Thursday, October 18, 2012

Waarom ons so min van God se vrygewigheid raaksien. Oor die liefde wat ons oë open....


Ek wil bietjie nadink oor die dieper dinge wat ons lewenshouding dryf en bepaal. Ek is geboei deur wat Nouwen in sy Dagboek oor God se vrygewigheid skryf. Dit is 'n spesiale stuk waarin hy wys hoe ons vrygewigheid van God miskyk omdat daar in ons innerlike ruimte so 'n gebrek aan liefde is. 

Die teendeel is wat my boei: wie in die liefde leef, sal die wonder van lewe herken en bemin.

Hier is Nouwen se stuk:   

God is ’n God van oorvloed. Hy werk nie met skaarste en bietjies-bietjies nie.
Jesus onthul God se oorvloed wanneer Hy soveel brood vir die skare vermeerder dat daar twaalf groot mandjies vol oorskiet oorbly (Johannes 6:5-15), en Hy laat sy mismoedige dissipels soveel vis vang dat die boot amper sink (Lukas 5:1-7).
God gee ons nie net genoeg nie. God gee ons meer as genoeg: meer brood en vis as wat ons kan eet, meer liefde as wat ons ooit durf vra het.
God is ’n vrygewige Gewer, maar ons sal God se vrygewigheid net sien en geniet wanneer ons God met ons hele hart en verstand en al ons krag liefhet.
Solank as wat ons sê: “Ek sal U liefhê, God, maar wys my eers u vrygewigheid,” bly ons op ‘n afstand van God en kan ons nie ervaar wat God werklik aan ons wil gee nie –  en dit is lewe, oorvloedige lewe.

Blog Archive