In my nadenke oor Calvyn se spiritualiteit val dit my weereens op hoeveel ruimte hy aan die bespreking van God se mag in sy Institusie gee.
Uiteindelik is die geloofsbelewing gerig om aan God al die eer te gee, want God is Skepper, Herskepper wat magtig werk in ons en ons wêreld. Dikwels praat Calvyn in sy werke en in sy kommentare hieroor.
In my leeswerk kom ek af op ‘n artikel in Brittanica waarin geskryf word dat die Calvinisme as een van die mees patriargale vorme van tradisies in die Christendom beskryf word. Maar, vervolg die artikel, al het Calvyn God se mag so sterk onderstreep, het hy ook dikwels God as liefdevolle Vader geskets. Hierdie patriargale motief balanseer hy deur te skryf dat God word ook as ‘n moeder beleef. Hy is baie krities oor mense wat vrees vir God verkondig. God is mild, vriendelik, sag en ontfermend. En dan volg ‘n merkwaardige uitspraak: “Mense kan God nooit regtig behoorlik eer en prys nie, tensy God ons harte wen deur die soetheid van sy goedheid.
Dit is juis waarom God nie as ‘n soort vorm van die noodlot geteken kan word nie – soos bv gebeur in die Stoïsyne, die Griekse filosowe, se voorsienige God nie. God is nie ‘n mag wat alles soos ‘n horlosie laat afwen nie. God bemin mense en gee vir hulle om.
Dikwels word hierdie besondere beklemtoning van die Goddelike liefde en ontferming in Calvyn se werk misgekyk.
Ek volg hierdie opmerkings op en dit is inderdaad nogal merkwaardig hoe Calvyn telkens terugkom op "die soetheid van die goddelike goedheid" wat ons ervaar en ons tot geloof motiveer. In sy kommentaar op Psalm 119 skryf Calvyn verder ook nog hoe God ons die soetheid van God se woord laat ervaar. Dit is hierdie soetheid van die Woord wat ons tot heiligmaking aanspoor en wat ons help om versoeking te bowe te kom.
Ek wil hieroor meer dink: hoe nader 'n mens aan God se Woord leef, hoe meer word 'n mens gevul met daardie liefde wat diep in jou innerlike al jou behoeftes kom bevredig. En dit is daardie liefde wat so sterk kontrasteer met die liefde wat ons vergeefs op baie ander maniere en plekke soek. As ons God se soet liefde ontdek het, sal ons nie behoefte he aan dit wat ons nie liefde kan gee nie, maar ons net onrein maak.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2009
(275)
-
▼
November
(29)
- Wanneer 83 000 toeskouers soos die graf swyg.... ...
- Die krag van ons woorde.
- Lank voordat ons na God verlang het, het God verla...
- Om na God se Woord te smag. Oor die verskil tussen...
- Die geestelike lees van die Bybel teenoor ons geve...
- Velasquez en Emmaus
- Totius oor die dood.
- Verstom. Rembrandt se 1628 skildery van die Emmaus...
- Rembrandt en die Emmausgangers
- Die begeerte na die teenwoordigheid van God.
- Oor God se teenwoordigheid in ons lewens. Die Emma...
- Biddende verlange: oor die Emmausgangers se mistie...
- Die volmaakte mistiek: Oor die Franse mistikus, Br...
- Calvyn en die kontemplasie van God: oor die visio ...
- Spiritualiteit en sonde
- Die oneindige soetheid van die goddelike goedheid ...
- Calvinistiese spiritualiteit - enkele voorlopige o...
- Wanneer God se woorde en menslike ervaring mekaar ...
- Die mistieke ervaring van Kierkegaard. Oor die bro...
- Vrees vir die Here. Oor bewondering en ontsag vir ...
- Die Gees spreek deur die Woord: oor Spiritualiteit...
- Afskeid en vreugde. Oor die spesiale plek van die ...
- Die Skrif laat ons harte ontvlam. Oor die rol van ...
- Ontsteld en wanhopig. Oor God se teenwoordigheid o...
- Om Jesus te sien sonder om Hom te herken. Oor die ...
- Geskok by die lees van Lukas se verhaal oor die Em...
- Elke dag is 'n goddelike vandag. Oor die durende t...
- Die rol van ons beelde van God in ons spiritualiteit
- Die lewende waters wat uit ons vloei: oor Johannes...
-
▼
November
(29)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.