Dit het my so aan die dink dat ek net daar my program opskort om iets daaroor te skryf.
Dit is ‘n wandeltog deur ‘n heel gewone streek, die Pionierspark wat hierdie klomp kaaskoppe aanpak. Boele Ytsma, die organiseerder, het die plek gekies bloot oor die naam, want sy boek, waarvan hy sy jongste produk, bekendstel met die tog (Authentiek, De zoeker en het verlangen) gaan dikwels oor die pionier.
Sewentig mense neem deel. Dis nie ‘n staptog vir die hogeres en die blinkes en die respektabeles en die ordentlikes nie. Jy kom as jy wil, jy loop so ver as jy wil en jy loop net.
Kyk na die beskrywing van die deelnmers:
Het is een bonte sliert van dominees, kerkleiders, schrijvers, vertegenwoordigers van organisaties, studenten of gewoon wandelliefhebbers die deze week de wandelschoenen aantrekt.
Inderdaad: ‘n bonte sliert. Hulle is, soos die organiseerder laat blyk, mense wat soek en verlang.
Nader bekyk, nog bonter:
Een wandelend statement is de pionierstocht van Ytsma al genoemd, omdat de tochtgenoten uit alle geloofsrichtingen komen. Katholiek, remonstrants, protestant of ’zoekend gelovige’ – een term van Ytsma zelf: de pionierstocht van de internetpastor uit Groningen groeide uit tot een oecumenische wandeling.
Só word die wandeltog opgesom:
“Maar inmiddels is het een pelgrimstocht geworden waarbij bijzondere gesprekken plaatsvinden tussen vreemden – over geloven, de toekomst van de kerk, over pionieren, over het zoeken naar zin. Want inmiddels lopen er spontaan tientallen ’tochtgenoten’, zoals Ytsma ze noemt, mee met de dominee.”
‘n Pelgrimstog waartydens mense met mekaar oor die diepere dinge praat. Oor die soek na betekenis.
Tog-genote. Mede-wandelaars. Reis-genote. Emmaus-gangers. Daar is ‘n gemeenskaplikheid. Hulle is almal in ‘n rigting op pad. Maar soekende, vraende, kykende, pratende. Selfs swygende.
En tog is daar nêrens iets inhoudeliks oor wat hulle nou alles oor alles te sê gehad het nie. Dit is, boeiend, die pelgrimstog self wat hier aan die bod kom.
Om saam te stap, vraende, verlangende is die vervullende. Jy kom, jy verdwyn, jy soek nie om iets uit die tog te kry nie. Jy loop bloot saam met ander.
En dan, aan die einde, volg hierdie beskrywing wat my boei. Iemand wil natuurlik weet, ook weer so Hollands, wat die “bedoeling” met die pelgrimstog is. En die antwoord is nogal verfrissend dat daar geen bedoeling is:
Want het is geen doel op zich om eenheid uit te stralen. Een journalist vroeg: wat is eigenlijk de bedoeling? Nou die is er niet. Maar ik kan er wel een verzinnen. Bijvoorbeeld dat het een mooi statement is dat er vormen zijn waarin de verschillen van mensen mooi uitkomen.”
„Ik ben heel goed in het organiseren van dingen”, zegt Ytsma, „maar niet zo goed in het verzinnen van goede redenen daarvoor. De meeste goede dingen zijn nutteloos. Zoals een vriendschap. Zodra een vriendschap voor een van de twee nuttig wordt, is de vriendschap voorbij. Dus, misschien is dat wel het mooiste aan deze tocht. Dat het nutteloos is. Aan het eind van de wandeldag concluderen tochtgenoten dat ze een soort ervaring van eenheid of verbondenheid hebben gevoeld. Maar op het moment dat je die eenheid zou willen zoeken, zou willen benoemen, dan ben je het kwijt. Ik zoek niet bewust naar die eenheid. Het moet als een bijproduct ontstaan.”
Die meeste goeie dinge is nutteloos! Dit sal ek lank uit hierdie berig bly onthou. Vriendskap en liefde is nutteloos. Sodra jy vriendskap nuttig wil maak, is dit verby. Dan is dit nie meer vriendskap nie, maar besigheid waarin die een die ander gebruik. Of ‘n kontrak: jy presteer en ek teen-presteer (soos Nouwen dit ook uitdruk).
Liefde besef ek, is eg omdat dit so nutteloos is. En liefde verdwyn wanneer die een die ander wil gebruik om sy of haar doel te bereik. Ek wil by jou wees as my vriend en as my beminde, omdat jy jy is. As ek by jou is, wil ek in ‘n Hooglied-stemming wees. Omdat ek by jou myself kan wees, selfs met my nukkerige, lelike kant. Juis omdat die lelike in my deur ons vriendskap, ons liefde besweer word. Omdat ek myself nie by jou hoef te bewys nie. Omdat jy my nie wil verander nie. Omdat jy my nie gebruik nie. Omdat jy nie van my ‘n teenprestasie verwag nie.
Soos God se verlore kind-liefde. Egte liefde.
In ons samelewing waarin alles mos “nuttig” moet wees, is dit ‘n ding om te sê.
En dan volg die vraag – eintlik die toets, die Dawid-Nathan gesprek: hoeveel mense kan by my werklik nutteloos, sonder verwagtinge, sonder aansprake van my kant af kuier en wees?
Of: anders gestel: hoeveel mense kan ek die ruimte gee om by my net hulleself te wees. Sonder bedreiging, sonder verwagtings, sonder aansprake, sonder eise, sonder vingerwysing? Bloot net as iemand wat sonder nut vir my is, maar tog kosbaar is.
Tot in die kleinste dinge is hierdie waarheid tog geldig: die mooiste dinge in ons lewe, fisieke dinge, is daardie nuttelose, waardelose voorwerpe wat ons lewe volmaak. Die verloofring met die klein saffiersteentjie toe ons in ons armoede verloof geraak het. Die een velletjie-brief wat pa vir my liefdevol in sy handskrif, bewerig van kanker-pyn, geskryf het net voor sy dood en wat in my Bybel weggebêre is – ‘n goue herinnering aan tye van veilig-voel, geborgenheid, aan kuier-tye. Die stukkend-geleesde Ou Vertaling Bybel wat ouma my gegee het die dag toe ek lidmaat geword het – jonk, vol ideale, gretig tot die vroomheid. Die rok vol blinkertjies, nogal, wat ek gedra het toe ek mondig geword het, die intrap tot die grootmens-lewe. Die uitgetrapte tekkies waarmee ek die silwer by die Comrades gewen het toe ek die laaste keer kon deelneem.
Eendag sal iemand hulle weggooi – al hierdie dinge. Hulle, die nuttelose voorwerpe, se kosbare raklewe sal ook uitgedien wees.
Maar in die geheue van God bly hulle vir ewig. En as ons, intussen, ons lewensreis aflê terwyl ons nutteloosheid ook bedink, herinner hulle ons aan hoe kosbaar ‘n nuttelose lewe kan wees.
Om sommer net saam met ander ‘n pad te stap.
Lees die hele berig by:
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.