In Spiritualiteit word uitgegaan van die standpunt dat God ‘n verhouding met die mens en die skepping soek.
Dit klink pragtig en indrukwekkend. Wie sou nie 'n verhouding met God begeer nie?
Maar ‘n mens kan God wat op die manier na ons uitreik, op meer as een manier verstaan. Tradisioneel het ons dikwels ‘n prentjie van God in ons koppe wat ons eintlik bang maak vir ‘n God wat ‘n verhouding met ons wil hê. God is dan die God wat alles beheer, wat die mens meet aan sekere standaarde en wat dan tug wanneer die mens nie aan daardie standaarde voldoen nie. Dit is die God wat ons liefhet soos ‘n strenge Vader wat uit liefde sy kinders tug sodat hulle in hul spoor trap. God is die almagtige God en ons is die klein kindertjies wat van God afhanklik is.
Dikwels ervaar ons God dan as Iemand wat so bietjie distansie handhaaf van ons. God gee om, maar bly origens die Een wat alles “van bo” af dophou en reël. Ons het respek en eerbied vir hierdie God. In die respek en eerbied is ons bewus van alles wat ons van God skei.God het mag en ons speel maar veilig dat die mag nie teen ons gerig word en ons tot niet maak nie.
As ons dan as gelowiges hierdie beeld van God in ons omdra, word ons ook iewers mense wat ander “beoordeel,” meet en selfs op hulle plek hou.
Natuurlik moet ons God eerbiedig en respekteer. En uiteraard is God as Skepper die Een met mag. Maar dit is jammer as mense op die manier oor God dink en eintlik iewers heimlik bang is vir God as die Regter wat ons met 'n Oog dophou. Want God se mag kan ook op 'n ander manier verstaan word en God se verhouding kan ook 'n ander karakter vertoon.
In die geval kan ons God sien as ‘n God wat die mens se hart van naby ken, wat die mens graag aanvaar net soos hy of sy is en wat niemand wil uitsluit van die ryke genade nie. Dit is die God wat in die eerste plek vergewe en wie se oordeel eintlik die ondenkbare moontlikheid is. Dit is 'n God wat intieme bande aanknoop en nie 'n veilige waarnemerstatus inneem nie.
God is dan soos die vergewende Vader van die Verlore Seun wat sy kind wat sy vaderhuis so totaal verwerp het, omhels en bly soen, of die genadige Here wat die tollenaar se desperate gebed om vergifnis met vreugde aanvaar. Of dit is God wat die moordenaar aan die kruis in die paradys onvoorwaardelik verwelkom. Dit is hierdie God wat die Vader is van Jesus met wie hy op so ‘n intieme manier praat en met wie hy lang tye in alleenheid deurbring en na wie hy so sterk verlang en wie se wil hy uiteindelik bo sy eie wil kies.
Hoe ons God verstaan, gaan ons spiritualiteit bepaal. Dien ons met onderdanigheid, of soms selfs met 'n kruiperigheid 'n God van oordeel? En dra ons dan die beeld van ‘n strenge God in ons om wat in liefde tug? Of wil ons graag wees by ‘n God wat in oorvloed en in genade liefde uitdeel en met ons deel, wat ons harte ken, wat in ons diepste innerlike in rykheid woon? Is ons mense wat, soos God, ander met 'n Oog dophou, meet, in toom hou, streng lief het? Of reik ons uit, omhels ons, selfs al lyk dit na 'n waagstuk? Gee ons om vir hulle wat gebroke is, ook deur lelike, slegte sondes sodat hulle deur ons liefde nuwe krag kry om op te staan en graag soek om 'n nuwe lewe na God se wil te begin? Het ons mag om alles om ons te orden en te beheer, om te oordeel, of word ons bemagtig om in liefde ander te inspireer en in te sluit in ons gemeenskap?
Dit raak ons spiritualiteit baie diep: in die een geval kan dit so sleg word dat ons in ons godsdiens eintlik niks anders is as die onderdaniges wat geregeer word deur 'n God wat ons lewe beheer en regeer nie. In die ander geval neem God ons op in 'n liefdesgemeenskap waarin ons geinspireer word om ons lewens af te gee vir ander, om van die aarde 'n beter plek te maak en om aktief God se beeld van omgee in ons lewens uit te leef.
Dit is indrukwekkend om te weet dat God 'n verhouding met ons wil aanknoop. Maar dit is woorde wat baie dinge kan beteken. Daarom is dit belangrik om diep hieroor na te dink.
Monday, November 02, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2009
(275)
-
▼
November
(29)
- Wanneer 83 000 toeskouers soos die graf swyg.... ...
- Die krag van ons woorde.
- Lank voordat ons na God verlang het, het God verla...
- Om na God se Woord te smag. Oor die verskil tussen...
- Die geestelike lees van die Bybel teenoor ons geve...
- Velasquez en Emmaus
- Totius oor die dood.
- Verstom. Rembrandt se 1628 skildery van die Emmaus...
- Rembrandt en die Emmausgangers
- Die begeerte na die teenwoordigheid van God.
- Oor God se teenwoordigheid in ons lewens. Die Emma...
- Biddende verlange: oor die Emmausgangers se mistie...
- Die volmaakte mistiek: Oor die Franse mistikus, Br...
- Calvyn en die kontemplasie van God: oor die visio ...
- Spiritualiteit en sonde
- Die oneindige soetheid van die goddelike goedheid ...
- Calvinistiese spiritualiteit - enkele voorlopige o...
- Wanneer God se woorde en menslike ervaring mekaar ...
- Die mistieke ervaring van Kierkegaard. Oor die bro...
- Vrees vir die Here. Oor bewondering en ontsag vir ...
- Die Gees spreek deur die Woord: oor Spiritualiteit...
- Afskeid en vreugde. Oor die spesiale plek van die ...
- Die Skrif laat ons harte ontvlam. Oor die rol van ...
- Ontsteld en wanhopig. Oor God se teenwoordigheid o...
- Om Jesus te sien sonder om Hom te herken. Oor die ...
- Geskok by die lees van Lukas se verhaal oor die Em...
- Elke dag is 'n goddelike vandag. Oor die durende t...
- Die rol van ons beelde van God in ons spiritualiteit
- Die lewende waters wat uit ons vloei: oor Johannes...
-
▼
November
(29)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.