. Menslik gesproke moet dit verskriklik moeilik vir God wees om, na die vergifnis wat ons geskenk is, steeds weer aan die verhouding met ons verbind te bly. 

Of dan eerder: hoe groot is die wonder van goddelike vergifnis dat dit sonder argwaan geskenk word. En dat God met soveel openheid weer 'n verhouding met mense aanknoop.  

Dit is die wonder van vergifnis: wanneer dit gebeur sonder dat 'n mens ooit weer aan jou verlede herinner word. 

En nog meer: watter gawe is dit om, soos God, na mense te kyk sonder om hulle aan hul verlede op te hang.




Monday, April 28, 2014

'n Europese heidendom?

Dit is altyd interessant om te sien hoe gaan dit met die kerk in die res van die wêreld.
Veral omdat mense dink dat Europa 'n groot heidendom geword het en min mense nog glo.
Dit is waar dat mense nie meer soos vroeër die kerkbanke vol sit nie. Vele kerkgeboue is verkoop en baie ander word deur min mense besoek.
Tog moet 'n mens onderskei tussen 'n samelewing wat nie meer kerk toe gaan nie, maar tog nog op een of ander manier gelowig bly.
In Nederland, byvoorbeeld, is die meerderheid mense nog gelowig. 'n Kwart van hulle neem hulle geloof ernstig op. Dus: een uit elke vier Nederlanders wil nog lidmate van 'n kerk wees.
Wat nou veral boeiend is, is dat hierdie lidmate baie behoudend is. Hulle weet wat hulle glo, hou vas aan belangrike geloofsinhoude en streef daarna om 'n lewe van gehoorsaamheid aan God te hê. Veral die jonger mense is baie behoudend.
Een uit elke vier Nederlanders glo nie meer in God nie.
Dan is daar die groter meerderheid: Twee uit elke vier Nederlanders wil op een of ander manier nog glo, maar presies wat hulle glo, staan nie vas nie. Hulle dink die kerk is nodig, veral by belangrike oomblikkein hul lewens. Die helfte gebruik die kerk vir sekere geleentheide, soos 'n doop of begrafnis. Maar origens het hulle nie veel sin in kerkgang nie. 
Ongeveer 'n derde van die Nederlanders wil nog lidmate van die kerk wees.
Hierdie gegewens is in vandag se Trouw te vind. Hier is die artikel:
Jonge christenen hebben steeds vaker (zeer) behoudende opvattingen. Dat schrijft het Sociaal en Cultureel Planbureau (SCP) in een onderzoek naar de kerkelijkheid van Nederlanders dat vandaag verschijnt. Het instituut munt zelfs een nieuwe term voor de orthodoxe christenjongere: de neofundamentalist.
Bijna de helft van de kerkgangers tussen de 17 en 30 jaar is van mening dat je je aan alle voorschriften van je kerk hebt te houden. Ter vergelijking: twintig jaar geleden vond dat slechts een op de vijf jonge christenen.



De jonge generatie gelovigen laat een ontwikkeling zien die al langer gaande is in de kerk: die wordt kleiner en orthodoxer. De tendens naar hertraditionalisering is in zowel protestantse als katholieke kring waarneembaar, schrijft het SCP in 'Geloven binnen en buiten verband'.



Comback hel en duivel
Kerkelijke jongeren beschouwen zich vaker dan hun ouders als een gelovig of religieus mens, zien een sterk geloof als belangrijkste waarde in het leven en geloven zonder twijfel in God. Opmerkelijk daarbij is volgens het SCP dat het geloof in de hel en duivel met een comeback bezig is.



Christelijke jongeren vertonen een opmerkelijke afwijking bij de rest van Nederland. De ontkerkelijking en de afbrokkeling van het traditionele christelijke geloof zet steeds verder door. Elke nieuwe generatie zegt het christelijk geloof minder.

Op dit moment heeft de helft van de jongeren onder de dertig geen enkele band meer met de kerk.

Weliswaar is iets minder dan een derde (31 procent) van alle Nederlanders nog lid van een kerk, maar een minderheid (18 procent) bezoekt daadwerkelijk kerkelijke bijeenkomsten. Voor kerkgang is steeds meer gaan gelden: men gaat regelmatig of men gaat nooit, aldus het rapport.



Openbare nutsbedrijven
"Voor een groot en almaar groeiend deel van de bevolking fungeren kerken als een soort openbare nutsbedrijven: niet bedoeld om je activiteiten er voortdurend op af te stemmen, maar om er gebruik van te maken als dat nodig is, bij doop, huwelijk of begrafenis bijvoorbeeld."



De afname van kerkgang betekent overigens niet dat de samenleving zich massaal als ongelovig is gaan zien. Het SCP telt aanzienlijk meer gelovigen dan kerkleden. Van alle honderd Nederlanders geloven er 22 zonder meer in God. Een bijna even grote groep noemt zich atheïst. De rest, meer dan de helft, bevindt zich daar ergens tussenin - de agnosten, 'ietsisten' en gelovigen met twijfels.

Sunday, April 27, 2014

Hoe om ovoorstelbaar ryk te word


"Askese" noem mense dit wanneer hulle hul in stilte afsonder, weg van hulle normale lewenspatroon om 'n dieper geestelike lewe te vind en God se teenwoordigheid te beleef.

Afsondering is een van vele geestelike praktyke. Daar is nog ander:

Deesdae reis mense graagter as ooit as pelgrims op roete's.  Dit word 'n tyd van meditasie en gebed.

Deel van geestelike praktyke is ook om te vas: nie net van voedsel nie. Mense gee ook vir 'n tyd van afsondering hul rekenaars op, sit hulle selfone af, skort afsprake op.

Deel van vas is om 'n eenvoudiger te leef. Koop 'n kleiner motor, 'n meer beskeie huis, minder klere, kyk minder televisie en eet minder en gesonder.

En dit, weer, hang saam met die soeke na eenvoud en selfs mindere rykdom. 'n Mens kan gelukkig wees met min besittings. Sommige mense, soos Franciskus van Assisi was tevrede selfs met niks...

Al die praktyke is daarop gerig om 'n mens se eie belange prys te gee - juis omdat dit sinvol is.

Want deur 'n soberder lewensstyl laat 'n mens ruimte vir ander mense en gee 'n mens om vir die planeet. Wanneer 'n mens se ego minder in die sentrum staan, ontdek 'n mens rykdom in vele vorme: die rykdom van gee, van vriende, van die omgewing, van 'n voorspoedige gemeenskap, van minder armoede en lyding.

Al hierdie praktyke is deel van 'n wêreldwye beweging wat al hoe meer onder geestelike reisigers aan die groei is. Flanagan praat in haar boek van die nuwe monastieke beweging. Dit is 'n "monastiek" beweging: anders as 'n lewe in die wêreld - 'n "klooster"bestaan.  Maar dit is ook "nuut" " Mens hoef nie in 'n klooster te wees om die ideaal van armoede, eenvoud, toewyding, afsondering en vas toe te pas nie. Dit kan in die alledaagse werk- en familiekonteks ook gebeur. Mens kan 'n monnik in die gewone lewe raak.

Dit het niks daarmee te doen dat 'n mens 'n "goeie" lewe soek en 'n "ordentlike"  bestaan wil voer nie. Dit het niks met 'n wettiese lewensstyl te doen nie.

Deur sulke praktyke soek 'n mens eerder na skoonheid. Wie met sulke praktyke volhou, ontdek gou hoe sinvol die lewe kan wees. Niks sorge oor te veel besittings, te min tyd, te gejaagde programme, te min kontak met vriende en familie, te veel slapelose nagte, te veel depressie, om gedurig te presteer, om in die middel van aandag te wees nie.

Meer nog: dit gaan om 'n radikale verandering om te word wat 'n mens nie is nie. 'n Mens het genoeg gehad, Dit is tyd om anders te leef. 

Hier moet 'n mens egter goed onderskei: dit gaan nie om 'n mens se eie belang nie, asof 'n mens  jou eie voordeel soek nie.

Die diepste doel van spirituele praktyke is om te ontdek waarom die lewe werklik gaan. 'n Mens is op soek na wat nog altyd in jou lewe ontbreek het. 

Uiteindelik ontdek 'n mens deur die geestelike praktyke hoe kosbaar en spesiaal dit is om te kan lewe.   

Wie dit ontdek, staan in God se teenwoordigheid - die bron van alle lewe en die Gees wat die lewe dra en voed.

Deur geestelike praktyke word iemand se mens-wees gevoed. Wat 'n mens doen, bepaal 'n mens se identiteit. Deur liefde te soek en te prakseer, word 'n mens meer liefdevol. Deur eenvoud te jaag, word 'n mens 'n persoon wat tot die kern van dinge kan deurdring en die oordadige kan afskud. 

Deur die egte lewe te begeer, word 'n mens 'n pelgrim wat gedurig voor die verborge, onuitputlike rykdom van die lewe te staan. En wie voor die Verborgene leef, is onvoorstelbaar ryk.

Saturday, April 26, 2014

Hoe om nie te wil hoor nie...


Die bekende laat 'n mens veilig voel. Enige iets wat van buite kom, bring onsekerheid en angstigheid. Só gaan dit ook met 'n mens se geestelike lewe, met wat 'n mens glo en dink.

Trouens dit geld ook van die teologie. Nuwe ontwikkelinge word steeds met argwaan bejeën.

Mens sien dit in sommige mense se reaksie op geestelike sake, ver.  

In Flanagan se nuwe boek oor afsondering, skryf sy oor onlangse neuro-linguistieke ondersoek wat werk met negatiewe maniere waarop mense reageer wanneer hulle met inligting te doen kry waaraan hulle nie gewoond is nie.

Byvoorbeeld: hoe reageer mense op geestelike inhoude van mense wat hulle nie ken nie of wat nie deel is van hulle bekende kring nie?

Daar is drie tipe's reaksies van mense.

Hulle kan eerstens enige onbekende of anderse sienings afwys of ignoreer. Dit is vir hulle genoeg dat hulle self 'n geestelike reis het om af te lê. In die reis wil hulle veral met die bekende dinge besig bly. In hulle bekende wêreld is daar nie ruimte vir andersheid nie.

Of, tweedens, kan hulle ander mense se sieninge veralgemeen deur dit met een enkele uitspraak te tipeer. Ek hoor dit  byvoorbeeld telkens wanneer oningeligte mense vertel dat spiritualiteit 'n individualistiese beweging is wat mense wêreldvreemd maak en mense verlei om hul verantwoordelikheid vir die wêreld te ontvlug. Hulle sal sê dat spiritualiteit 'n modegier is wat sal verdwyn, min wetende dat dit sy wortels in die vroeë Christendom het en een van die oudste bewegings binne die Christendom is. Hulle sluit hulleself deur so 'n veralgemende stelling heeltemal af van enige nuwe inligting wat mense kan help met geestelike vernuwing.

Of, derdens, kan mense nuwe dinge wat nie inpas by hul eie wêreld van die bekende, verdraai. Daardeur word enige nut van spiritualiteit vir 'n mens se lewe, by voorbaat ontken. 'n Mens verdraai die nuwe deur byvoorbeeld die verteenwoordigers daarvan verdag te maak. Flanagan vertel in haar boek dat iemand vir haar geskryf het om nie weer iets van Merton oor te neem nie omdat hy 'n alkoholis en 'n rokjagter was. Deur iemand persoonlik verdag te maak of sekere aspekte uit verband te lig, bly 'n mens weg van enige nuwe beweging.

Wat is die alternatief op hierdie eng lewensuitkyke?

Kontemplatiewe oplettendheid, noem Flanagan dit.

Om altyd weer aandag te gee aan die dinge wat 'n mens op jou geestelike reis kan vorm. Dit beteken om steeds weer God se stem te wil hoor.  En God se stem ken nie grense nie. Dit kan nie in vaste bane vasgevang word nie.

Dit is, veral, die les van die Bergrede...

Thursday, April 24, 2014

'n Gebed van hoop

'n Lang, meditatiewe, inhoudryke gebed van Rahner:

We pray, God of grace and eternal life, that you may increase in us and strengthen in us hope.  Grant us this virtue of the strong, this power of the confident, this courage of the unshaken.  Let us always have a longing for you who are the infinite fulfillment of our life, let us always count on you and your faithfulness, let us always unflinchingly hold onto your power, let us be of such a mind, shape in us such a mind by your Holy Spirit, for then, our Lord and God, will we have the virtue of hope.  Then we can tackle the task of our life with courage, then there will live in us the joyous confidence of not laboring in vain, then we will do our work knowing that you the Almighty One are at work in us and through us and, wherever our strength fails, without us for your glory and to our salvation in the ways you see fit.  Strengthen in us your hope.

But the true hope of glory, eternal God, is your only begotten Son.  He is the one possessing your eternal nature from eternity to eternity because you gave it to him and continue to do so, in eternal creation, so that he owns everything that we hope and long for; he is wisdom and power, beauty and goodness, life and glory, everything in all.  And he, this your Son to whom you have given everything, he has become one of us.  He became human.  Your eternal word, God of Glory, has become flesh, has become like one of us, has lowered himself and accepted human form, a human body, a human soul, a human life, a human fate all the way to its most terrible possibilities.  Your son, Holy Father, has truly become human.  In adoration we bend our knee.  For who can conceive of the incomprehensibility of your love?  You loved the world so much that people still take offense at your love and call the message about your son’s becoming human foolishness and nonsense.  Yet, we believe in this incomprehensibility, the burning courage of your love.  And because we believe, we can rejoice in blessed hope: Christ in us is the hope of glory.  For when you give us your son, what else could there be that you are holding back, what else could you be refusing?  When we possess your son, to whom you have given everything, including your own nature, what could still be lacking?  And he is truly ours.  For he is the son of Mary, who in Adam is our sister; he is a child of the family of Adam, he is one nature with us, he is of the same being and origins as humans.  And when we humans are to form one great community by virtue of our nature and destiny according to your plan and your creator’s will, then we share as poor children of Eve’s the nature and the destiny of your own son.  We are brothers of the firstborn, the only begotten, brothers of your son, heirs in his glory.  We participate in his mercy, in his spirit, in his life, in his destiny of cross and glory, in his eternal majesty.  No longer do we live our life, but Christ, our brother does, who lives his life in us and through us.  Look at us, Father of Jesus Christ and our father, and see that we are prepared to participate in the life of your son.  Transform our life and make it resemble the life of your son.  He wishes to continue to live his life in us until the end of time; he wants to reveal in us and in our life the majesty, the greatness, the beauty, and the salvific power of his life.  What we encounter in life is not coincidence, not blind destiny, but a piece of the life of your son.  We want to receive joy as the joy of Christ, success as his success, pain as his pain, suffering as his suffering, work as his work, death as participation in his death.

Consequently, we pray especially for your grace to allow us to take part in the life of Jesus.  Allow us to participate in Jesus as the one who is praying.  He is the great worshiper of God in spirit and in truth; he is the mediator through whom alone our prayer can penetrate to the throne of grace.  In him we want to pray, united by his prayer.  He, with whom we are one in spirit, has taught us to pray.  He taught us to pray the way he himself prayed: praying at all times and not giving up, praying persistently, confidently, humbly, in spirit and in truth, in genuine love of one’s neighbor without which no prayer before you can ever be pleasing.  May he teach us to pray for what he prayed for: that your name be glorified, that your will be done, that your kingdom come, for when we pray like that for the sake of your honor, then you will also hear us when we are praying for ourselves, our earthly well-being, help with our earthly sorrows.  Grant us the spirit of prayer, of collectedness, and of union with you.

Lord, take my poor heart.  It is often so far from you.  It is like waterless, dry land, lost in a thousand things and in the trifles that fill up my everyday life.  Lord, only you can collect the thoughts of my heart and have it concentrate on you, you who are the center of all hearts, the Lord of all souls.  Only you can bestow the spirit of prayer, only your grace is able to allow me to find you amidst this multitude of things, amidst the distractions of everyday life, you, the one necessity, the one person with whom my heart can become still.  May your spirit assist me in my weakness, and when I do not know for what I should be praying, then may the spirit intercede for me with groaning too deep for words, and you as the one who knows hearts will listen to what your spirit in me desires when making its intercession.

Finally, I pray for the most difficult and hardest thing: for the grace to recognize the suffering of my life as the cross of your son, to worship in him your holy, unsearchable will, to follow your son on his walk with the cross for as long as it may please you.  Allow me to become sensitive to your glory and not merely my own well-being, for then I will be able to carry many a cross as the penance for my sins.  Do not allow me become bitter on account of suffering, but rather help me to become mature, patient, selfless, mild, and full of longing for the country in which there is no sorrow and for the day when you will wipe away every tear from the eyes of those who have loved you and who, while in pain and darkness, have believed in your love and your light.  Allow my suffering to be a confession of my faith in your promises, a confession of my hope in your mercy and faithfulness, a confession of my love to show that I love you more than myself, that I love for your sake without gain.  May the cross of my Lord be an example to me, a strength to me, a solace to me, the solution to all hidden doubt, the light of all nights.

Grant that we may glory in the cross of our Lord Jesus Christ; grant that we may become so mature in true Christian stature and life that we will no longer consider the cross as a disaster and an unintelligible contradiction but as the sign of your choosing us, as the secret and certain sign that we belong to you for all eternity.  Your word is faithful and says that when we allow ourselves to die with him, we will also live with him; when we persevere with him, we will also reign with him.  Lord, we want to share everything with your son, his life, his divine glory and, hence, also his pain and his death.  Only grant us along with the cross the strength to carry it.  Allow us to experience also the blessing of the cross, and place on our shoulders that cross which in your wisdom you see as being to our salvation and not to our demise.

Son of the Father, Christ, you who are living in us, you are the hope of our glory.  Live in us, subject our life to the norms of your life, make our life like yours.  Live in me, pray in me, suffer in me, for no more than that do I ask.  For when I have you, I am rich.  Those who have found you have found the strength and victory for their life.

Amen.


 

Wednesday, April 23, 2014

Een uit tien mense in China is nou al Christene?

Die Chinese Christene kan binnekort die land met die grootste getal Christene wees. 

Dit verras mense, want China is die land waar Christene onder die kommunistiese bewind erg vervolg is.

Die rede vir hierdie groei is blykbaar dat Chinese 'n innerlike leegheid ervaar, veral noudat dit so voorspoedig met die land gaan. 

Dit is ook opvallend dat die kerk 'n reputasie opbou dat dit omgee vir ouer mense, vir kinders en selfs mediese klinieke bou.


Hier is die berig in vandag se Trouw:

De Chinese kerken groeien hard, heel hard. Sommige experts voorspellen zelfs een wisseling van de wacht: over een paar decennia zou China de Verenigde Staten inhalen als het land met de meeste christenen.               
Eeuwenlang reisden er zendelingen naar China, en eeuwenlang boekten ze nauwelijks resultaat. Terwijl grote delen van Afrika kennismaakten met de God van Abraham en Jezus, bleven de Chinezen vasthouden aan het confucianisme en andere Chinese tradities.


Althans: tot halverwege de twintigste eeuw. In de jaren '80 doken er ineens overal in China kerken op, van kleine huisgemeentes tot indrukwekkende kathedralen. Telde het land in 1949 naar schatting slechts 1 miljoen protestanten, in 2010 waren dat er volgens statistisch bureau Pew Forum zeker 58 miljoen. De erkende katholieke kerk zou gegroeid zijn tot 9 miljoen leden.


De kerk groeit, maar het is niet bekend hoe snel
Die cijfers moeten we met een korreltje zout nemen, want de communistische partij erkent formeel maar één kerkgenootschap: de staatskerk. 
Naar de omvang van huisgemeenten en andere officieuze kerken is het gissen. Maar áls de cijfers niet kloppen, is dat waarschijnlijk omdat ze te laag zijn. In werkelijkheid zou het Chinese christendom al groter kunnen zijn dan de indrukwekkende statistieken het doen voorkomen. Misschien is zelfs één op de tien Chinezen christen.


Socioloog Fenggang Yang van de Amerikaanse Purdue University, die veel onderzoek doet naar de Chinese kerken, waagde zich afgelopen weekend in The Telegraph zelfs aan een krasse voorspelling: in 2030 is China met 247 miljoen christenen het grootste christelijke land ter wereld. Zelfs Brazilië, Mexico en de Verenigde Staten zouden tegen die tijd het nakijken hebben.



'Chinezen hebben zichzelf gekerstend'
'De groei in China is verbazingwekkend', vindt ook voormalig scriba van de Protestantse Kerk in Nederland (PKN) Bas Plaisier. Hij werd in 2010 door de protestantse hulporganisatie Kerk in Actie uitgezonden naar Hong Kong, om daar te onderwijzen aan het Luthers Theologisch Seminarium. 
Inmiddels is hij weer terug in Nederland. Plaisier: 'Het zou me niet verbazen als Yangs prognose klopt. Als je de huidige groei doortrekt, kom je zeker boven de 250 miljoen uit. Tegelijk moeten we realistisch zijn: iedere toekomstvoorspelling is een speculatie.'


De plotselinge verspreiding van het Chinese christendom is volgens Plaisier te danken aan de Chinezen zelf. 'In de jaren '80 en '90 begonnen enthousiaste bekeerlingen door het land te trekken. Westerlingen kwamen er nauwelijks aan te pas.'


'Naastenliefde is in China bijna uniek'
Niemand lijkt te weten waarom de boodschap toen ineens aansloeg. Plaisier vermoedt dat het heeft te maken met de 'morele leegte in de samenleving'. 'In China draait alles nu om geld, om kapitalisme en economische groei. Zorg en liefde voor elkaar - dat zie je nauwelijks. De kerken bieden dat wel. Ze leggen er zelfs de nadruk op. In het westen vinden wij dat heel normaal, maar in China valt zoiets op.' 

Plaisier deelt de lezing van Open Doors, de organisatie die opkomt voor vervolgde christenen.
Die bemerkte vorig jaar dat de staat kerken nog wel in de gaten houdt, maar steeds minder tegenwerkt. 'Gemeenten en parochies zijn voor de overheid steeds vaker interessante partners', meent Plaisier. 'Ze bouwen bejaardencentra en medische klinieken en zorgen voor kinderopvang. Die hulp is erg welkom.'


Op termijn zou de overheid er juist voor kunnen kiezen om de duimschroeven aan te draaien. Plaisier: 'Hoe groter de kerken worden, hoe meer de overheid ze als een dreiging kan zien.' Tegelijk hebben kerken misschien meer van zichzelf te vrezen dan van de staat. 'Het christendom dankt haar aantrekkingskracht nu ook aan haar anti-establishment-karakter. Als de kerken blijven groeien, kan dat imago verwateren.'


Monday, April 21, 2014

Hoogmoedig, onkuis, skepties...

Praat is goedkoop. 'n Mens kan daarom op 'n vlak manier met diepsinnige dinge omgaan.

Hierteen verset spiritualiteit homself. 

Dit is 'n belangrike dimensie van spiritualiteit: wat tel is nie alle kennis, ervarings, aansprake en teorieë nie.

Wat tel is nie of 'n mens oor die groot, belangrike sake nadink of praat nie.

Wat tel is hoe 'n mens dit doen en watter verskil dit aan jou lewe maak. 

Spiritualiteit is geleefde geloof. Dit is lewenskuns. Spiritualiteit vertel van 'n veranderde lewe. 

'n Mens sien spiritualiteit gou raak. Dit kom al na vore in die manier waarop mense praat.

Pascal, die mistikus, het dus geskryf:

Min mense praat nederig oor nederigheid, kuis oor kuisheid, skepties oor skeptisisme.  



Sunday, April 20, 2014

Afdraaipaaie en doodloopstrate.

Soms neem 'n mens lang afdraaipaaie van die pad wat jy met die kerk geloop het. 

'n Mens het nie meer 'n behoefte om op 'n Sondag in 'n byeenkoms te gaan sit wat nie jou lewe verryk nie. 

Die weë met die ou instelling, met die groot teenwoordigheid van godsdiens in jou lewe, skei. 

Dan kan jy vir jare nie kerk toe gaan nie. 

Soms dink 'n mens selfs dat dit die afskeid aan God is, die tyd van afskeid toe die Liefde in 'n graf weggelê is. 

Soms is die rede's vir die afdraai eenvoudig: Die kerk kan, soos enige formele godsdiens, meer skade as goed aan geloof doen. Godsdienstigheid is partykeer die groot vernieler van 'n mens se siel.

Dink daaraan: die dood van Jesus was die resultaat van godsdienstige mense se vroomheid. En vroomheid kan geniepsig, bevooroordeeld en selfs vernietigend wees. 

Die kruis is die groot aanklag teen georganiseerde godsdiens. Dit was juis georganiseerde godsdiens wat Jesus se dood gejaag het. 

Soms is dit nie die kerk se skuld nie. Die skeiding van die weë kom omdat 'n mens verander het. 

Dan is daar skielik op 'n dag weer 'n Paassondag, die dag van die verrysenis. Ook op die geestelike reis: die afdraaipad word 'n weg terug na God en God se mense. 

Altyd weer kom daar vernuwing in die kerk. As alles doodgeloop het, vernietig is, goedheid uitgeroei is, hoef hoop nie ook te verdwyn nie. Dit is 'n afdraaipad, nie 'n doodloop-straat nie. 

Wanneer die geestelike weg 'n lang afdraaipad loop, is dit nie noodwendig 'n doodloopstraat nie. 

In spiritualiteit word beklemtoon dat die donker tye nie sonder God se teenwoordigheid eindig nie. Trouens, die tye van duisternis kan die tydvan stroping word. Dit word 'n weg waarop 'n mens bagasie afgooi, verlos word van alles waaraan 'n mens onnodiglik vasgehou het. 

Dit is op sulke afdraaipaaie dat 'n mens nadink, ondersoek, toets en ontdek wat 'n mens mis. Want daardie aanraking van bo, die Branding, bly spook. 

En dan volg op so 'n paasdag die omdraai: die wete dat iets verander. En dit word dan die tyd van nuwe verlange: die tyd van die brandende hart. 

Iewers, terwyl 'n mens nadink oor die afdraaipad waarop 'n mens beland het, kom die geestelike insig en die dieper wete meteens helderder na vore. Die afdraai word 'n omdraai. 

Dit is die Emmausweg, die pad wat wegloop van Jerusalem waar 'n mens altyd naby aan die goeie dinge was. Dit is die pad die donkerte in, skemeraand binne. 

Maar dit is 'n weg waarop die Goeie 'n mens nooit werklik agterlaat nie. Die immer-goeie bly by 'n mens, bly knaag, is 'n verborge teenwoordigheid, en, meer nog, is 'n voortdurende gespreksgenoot. 

Tot op die oomblik dat die enkel wete weer terugkom. Dan merk 'n mens in die eenvoud van 'n voedende hand, 'n stil gesprek, in die lamplig wat skyn op die kring om die tafel, in die skemering van die aand die verborge Waarheid, die ewige helderheid.

Só sterk kan die enkel wete jou aanraak, dat dit 'n mens laat terugkeer na die waters van rus. En daar, by die bekende, verlore lafenis van die vloeiende, Lewende water, proe 'n mens anders aan die varsheid van die Bron. Die verlange is méér, groter, sterker sodat die hart sterker as ooit brand van blydskap oor 'n herontmoeting. 

Die  lang reis het 'n mens van alle gejaag gestroop. Die siel is met minder, maar ook met meer tevrede: minder ornamente, minder bagasie, minder eise, minder gejaag en minder sekerhede.

Maar terselfdertyd ook is daar meer berusting, meer geduld, meer eenvoud, meer gefokus op wat werklik saak maak. 'n Mens is by God, die een wat voed met lewensbrood. 

Hierdie eenvoud, die brood en water-eenvoud van nuwe lewe is die groot Tuiskoms, daar waar die Vader bly wag het, vol afwagting oor die een wat huis toe kom. 





Saturday, April 19, 2014

Wanneer 'n paar rooi skoene berusting bring...


Skoene wat 'n hele verhaal vertel... Verlede jaar het twee jongmense tydens die Boston Marathon 'n bom laat ontplof. Na die chaos, het dit lank geduur voordat hulle uiteindelik vasgetrek is. 
Die gebeurtenis het mense oor die wêreld se aandag lank besig gehou.
So 'n gebeurtenis verander mense se lewens op baie maniere. Geweld trap diep spore. 
Hier is 'n jong prokureur se vertelling, in vandag se NYT, van hoe haar lewe deur die bom getransformeer is, sonder dat sy dit só beplan het.
Wat my opval is hoedat sy die tragedie se vernietigende gevolge tot afsluiting kon laat kom deur haarself te herken op opname's van die oomblik toe die bom afgegaan het. Sy kon sien hoedat sy 'n skrale meter of vyf van die ontploffing was. 
'n Noue ontkoming in die mees letterlike sin van die woord. 
In hierdie paastyd, besef ek, het ons ook sulke simbole wat ons lewens tot afsluiting bring en transformeer. 
Die kruis was deur al die eeue heen 'n simbool van die Paastyd. Dit is 'n tyd vir Bybellesers in die antieke waarin die oorgang na die lente gevier word. Dit is ook die tyd van gewelddadige sterwe van Christus. 
Hoe naby het ons aan die dood gekom, vertel Paastyd, sê die kruis vandag nog. Soveel geweld waarin ons lewe, wat ons mekaar aandoen en wat ons lewe verdonker. 
En toe, daardie een daad van self-lose uitreiking van Christus waarmee hy wou vra dat 'n mens goedheid moet soek, lewensvreugde moet jaag, kwellinge opsy moet skuif en nietighede agter 'n mens moet laat.
Die verhaal laat my besef: die kruisweg loop deur lyding, maar dit het altyd die nuwe lewe as uitkoms. Die lydenstyd is iewers ook 'n tyd van gedempte vreugde. 
Hier is haar verhaal:  
It was such a terrible tragedy that sometimes I feel guilty because it was a blessing for me. It made my life more rich, more full. I learned how to appreciate living in the moment. And I learned not to worry and stress about things as much. I don't let work bother me. I don't let piddling money issues bother me. It was not even a conscious effort on my part. It just changed my attitude. I was lucky to walk away unhurt.
I tried to connect with other people who had a personal experience with the bombing last year, like Benjamin Thorndike. His photos, taken from an office building above, were all over the news, but in them you can see me over and over. I didn’t realize how close I was to the bomb until I saw those photos. I was wearing a bright green jacket and bright red shoes, so I was easy to spot. I was 10 yards away from where the bomb went off. I thought I was exaggerating how close I was. I thought I was imagining it. I reached out to Thorndike to thank him for turning in those photos. To view myself in those terrible moments, it gave me closure. It’s like if you have a loved one who died; sometimes you have to see them lying in a casket to accept they’re gone. I lost my father a couple of years ago, and I was so glad to have been there when he died because it helped me move forward. Those photographs did the same thing for me.

Friday, April 18, 2014

Al daardie reëltjies wat die belangrike dinge tot niet maak...

Daar breek sowaar op hierdie Goeie Vrydag 'n rusie los omdat die pous weer vroue se voete gaan staan en was het. 

Op hierdie dag dat 'n mens die diepste dinge van godsdiens bedink en gekonfronteer word met 'n saak van lewe en dood, is dit die treurige nuus wat op my skerm flits. 

Ek besef hoe hierdie nuus 'n mens uitdaag om ook en veral op die kruisdag van Christus  die belangrike dinge te onderskei van dit wat op die rand van die lewe lê.  Die dag neem 'n mens verby die kleiner, negeerbare dinge wat die toneel van die lewe invul, en dan, 'n mens se aandag wil oorneem en belas. 

Omdat 'n mens nie 'n hart het vir wat belangrik is nie. 

Immers: Die kruisdood van Christus begin juis by die groot passie vir wat saak maak, vir wat regtig belangrik is: Reeds op 'n sabbat, 'n jaar of wat voor die sterfdag van Christus, het Jesus juis by godsdienstige byeenkomste sy ware kleure gewys.

Dit was weer 'n mooi dag, so 'n keertjie in die sinagoge: mense is rondom die woord van God bymekaar om al die mooi dinge van die lewe te geniet en aan te prys. God is goed, God skenk mooihede en daar is alle rede om in dankbaarheid vir God te wil dien. Vandaar die samekoms: om weer te luister na die Woord oor wat werklik saak maak.

Jesus doen graag mee. Hy "leer" ook, tot verstomming van die mense. Hy praat sterk, met oortuiging en passie. Mense is elke keer aangenaam verras (Lukas 2:22). 

Hy praat immers oor God wat omgee vir mense. God reik uit na almal wat ly, wat swaarkry, wat geminag word (Lukas 4). 

Matteus vertel in sy evangelie van so 'n byeenkoms (12:9-14). Jesus is in die sinagoge. Daar vra sy opponente hom of 'n mens op die sabbat gesond kan maak.

Sy reaksie is klokhelder en ondubbelsinnig. Voor so 'n kans, huiwer 'n mens nie - selfs nie op die sabbatdag nie. Dit is soos 'n man wat een skaap het en hom sonder meer red as hy sien dat daardie skaap op 'n sabbat in die sloot val. Jy gaan sekerlik iemand genees, omdat 'n mens belangrik is, veel belangriker as 'n dier. 

Dit is toe net daar dat sy opponente uitgaan en planne vir goeie Vrydag begin maak. 

Hul reëltjies oor die sabbat verduister hul visie op wat regtig belangrik moet wees. 

Daaraan dink ek toe ek lees dat die pous weer vanjaar vroue se voete op wit Donderdag gewas het en mense daaroor kla soos toe hy dit verlede jaar gedoen het. 

Die voetwassing, het die kritici gemor, is in die Bybel vir manne gedoen. Dit was Jesus se dissipels, die uitgesoekte groep vir wie Jesus op die manier bedien het. In die kerk is die uitgesoektes die manlike priesters. Van alle mense behoort die pous dus van beter te weet. Selfs een of ander Vatikaanse sekretaris het geswig onder die druk van sy reëltjies en gewaag om die pous te kritiseer. 

Terwyl die man aan die kruis sterf, het hy uitgereik na almal om hom - ook die vroue. Oor hulle, wat sy liefdevolle teenwoordigheid sou moes ontbeer, veral sy ma wat hom getrou bygestaan het, wou hy hom ontferm. Soos sy lewe lank, sou hy tot die laaste oomblik uitreik na hulle wat na aan hom was. 

Hier is, volgens die artikel in vandag se Trouw, die amptelike reaksie op die gekla: 

Het Vaticaan maakt zich in ieder geval geen zorgen. Paus Franciscus wilde zich donderdag 'ontfermen over zij die leven aan de rand van de samenleving', meldt een Vaticaanse woordvoerder aan Religion News Service. Al die regeltjes 'leiden soms af van de diepe boodschap van de evangeliën'.

Mooi.  

Thursday, April 17, 2014

Lei Vriendelik Lig...


Op die Donderdagaand, in die tuin, bid Jesus oor 'n beker:

Lukas 22:41 – Vader, as U tog maar hierdie beker van My wil wegneem. Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied.

Goeie Vrydag bly 'n opvallende manier om die kruisdag van Christus te benoem.

Daar is sekerlik vele rede's wat 'n mens vir die benaming kan aanvoer.

Een rede sou 'n mens kon vind in Jesus se gebed dat die beker weggeneem word.

Daar is iets onvoorstelbaar goeds aan hierdie gebed. Dit is 'n diep menslike gebed, 'n verlange om nie dood te gaan nie, om die kosbre gawe van lewe te kan behou, skryf Rahner hieroor:

Soos mense steeds doen, so bly Jesus ook aan die lewe vasklou. Hy vra nie iets spesiaals, iets hemels, iets bonatuurliks nie.

Hy wil net bly lewe. Hy is pure mens met 'n menslike verlange.

Só verloop die eerste deel van hierdie gebed van Jesus. Sy laaste as 'n vry man. Hy kan nog op die stadium die kruisweg vermy. Hy kan nog die beker wegstoot. Die gebed kom dus uit die binnekant van die harde werklikheid. Daar is nie skyn aan nie. Dit is nie maar 'n netjiese, oppervlakkige oomblik van twyfel nie.

En op die oomblik wys Jesus sy menslike kant. Hy wil doodgewoon nie sterf nie.

Rahner skryf dat dit is soos mense moet bid: om gewone behoeftes aan God bekend te maak.

Hoe goed is dit om te weet dat God luister na die gewone, alledaagse verlangens in mense se harte.

Wie só sy/haar lewe gewoonweg voor God kan neersit, verlangend, leer terselfdertyd om vertrouend te wees. Met 'n tweede deel in die gebed is Christus vol vertroue in God. Hy laat die ruimte oop dat sy lewe op 'n ander manier sinvol sou kon wees. En daarin laat hy hom lei.

Wat my, op die vooraand van Goeie Vrydag, in ons woelige wêreld, maar ook met herinneringe aan die vernietiging van daardie Dag, laat dink aan die goeie lied wat ons soveel jare gesing het: Lei, Vriendelik Lig... 

Nicholas Gay het 'n aangrypende skildery van die nag in die tuin gemaak: 




Wednesday, April 16, 2014

Onbehae.

Ek loop die afgelope paar dae met 'n onbehae in my gemoed rond.

Ek volg van tyd tot tyd die verhoor van Oscar Pistorius en dit is nie 'n gerusstellende ervaring nie.

Die saak interesseer 'n mens oor baie rede's. Dit gee 'n kyk in ons samelewing, in hoe misdaad gehanteer word, maar dit bring ook klarigheid oor 'n tragedie wat afgespeel het en wat op die oog af so onverklaarbaar lyk. 

Die saak interesseer my ook vanuit my eie wetenskaplike belangstelling. Ek doen die afgelope paar jaar heelwat leeswerk oor geweld, met verskeie navorsingsartikels wat ek reeds daaroor geskryf het. 

Een ding is seker. 'n Mens kry waardering vir die regsisteem: dinge in hierdie hofsaak is goed georganiseer, die kundigheid is indrukwekkend, die ondervraging deeglik, terwyl die organisasie  glad en die hele stelsel lyk of dit goed verloop. 

Die saak interesseer 'n mens want dit is tipies van 'n situasie van trauma: 'n mens wil weet hoe en waarom het die verskriklike tragedie hom afgespeel. Des te meer omdat die jong man van die ergste vorm van misdaad aangekla word. 

Die saak interesseer my ook vanuit my eie wetenskaplike belangstelling. Ek doen die afgelope paar jaar heelwat leeswerk oor geweld, met verskeie navorsingsartikels wat ek reeds daaroor geskryf het. 

Dit is 'n ervaring om op so 'n direkte manier, sommer vanuit jou sitkamer, op hoogte te kom van al hierdie dinge, wat gebeur het en hoe 'n hofsaak soos hierdie gehanteer word. 

In die hofsaak merk 'n mens hoe geweld ons samelewing deursuur en die slegte gevolge daarvan. 

Daar is opvallende symbole van so 'n kultuur. Die geweer-kultuur is die een kant van die munt, met die ander kant die bedreiging van inbrake, aanvalle, verkragting en moord wat deel van mense se alledaagse bestaan is en wat hulle hoogs onveilig laat voel. 

Ek volg ook die verhaal met belangstelling omdat 'n mens wil weet hoe die regsberoep in die praktyk lyk. Jy leer baie, veral uit die gesprekke met ingeligte regslui in die media. Rustig in die ateljee agter 'n netjies tafel ontleed hulle die dag se gebeure vanuit 'n kennersoog. In artikels is daar belangrike gesprekke. 

Een so 'n artikel vertel hoe getuies deesdae huiwer om in 'n hof te getuig. Hulle voel uitgelewer aan die aanvalle van die ondervraers wat hulle getuienis moet toets. Hulle voel naderhand soos leuenaars en skuldiges. Die artikel vra voorts dat regters waaksaam moet wees om hierdie gevoel van bedreiging te ondervang en te keer dat dit mense sal afskrik om hulle deel te doen om misdaad te bekamp.

My onbehae het hiermee te doen. Die etiek van ondervraging, besef ek, is 'n belangrike kwessie terwyl ek kyk na die aanslag van die kruisverhoor. 

Dit laat my vra: Hoe ontleed 'n mens iemand se getuienis op die mees gepaste en eerbare manier? 

Soos die saak sy loop neem, raak my onbehae hieroor groter. Die keerpunt vir my was toe die aanklaer sy kruisondervraging van Pistorius begin het. Die skokkende oomblik toe hy die kop van die vermoorde vrou gewys het en dit vir my gevoel het of hy Pistorius wou dwing om daarna te kyk was vir my'n laagtepunt. Dit was 'n oomblik wat in kruheid moeilik oortref sal word.  

Maar ook die res van die ondervraging was vir my deurspek met agressie wat nie altyd funksioneel was nie. 

Ek probeer my onbehae hieroor al die afgelope paar dae nog verder peil en vra myself af waarom die deel van die verhoor vir my pla. Hoe moet ek my onbehae uitpluis? 

Om 'n stap terug te neem: 'n Mens sien oral in ons samelewing 'n ondertoon van aggressie, opposisie, van antagonisme. Miskien kan 'n mens dit bietjie neutraler stel: verhoudinge van mense onderling word nog te veel deur agonisme gedryf. 

'n Mens moet vir die waarheid "baklei." Jy moet mense "dwing" en "dreig" wat met hulle gebeur as hulle lieg. Jy moet, in die woorde van die aanklaer, maar "onbeskof" kan raak as jy nie van hulle 'n reaksie kry wat jou pas nie. 

Ons sien dit in die wetenskap, in die politiek, in die kerk en in die hof. Dit is 'n "ek-jy" stryd, waarin die "jy" eerder as skuldige beskou as onskuldig beskou word. 

Die persoon wat jy ondervra of wat nie met jou saamstem nie, is 'n vyand, 'n leuenaar. Jy self is die een wat ontmasker, wat oorwin, wat die bulhond is (en wil wees). 

Ek sou wou vra, tot watter mate verloën dit jou menslikheid om ander gedurig vanuit so 'n agonistiese hoek te benader? 

Byvoorbeeld: Een gedagte wat herhaaldelik by my opkom is dat 'n aangeklaagde wat  getraumatiseerd is oor wat gebeur het, deur so 'n ondervraging verder getraumatiseer word - maar selfs geestelik geskend kan word. Is daar in 'n agonistiese benadering ruimte om die ander se menselikheid in ag te neem? 

Wat as die beskuldigde werklik 'n fout gemaak het? En nou word hy of sy nog verder geboor. 

Dit is seker nodig om realisties te wees. Ek kan verstaan dat so 'n ondervraging  iewers nodig sou kon wees, byvoorbeeld as 'n mens te doen kry met 'n harde krimineel wat vol brawade is en wat vreesloos ontmasker moet word. 

Maar hoe begryp 'n mens so 'n aanslag as wreedheid die openingstoneel van 'n ondervraging uitmaak en meedoënloos toesak op iemand wat reeds eindeloos blootgestel is aan 'n uitgerekte, lang marteling van wat gebeur het en, veral, wat in die ellende van 'n ingewikkelde juridiese proses met sy ontoeganklikhede verstrengel is? Nog meer: hoe ellendig is dit vir hierdie man om in sy omstandighede en onder 'n brutale aanslag op sy persoon deur die media en indringerige mense in die hof te verskyn en dan nog hierdie soort ondervraging mee te maak?  Is dit onbelangrik om in gedagte te hou hoe hy uitgelewer is aan die wêreldwye aandag van die media wat genadeloos elke klein hoekie van sy lewe onder die vergrootglas plaas? 

Ek kan my nie voorstel hoe hierdie man moet voel om in die hof te  moet verskyn in sulke brute omstandighede.  Maandelange, genadelose openbare aandag, en dit terwyl hy in elk geval in 'n hoek gedryf is, skuldgevoelens, hatige kommentare, verlies aan vriendskappe, 'n agressiewe aanslag van die staat, uitgerekte en duur konsultasies en dan nog sy innerlike gevoelens, skep moeilik 'n omgewing waarin hy met insig sy saak kan stel. Trouens, hierdie situasie is al genoeg om iemand te breek. En ek sou selfs wou vra of hierdie situasie nie reeds straf in die ergste graad is nie. 

Dus wonder ek oor my onbehae: Kan 'n mens nie op 'n beter manier iemand bring om die waarheid te praat nie? Is die kru ondervraging werklik 'n etiese manier van doen?

Is 'n agonistiese aanpak werklik die enigste moontlike manier? Of is dit die reste van 'n ou, treurige ideaal van die sterkste oorwin?  

Soms wil ek vanuit 'n leke-hoek selfs die ondenkbare vra: Waarom dink ek aan die apartheidsdae toe mense uiteindelik skuld erken net omdat hulle onder die ondervraging geknak het sodat alles net kan ophou? Is die effek van hierdie ondervraging nie uiteindelik dieselfde nie? 'n Mens hoef nie fisiek gemartel te word om te knak nie. 

Iemand vertel dat die styl van ondervraging deur regspersone baie verskil. Terwyl sommige blykbaar trots is op hul aanvallende benadering is daar ander weer wat stil-weg baie effektief hul werk doen.

En dit bly by my: daar is vele ondervraers wat deur indringende, kritiese vrae dieselfde resultate kry. Waarom word dit dan nie die ideaal nie? 

Mense is bekommerd oor getuies wat deur hulle ervaring in die hof skrik op die lyf gejaag word. Moet ons nie ook bekommerd wees oor die etiek van ondervraging van beskuldigdes nie? Word daar in die opleiding van regslui ooit aandag gegee aan die vraag na die mees etiese en effektiewe vorme van ondervraging?

Ek weet dat daar tydens besprekings gesê is dat die regter daar is om te sien dat die ondervraging nie onbillik teenoor 'n beskuldigde sal wees nie. En die regter het inderdaad op 'n keer of wat die aanklaer oor die vingers getik. Ek weet ook dat die aanklaer 'n man van integriteit is en dat hy 'n trotse rekord het. Ek besef ook dat 'n oortreder dikwels op slim maniere sy kaarte speel, en dat in sulke gevalle ruwe hantering nodig mag wees. 

Maar my onbehae bly my by. Want ek weet hoedat selfs in ons mees gerespekteerde ondernemings en instellings onherkenbare vorme van geweld bestaan. Die kerk met sy vrome geweld teen die ander, teen die "skuldige" een wat nie aan die norme en verwagtinge van die aanklaers voldoen nie, is 'n klinkklare voorbeeld daarvan. 

Ek het te dikwels in my lewe gesien hoe 'n agonistiese gesindheid en optrede mense se lewe onherroeplik geskend het. 

Geweld is nie net in misdaad, in misdadiger en in die samelewing te vinde nie. Geweld kan ook skuil in die manier waarop misdaad bestry word. 

Dit het ons immers al geruime tyd terug geleer van Foucault, met sy beroemde Discipline of Punish. 

   

Blog Archive