Monday, October 15, 2012

Die dou wat lewe gee...


Ek lees op 'n grafskrif by die kerk in Aurora  Jesaja 26:19.

Ek bekyk die Ou Afrikaanse vertaling:

U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op, en jubel, julle wat in die stof woon! Want u dou is ‘n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.

Mooi is die nuwe vertaling: 

Dié uit u volk wat gesterf het, sal weer lewe, Here, hulle sal opstaan. Word wakker en juig, julle wat in die doderyk is! Soos die dou lewe gee, gee u krag lewe, Here, die aarde sal hulle wat lankal gesterf het, lewend teruggee.

Om oor na te dink....

Blog Archive