In Spiritualiteit word dikwels gebruik gemaak van die beeld
van die geestelike reis. Dit is 'n gepaste manier om te praat oor God se transformasie van mense wat steeds weer as 'n proses voortgesit word.
Die beeld vertel hoe die mens as ‘n pelgrim op aarde steeds weer soekend is om God se wil te onderskei en in ooreenstemming met God se bedoeling te leef. Terselfdertyd is mens op pad na God
toe.
Dit is nie ‘n maklike reis nie: Dikwels word dit in die donker afgelê. Dit
is ook in vele opsigte ‘n kruisweg. Dit het sy tye van swoeg en sweet.
Dit is ook 'n tyd waarin 'n mens gedurig gekonfronteer word met die houvas wat die negatiewe en donker dinge op 'n mens het.
Die "reis" is 'n pragtige beeld om ons pelgrimstog na God uit te beeld.
Maar dit kan ook misverstaan word asof 'n mens van die wêreldse dinge ontslae moet raak en die wêreld moet afsterf.
Die boek Openbaring begin ook asof die wêreld nie die tuiste van die mens is nie: God
is op die hemelse troon (Op.4-5), waar vele hemelse wesens die heiligheid van
God en die Lam besing.
Dit is 'n besielende toneel: die hemel is vol van die heerlikheid van 'n God van totale lig. God die almagtige, die skepper van hemel en aarde,
is op die aarde afwesig (Op. 4:11, 8).
Die prentjie lyk maar sleg. Die troonvisioen vertel hoedat geen
mens in staat is om die verseëlde boek oop te maak nie. Die mensdom en die wêreld is totaal gekontamineer. Daar is ‘n akute spanning tussen
hemel en aarde.Wat lig is in die hemel, is op aarde donker.
'n Mens sou kon praat van 'n kosmologiese dualisme: die aarde en die hemel staan in sterk spanning teenoor mekaar - soos dag en nag.
In Spiritualiteit kan hierdie voorstelling dikwels daartoe lei dat 'n mens die aarde as die vyand van God, as die slegte plek, as die tronk beskou. Dit het in die vroeë Christendom dikwels gebeur. Die bekende Gnostieke groepe het op die manier gedink. Vir hulle moes 'n mens ontsnap aan die bande van die wêreld en bevry word tot die geestelike wêreld.
Openbaring wys 'n mens gou 'n ander prentjie. Die dualisme aan die begin van Openbaring
word aan die einde van die boek oorkom en opgelos: In Openbaring 21-22 kom die nuwe hemel en die nuwe aarde; die paradys keer terug en is weer op aarde te vinde.
Die tuiste van mense is juis op hierdie aarde. Niks daarvan word prysgegee nie.
Die tuiste van mense is juis op hierdie aarde. Niks daarvan word prysgegee nie.
Jesus se bede in die
Onse Vader om die koms van die Koninkryk, word in Openbaring vervul aan die einde van die tyd. Van dan af
is God se tabernakel weer by die mense (Op.21:3). Die tabernakel as die woonplek van God simboliseer God se direkte teenwoordigheid op aarde. Die spanning is opgelos. Die verlange na God word gestil. Die mens vind volkome rus in God se aarde.
Die blye liturgie van die hemelse
erediens in Openbaring 4-5 met al sy prysliedere vertel van die heerlikheid van
God waarheen die mens op pad is, maar wat uiteindelik weer op aarde sal wees
aan die einde van die tye. Dit teenwoordigheid van die tabernakel is simbolies:
die oorspronklike skeppingsorde is herstel en paradys is weer op aarde.
Openbaring vertel dus van die hervereniging van hemel en
aarde. Wat geskei is, word weer saamgebind. Wat verlore is, word teruggevind.
Wie volhard, sal deel kry in die paradys en aan die boom van die lewe. In Openbaring 2:7 word die getroue gelowige juis belowe dat God aan hom/haar sal gee om van die boom van die lewe te eet.
Wanneer 'n mens dus as geestelike reisigeer op pad is na God toe, vlug 'n mens nie weg van die wêreld in 'n afsondering of askese nie. 'n Mens keer terug na God wat die aarde geskep het. Daar is dus geen mistieke ontvlugting van gelowiges na ‘n hemel weg van die aarde nie.
Wanneer 'n mens dus as geestelike reisigeer op pad is na God toe, vlug 'n mens nie weg van die wêreld in 'n afsondering of askese nie. 'n Mens keer terug na God wat die aarde geskep het. Daar is dus geen mistieke ontvlugting van gelowiges na ‘n hemel weg van die aarde nie.
En die paradys is ook nie net 'n saak van die toekoms nie. Trouens, Openbaring vertel dat wanneer gelowiges aan die liturgie deelneem, hulle reeds die paradys binnegaan. Hulle beleef dan iets van die nuwe aarde wat God skep en wat God gaan terugbring.
Die wêreld word nie opgegee nie. Die wêreld is nie vir God onbelangrik nie. Trouens, die werk van God deur die Lam is juis om van hierdie wêreld 'n paradys te maak.
'n Geestelike reisiger is soekend na 'n tuiste in hierdie wêreld.