Ek het Victor Hugo se Les Miserables uit 1862 (1200 bladsye) ‘n jaar of drie gelede gelees. Dit is op my lys van die 10 beste boeke wat ek ooit gelees het.
Dit is ‘n verhaal van die stryd tussen goed en kwaad. Maar, boeiend genoeg, is die boek ‘n deeglike ondergrawing en dekonstruksie van wat ons “goed” ag en wat ons as “kwaad beskou.”
Die donker figuur in die verhaal is die van die polisieman, Javert, wat Jean Valjean genadeloos agtervolg vandat hy 19 jaar tronkstraf uitgedien het omdat hy brood gesteel het vir sy suster en haar familie wat erg honger gely het. Maar elke keer ontkom Valjean op een of ander manier.
Ek onthou hoe Hugo vir Javier, die genadelose polisieman, uitbeeld as iemand wat die versinnebeelding geword het van die kwaad en die bose in sy oënskynlike gejaag na geregtigheid. Hy wil ten alle koste wet en orde handhaaf. Wette, is die boodskap van die boek, kan soms immoreel wees – en hulle wat sulke wette handhaaf maak hul skuldig aan onreg. Voordat Javier sy eie lewe neem, is dit dan ook die besef wat tot hom deurdring.
Dit alles terwyl die een wat hy vervolg, Jean Viljean, die sogenaamde skurk, die toonbeeld is van opofferende boetedoening. Na sy tronkstraf van 19 jaar en na sy ontmoeting met ‘n priester wat hom vergewe en aanspoor tot ‘n lewe van goed doen, wil Villon inderdaad sy lewe verander. Valjean is byna ‘n Christus-agtige figuur. Hy reik uit na ander ten koste van homself. En waar hy goed doen, doen hy dit sonder om daarmee te koop te loop.
Ek en Elsje gaan kyk die middag-vertoning van die musiek-blyspel. Die musikale verwerking is ‘n popularisering van die boek en die gehoor is, soos lesers van die boek oor baie tye, stil voor die aanslag op hul emosies. Voor my sit ‘n outjie en sy meisie en kort-kort is hulle sakdoeke uit en vee hulle hul trane af. (Die boek, ‘n reuse-sukses sedert sy publikasie, is deur sommige resensente as te sentimenteel beskou).
Maar die inhoud is so sterk dat dit die stuk dra. Dit is ‘n stuk wat sing van die liefde, liefde wat ‘n mens tot oor die grens van self-behoud dryf, wat soms so genadeloos misgekyk kan word, wat soms so seer kan kry, maar wat tog, altyd, die sterker mag is.
Van die uitvoering vanmiddag bly vir my tog so baie mooi daardie pragtige lied: He is only a boy. Hier praat iemand, aan die einde van sy lewe, biddend tot God om ‘n hand van beskerming oor iemand vir wie hy baie lief is.
Die akteur het vanmiddag sy hart stukkend gesing aan hierdie lied van Jean Villon vir sy aanstaande skoonseun vir wie hy leer ken as iemand wat sy aangenome dogter met ‘n passie lief het:
And I am old
And will be gone.
Bring him peace
Bring him joy
He is young
He is only a boy
You can take
You can give
Let him be
Let him live
If I die
Let me die
Let him live
Bring him home
Bring him home
Bring him home
And will be gone.
Bring him peace
Bring him joy
He is young
He is only a boy
You can take
You can give
Let him be
Let him live
If I die
Let me die
Let him live
Bring him home
Bring him home
Bring him home
Die musiek en woorde wat vanmiddag van die verhoog klink is ‘n belewenis.
Dit sing tydloos - Die ouderdom weet: as ons op pad is, weg gaan, vra ons vir hulle, die jonges, wat agterbly, van God ‘n lewe vol vreugde - meer nog, ‘n lewe vol vrede.
Dit sing tydloos - Die ouderdom weet: as ons op pad is, weg gaan, vra ons vir hulle, die jonges, wat agterbly, van God ‘n lewe vol vreugde - meer nog, ‘n lewe vol vrede.
En dan, teen die einde, die ander oomblik wat my bybly: Sê een van die karakters, “Om ‘n ander mens lief te hê is om die gesig van God te sien.”
Dit is geen wonder dat Hugo se Les Miserables een van die klassieke tekste in die wêreld-literatuur geword het.
Dit was ‘n geseënde dag vir my. Uiteindelik is my lank gekoesterde begeerte om die stuk te sien vervul.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.