Die talk of the town:
Dis in hierdie dae bitter om Ingels te wees, nou na die sokker-game van die sokker-moeder wat gelykop teen Amerika afgeloop het.
Die doelwagter, Robert Green, se glipsie toe hy die bal in sy eie doelgebied laat inrol het, het die manne op die eilandjie skoon stil gehad.
Dit is hartverskeurend.
Maar nou is daar 'n paar stories:
Waarom laat Robert Green jou aan Eskom dink? Hulle laat jou albei op 'n kritieke tyd in die steek.
En blykbaar het Gerrard, die kaptein, na die wedstryd laat weet: Die hele span staan agter Robert Green. 'n Siniese ou het gereageer: dit is nogal terugskouend 'n goeie plek om te staan.
Bitter. Al hierdie bitterbekke. Of hulle nou nooit in hulle lewens foutjies gemaak het nie...
Maar by al die hartseer en grappe, is daar hierdie pragtige foto wat vertel van spangees....
Maar ai, die hartseer slaan dik uit op Terry en Green se aangesigte...
Nietemin, terwyl Green ons aan ons menslikheid herinner, het die wintertyd my oor die naweek in Gouritz weer eens verras. Fynbos is die Here se groot gawe aan ons land. In die vaal barheid van die winter, is die helder groen 'n byna mistieke teken van lewe.
Ek het die foto's vanoggend op pad terug geneem. Sommer langs die pad. Tussen die kaal, bruin klippe slaan hierdie spatsels van geil groen op, afgewissel met kelkies-blomme.
Fynbos laat my altyd aan God as die groot kunstenaar dink...
Sunday, June 13, 2010
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2010
(356)
-
▼
June
(32)
- Wie is ek? Die geestelike soeker se innerlike reis...
- Lees en luister. Om God se woorde te herkou. Bybel...
- Hoe die skaapwagter elke skaap se naam geken het. ...
- Hoe lyk die hemel?
- Hoe God naby aan ons kom. Oor die Boek Openbaring
- Donder en bliksem preke.
- Nutteloosheid as die sin van die lewe...
- Met 'n flenterkleed op God se weë?
- Vreugde wanneer God 'n mens insluk. As 'n Bybelver...
- Hoe lyk vreugde?
- Verdrietig verlore in verdriet.
- Die kerk wat nooit vergaan nie. Oor spiritualteit ...
- Reinheid van hart. Om God te sien...
- Geestelike begeleiding is 'n waagstuk. Oor heilige...
- Wanneer dit lyk of God se wil vir my lewe nie utiw...
- God se teenwoordigheid in geestelike begeleiding. ...
- Dit is so maklik om antwoorde uit te deel... Oor ...
- Fynbos en groot glips
- Op soek na ‘n dieper verhouding met God. Die sentr...
- Gebedmaats....
- Om die rooidag wakker te maak in tye van seerkry....
- Depressie
- Moslems en die mistiek. Oor die mistagogie (4).
- Die gevare van die geestelike reis en die mistagoo...
- Om vryheid te ervaar. Oor kosbare kinderlewens
- Kinder- en leke spiritualiteit!
- Dieselfde woorde - maar presies die teenoorgesteld...
- Origines en die mistiek
- Spirituele begeleiding of Mistagogie (2). Om met m...
- Om saam met ander die geestelike reis af te lê. Oo...
- Die vrede kom eers tot 'n mens as jy jou eie wil o...
- Driedubbele liefde. Oor (nugtere) liefdesmistiek b...
-
▼
June
(32)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.