Sunday, June 27, 2010

Hoe lyk die hemel?

Die mooi verhaal van Edward Hays gaan oor die vrou wat verskriklik graag meer omtrent die hemel wou weet. Sy het aanmekaar gebid dat God aan haar sou wys hoe die hemelse paradys is.

Op ‘n keer het sy toe ‘n droom. ‘n Engel kom haal haar hemel toe. Hulle loop in ‘n straat af totdat hulle by ‘n huis kom. Die engel sê haar aan om in die huis te gaan kyk vir ‘n antwoord op haar gebede.

Die plek lyk maar ordinêr. Sy stap dus maar met ‘n knaende hart daar in. Binne in sien sy ‘n paar mense. Een maak kos in die kombuis. Een sit in ‘n stoel en lees koerant. ‘n Paar kinders speel met hul speelgoed.

Sy loop maar ontnugter terug buitentoe na die engel.

“Is dit nou al wat daar aan die hemelse paradys is?” vra sy die engel.

Sy kry die antwoord: “Die mense wat jy in die huis gesien het, is nie in die hemelse paradys nie. Die hemel is in hul harte."

Onrustig die hart wat die voorhande vrede (en vreugde) miskyk omdat dit so gewoon lyk.


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive