Om foute te maak waaroor ons sleg voel, is ‘n alledaagse ervaring. Ons menslikheid beteken juis ons onvermoë om volmaak te wees.
Ons troos onsself dikwels met die volkswysheid dat almal foute maak. Die belangrikste is om uit ons foute te leer, dink ons.
Maar somtyds maak ons foute waarvoor ons onsself nie kan vergewe nie. Die foute gaan woon in ons diepste binne as etterende wonde waar hulle sweer en ons innerlik siek maak.
Ons worstel met ons verwyte - as ons tog maar nie... Het ons tog maar net daardie een woord nooit kwytgeraak, daardie een daad nooit gedoen nie... Hoe kon ek so iets oor my lippe kry, hoe kon ek dit aan iemand anders gedoen het?
Ons kan onsself nie vergewe vir wat gebeur het nie.
Ons kan liefdevolle mense wees wat ander lief het, selfs tot die punt dat ons hulle vir foute vergewe waarvoor ons onsself nie wil vergewe nie. Dit terwyl ons hard en onvergewensgesind oor onsself is.
Ons het ons naaste lief, maar ons faal in die eenvoudige opdrag om onsself lief te hê. Daarom word ons gevangenes van ons eie verlede, vasgketting deur ons foute, deur die negatiewe. Ons destruktiewe verlede breek ons verder af.
Die oplossing is eenvoudig dat ons onsself moet liefhê. Ons moet die wonde wat ons onsself toedien verpleeg en heel.
Ons moet leer om met liefde teenoor ons foute te handel. Ons moet onsself kan vergewe.
Ons kan dit doen deur eenvoudig bloot te aanvaar wat verskriklik verkeerd gegaan het, aan te gaan met ons lewe en die foute van die verlede agter te laat.
Of ons kan dit doen deur te aanvaar dat ons foute ons geestelike lewe in 'n bepaalde rigting gestuur het wat uiteindelik tot ons eie beswil was, dat ons foute ons laat besef het watter negatiewe kragte in ons kan werk en hoe versigtig ons moet lewe, naby aan God.
Om so ons foute te aanvaar en diep na te dink, te mediteer oor die skerp kante, die verkeerde, donker oomblikke in ons pelgrimsreis, kan terapeuties wees. Ons kan getransformeer word, genees word, juis deur ons foute, deur in te sien hoe die negatiewe ons nader bring aan God.
Maar daar is 'n dieper verborgenheid. As ons bedink hoe die diep wonde wat ons onsself toegedien het, ons eintlik in ons geestelike reis verander het, is dit al self weer 'n verdere stuk transformasie. Dit is 'n verborgenheid: ons bedink hoe ons foute ons lewe gestuur het. Maar jare later, as ons oor daardie nuwe rigting in ons geestelike reis nadink, gee dit opnuut weer rigting aan ons lewe. Ons beleefs iets msitieks: om te dink hoe ons verander het!Dit raak iets dieps in ons. En dit bring groter genesing.
Jy moet vir jou naaste lief wees, maar ook vir jouself.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2009
(275)
-
▼
July
(32)
- Vlieg teen die muur
- Reg vir die...
- Spiritualiteit as self-verbetering? Oor selfbehept...
- Die skokkende ervaring van die lewende God se gena...
- Navolging van Christus?
- Ons onvergeeflike foute. Oor die transformatiwe kr...
- Die dodelike sleur van elke dag
- "Ek is in 'n verhouding!"
- Om God se inwoning te ervaar
- God vernuwe lank voor ons besef. Oor Spiritualitei...
- Wanneer 'n mens nie meer mens is nie. Die wrede ge...
- Wat sê die Bybel self oor spiritualiteit?
- Is die mistiek wêreldvreemd?
- Sport en die lewe
- Die soekers maak die soektog mooi.... Oor die mist...
- 'n Mistieke lees van Efesiers 3:14-21. Oor die ver...
- Ons soek die liefde omdat dit liefde so mooi is. O...
- Leef die mistiek in liefde. Oor Hadewych van Antwe...
- Geluk in duisternis; oor sondebewoëndheid
- Sonde
- Altyd nuut: oor die mistiek, vaalheid en piña coladas
- Om te lees is om te waag. Oor die geestelike lees ...
- Die geestelike lees van die Bybel: oor die simbios...
- Bitterheid.
- Die mistiek van vriendskap
- Die geestelike lees van die Bybel: Oor hardop lees...
- Belangriker as God se gawes
- Die belangrikste van alles
- 'n Pa en 'n seun
- The cloud of unknowing. Oor 'n klasieke teks met '...
- Om nou voluit te leef...
- Die mistieke liefde inspireer en transformeer
-
▼
July
(32)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.