Lukas se twee boeke vertel konkrete verhale oor Jesus en die apostels. Maar hulle gee nie maar net historiese inligting nie. Dit is verhale wat oorloop van simboliek – tot in die kleinste besonderhede.
Die verhaal van Emmaus, het ons in ‘n vorige blog gesien, is ‘n reisverhaal binne ‘n reisverhaal binne ‘n reisverhaal. Die twee boeke gaan oor die reis van die Evangelie in die aardse lewe van Jesus en die voortsetting van hierdie reisverhaal in die verhoogde Here se nuwe bestaan sedert sy opstanding. Die verhaal kring uit: die eerste een eindig in Jerusalem, die tweede een in Rome, voor die keiser. Dit is ‘n verhaal van die oorwinnende krag van die Evangelie.
Binne hierdie groot verhaal is daar Jesus se reis na Jerusalem om gekruisig te word – die verhaal is nie altyd so rooskleurig nie – maar die krag bly tog nie uit nie – want dit gaan oor in berigte dat Jesus uit die dood opgestaan het.
En binne hierdie verhaal is daar die reis van die twee Emmausgangers: hulle gaan huis toe, weg van Jerusalem, geskok en gebroke omdat die lewe van Jesus vir hulle tot ‘n einde gekom het. Ook hulle verhaal is nie so rooskleurig nie.
Hoe donker, hoe donker moes die dag nie vir hulle gewees het nie. Geen wonder dat hulle gesigte somber is en hulle harte vol wanhoop nie.
Maar, en dit is nou die aangrypende, hulle is nie alleen in hul reis nie. Terwyl hulle op pad is, volg Jesus hulle, sit Hy hulle agterna.
Dit is nou hierdie deel wat vir my die diepste kant van die storie van die twee dissipels belig. Hierdie twee wat saam met Jesus geleef en gereis het, is op pad weg van Jerusalem. En wat doen hulle op die reis? Hulle praat en praat en praat. Daar staan in vers 15: hulle het gepraat “en mekaar ondervra.” “Laat ons hierdie saak nog ‘n keer bepraat, nog ‘n keer deurpraat. Kom, terwyl ons op pad is, aan die reis is, kom ons bekyk alles en kom ons soek antwoorde. Maar van mekaar.”
Daar is erns, diepe erns in hulle gesprekke.
En dan, verskyn Jesus op die toneel. Terwyl hulle met mekaar praat, vraende, soekende na antwoorde, van mekaar, loop Hy hulle agterna. Nie vir ‘n oomblik dink hulle daaraan dat Hy, wat by hulle aangesluit het, nie om dowe neute daar is nie. Hulle is so besig om met mekaar die saak uit te pluis, dat hulle nie insien hoe Jesus by hulle is en daarmee die saak eintlik al uitgepluis het. Hulle oë is toe. Hulle sien, maar sien ook nie.
En die slegte is hulle herken nie hoe God na hulle uitreik nie. Hulle moet eers nog meer praat en praat en praat.
Natuurlik is hierdie gepraat ook heel besonders. Lukas wil hulle nie daarmee as kletskouse uitmaak nie. Hy teken hulle as twee mense wat worstel om dinge te begryp. ‘n Mens sou hulle gepraat reeds as ‘n simbool van hulle diepe verlangens kan sien. Hulle ondervra mekaar, want hulle soek na antwoorde, hulle verlang om te weet, hulle smag na dit wat hulle verloor het, hulle is somber oor hul verlies en vra om uitkoms. Die diepe soeke, die biddende verlange kom duidelik na vore in hl reis.
En wonder bo wonder, mirakel, uitkoms is op pad. Later, veel later sou hulle brandende harte hulle terugjaag Jerusalem toe. Maar uitkoms het gekom nie net toe hulle besef het dat Jesus by hulle is nie. Uitkoms het gekom die oomblik toe “Jesus self nader (kom) en met hulle saam loop (15).” Lank voordat hulel dit besef het, het God genadiglik in hul lewens ingestap gekom.
Een van die beroemde aspekte van die mistieke ervaring is die mistieke antifrase: ons verlang na God, ons smeek biddend om God te ontmoet. En juis in ons smeke is God teenwoordig. Lukas beeld dit konkreet uit: terwyl hierdie twee soek en soek en soek, is Jesus by hulle.
Uiteindelik is dit die grootste wonder – dat Jesus hierdie twee dissipels gevolg het in hul donkerste uur. Hy het hulle agterna gesit. En ingehaal. En by hulle gebly. En die pad saam met hulle geloop. Toe hulle nog net in verlange gebrand het, was hy al daar. En geduldig het hy die pad met hulle geloop totdat hulle uiteindelik vir hom sou herken – totdat die skille van hulle oë afgeval het.
Ons dink soms God is ver van ons en dat ons maar ‘n alleen pad loop. Ons reis, dink ons somber, so sonder iemand om ons te ondersteun. Tot ons op ‘n dag agterkom ons was nooit alleen nie. Ons was net blind, te blind om Hom raak te sien. Ons, verskriklik, het nie eers besef dat die biddende verlange in ons harte, ons roepe na God, ‘n teken van God se teenwoordigheid in ons lewens is nie.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2009
(275)
-
▼
November
(29)
- Wanneer 83 000 toeskouers soos die graf swyg.... ...
- Die krag van ons woorde.
- Lank voordat ons na God verlang het, het God verla...
- Om na God se Woord te smag. Oor die verskil tussen...
- Die geestelike lees van die Bybel teenoor ons geve...
- Velasquez en Emmaus
- Totius oor die dood.
- Verstom. Rembrandt se 1628 skildery van die Emmaus...
- Rembrandt en die Emmausgangers
- Die begeerte na die teenwoordigheid van God.
- Oor God se teenwoordigheid in ons lewens. Die Emma...
- Biddende verlange: oor die Emmausgangers se mistie...
- Die volmaakte mistiek: Oor die Franse mistikus, Br...
- Calvyn en die kontemplasie van God: oor die visio ...
- Spiritualiteit en sonde
- Die oneindige soetheid van die goddelike goedheid ...
- Calvinistiese spiritualiteit - enkele voorlopige o...
- Wanneer God se woorde en menslike ervaring mekaar ...
- Die mistieke ervaring van Kierkegaard. Oor die bro...
- Vrees vir die Here. Oor bewondering en ontsag vir ...
- Die Gees spreek deur die Woord: oor Spiritualiteit...
- Afskeid en vreugde. Oor die spesiale plek van die ...
- Die Skrif laat ons harte ontvlam. Oor die rol van ...
- Ontsteld en wanhopig. Oor God se teenwoordigheid o...
- Om Jesus te sien sonder om Hom te herken. Oor die ...
- Geskok by die lees van Lukas se verhaal oor die Em...
- Elke dag is 'n goddelike vandag. Oor die durende t...
- Die rol van ons beelde van God in ons spiritualiteit
- Die lewende waters wat uit ons vloei: oor Johannes...
-
▼
November
(29)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.