Ek onthou die eerste keer toe ek Chagall se gebrandskilderde vensters in die katedraal in Zürich, Switzerland gesien het. Dit was asemrowend mooi en ek is op ‘n heel gewone, normale manier geraak deur wat ek beleef het: geel, groen en blou kleure; vloeiende vorme; bybelse motiewe. Alles het saamgevloei in ‘n oomblik waarin ‘n mens gevoel het jy is in die teenwoordigheid van God, in die teenwoordigheid van die Heilige. In ‘n mens se hart voel jy gebede, voel jy oorweldig. Jy wil bly, bly kyk, bly beleef - amper soos Petrus 'n hut opslaan. Ek het vensters gesien – konkrete dinge gemaak uit aardse materiale. Maar ek het ook geweet ek ervaar iets diepers, iets van die Gees. En ek het meer begeer en na meer verlang.
Met tyd het ek besef dat iets anders eintlik met my in daardie kerk in Zürich gebeur het. My begeerte om by God te wees was maar eintlik ‘n reaksie op God wat tot my gekom het. Ek het na die vensters gekyk, maar eintlik het die vensters na my geroep: Kyk hier! Geel, groen en blou kleure het my oë vasgevang en gevange gehou. Die vloeiende vorme het my oë hemelwaarts geneem, na Bo – dit was God wat by wyse van spreke hand onder my ken gesit en laat kyk het. En in die Bybelse motiewe het ek God se woorde oor die eeue heen hoor praat.
Dit was eintlik nie ek wat na die vensters gekyk het nie, dit was God wat my laat sien het, wat my laat kyk het en laat hoor het. Nie die vensters nie, maar God se teenwoordigheid was wat saak gemaak het. En uiteindelik was dit God se binnekoms wat die begeerte in my wakker gemaak het om meer te weet, meer te ervaar, om dieper te dink oor wie die Een is wat so onverwags tot my gekom het. Wie oë van geloof het, sal God sien – en begeer om meer en meer by God te wees.
Dit is nie die plek wat so magies is of so uitsonderlik uniek is nie. Dit is nie die vensters wat onvermydelik ‘n mistieke belewenis oproep nie. En uiteindelik gaan dit ook nie om die begeerte na die Verborgene nie. Dit gaan uiteindelik oor God wat ons aanraak en met wie ons in 'n dieper verhouding wil wees. Ons sien die Verborgene deur ‘n spieël in ‘n raaisel, ons weet eendag sal dit van Aangesig tot aangesig wees. En ons geestelike reis word die groot verlange om by hierdie God van skoonheid te wees.
Friday, November 20, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2009
(275)
-
▼
November
(29)
- Wanneer 83 000 toeskouers soos die graf swyg.... ...
- Die krag van ons woorde.
- Lank voordat ons na God verlang het, het God verla...
- Om na God se Woord te smag. Oor die verskil tussen...
- Die geestelike lees van die Bybel teenoor ons geve...
- Velasquez en Emmaus
- Totius oor die dood.
- Verstom. Rembrandt se 1628 skildery van die Emmaus...
- Rembrandt en die Emmausgangers
- Die begeerte na die teenwoordigheid van God.
- Oor God se teenwoordigheid in ons lewens. Die Emma...
- Biddende verlange: oor die Emmausgangers se mistie...
- Die volmaakte mistiek: Oor die Franse mistikus, Br...
- Calvyn en die kontemplasie van God: oor die visio ...
- Spiritualiteit en sonde
- Die oneindige soetheid van die goddelike goedheid ...
- Calvinistiese spiritualiteit - enkele voorlopige o...
- Wanneer God se woorde en menslike ervaring mekaar ...
- Die mistieke ervaring van Kierkegaard. Oor die bro...
- Vrees vir die Here. Oor bewondering en ontsag vir ...
- Die Gees spreek deur die Woord: oor Spiritualiteit...
- Afskeid en vreugde. Oor die spesiale plek van die ...
- Die Skrif laat ons harte ontvlam. Oor die rol van ...
- Ontsteld en wanhopig. Oor God se teenwoordigheid o...
- Om Jesus te sien sonder om Hom te herken. Oor die ...
- Geskok by die lees van Lukas se verhaal oor die Em...
- Elke dag is 'n goddelike vandag. Oor die durende t...
- Die rol van ons beelde van God in ons spiritualiteit
- Die lewende waters wat uit ons vloei: oor Johannes...
-
▼
November
(29)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.