Friday, October 19, 2012

Die armoede van besitlikheid

Nouwen skryf oor die belangrike rol van ingesteldheid. As 'n mens 'n opgaarder is, word 'n mens se lewe gevul deur suinigheid. 

Maar, opvallend, trek hy dit deur na 'n geestelike vlak: as 'n mens arm is aan mededeelsaamheid, word 'n mens se lewe gekenmerk deur veral besitlikheid. 

Die gevolg hiervan is dat 'n mens 'n arm mens word.  Arm in gees.

Die implikasie hiervan is dat jou armoede jou eie skuld is. 

Watter beslissende rol speel ons keuses tog!

Hier is Nouwen se stuk: 

Die versoeking om te vergaar


As angstige en bekommerde mense neig ons om ’n  mentaliteit te ontwikkel wat ons laat sê: “Daar is nie genoeg kos vir almal nie. Ek beter sorg dat ek genoeg vir myself wegsit in geval van nood,” of: “Daar is nie genoeg kennis vir almal nie, ek moet maar my kennis vir myself hou, sodat niemand anders dit sal gebruik nie,” of: “Daar is nie genoeg liefde om vir almal te gee nie, ek beter my vriende vir myself hou om ander te keer om hulle van my weg te rokkel.”
So praat ’n “skaarste”-mentaliteit. Dit wil alles wat ons het, opgaar uit vrees dat daar nie genoeg vir almal sal wees nie; dat ons nie genoeg sal hê om te oorleef nie.
Die tragedie is egter dat dinge waaraan ons vasklou op die ou ent in ons hande verrot.

Blog Archive