Dana
Snyman se rubrieke lees altyd oor verskeie redes baie lekker. Ek het byvoorbeeld
geleer om sy rubrieke te lees in afwagting van die slot. Hy het altyd
merkwaardige slotsinne waarin hy aan sy skryfwerk dieper betekenis gee. Dit is
asof hy aan die einde in enkele woord vir sy lesers vra om sy skryfwerk op ‘n
hoër vlak te verstaan. Die slot word die onthullende oomblik wat lig op die
voorafgaande verhaal laat skyn.
‘n
Skrywer wat dit kan doen, styg uit bo baie ander en boei sy lesers.
Die
slotsinne van ‘n storie kan op ‘n heel spesiale manier closure of afsluiting bring.
Wie dit lees, herken ‘n afgeronde, betekenisvolle vertelling.
Dit
dink ek toe ek vanaand weer die slot van Lukas se Evangelie lees. Jesus verskyn
in die laaste hoofstuk daarvan aan sy dissipels en eet saam met hulle ‘n
gebraaide vis en ‘n stuk heuningkoek.
(‘n
Stuk heuningkoek? Is hieroor al ‘n preek gemaak?)
Aan
die einde van die ontmoeting laat Jesus hulle verstaan waaroor sy lewe gaan en
watter rol hulle voortaan gaan speel in die nuwe bedeling van sy bestaan as die
opgestane Jesus.
Hulle
sal, hoor hulle van Hom, getuies wees en daarvoor sal hulle besonder krag, die
krag van die Gees ontvang.
As
Jesus hulle verlaat het, volg die laaste twee sinne:
“En
hulle het Hom aanbid en na Jerusalem teruggegaan met groot blydskap. En hulle
was gedurig in die tempel en het God geprys en gedank. Amen.” (OV).
“Met
groot blydskap” en “God geprys en gedank.”
Lukas
praat hier van groot blydskap. Die afskeid, weggaan van Jesus is nie weer ‘n tydjie
van rou en smart nie.
Hierdie
keer is dit anders: Die dissipels verstaan uiteindelik wie Jesus is. Sy lyding
en opstanding was nodig om mense vryheid te gee (46-47) van alles wat verkeerd
geloop het en hulle gebind het.
Maar
wat God doen in Jesus – die merkwaardige, onverwagse gebeure wat hulle so
gesukkel het om te verstaan en wat hulle vryheid gee, bring hulle ook in beweging, belowe Jesus. Soos God na hulle toe
uitreik, so sal hulle hul deel doen. As getuies, kragtig gemaak deur God se
genadegawe, maar hierdie keer aan alle nasies (vers 47). Die mens word akteur
in die volgende toneel oor God se dade in ons wêreld.
Nie
net word die toekoms belig nie, en ook die mens se nuwe rol as mede-speler
belig nie. Lukas sluit ook sy verhaal af: Hy het sy Evangelie begin met
beloftes aan Maria en Sagaria in die tempel. Die beloofde Een sal na hulle en
hulle mense kom as bevryder van die Joodse mense. Toe was daar ook groot vreugde.
Maar
nou gaan God in groter ruimtes in: God betree
die wêreldspasie. Almal, ver buite die Joodse volk om, sal vanuit die hart van
die Jodedom uitgenooi word om in vryheid te deel.
En
die dissipels sal hierdie keer die verhaal verder voer – soos dan in Handelinge
inderdaad gebeur.
Hieroor
is hulle bly. Baie bly. En gaan hulle na die tempel. Net soos Sagaria aan die
begin in die tempel was.
Die
verhaal van Lukas oor Jesus kom so tot closure, tot afsluiting. Die egte
betekenis van Jesus word verduidelik.
Vandaar
dus die vreugde.
Dit
is ‘n vreugde in God: die dissipels weet hulle lewe is in lyn met God se wil.
Hulle is deel van God se plan. Hulle word opgeneem in wat God doen.
Dit
is soos kitaarspel. God, die kunstenaar, stel die snare in en bespeel dit. Maar
die snare resoneer mee, gee ryke klanke af wat die melodie oordra en in baie
ore ingaan as blye musiek.
Alles
is nodig – die Een wat speel en die ander wat resoneer – om hierdie vreugde te
kan ervaar. Hierdie een groot harmonie, dat almal op mekaar ingestem is, dat
almal die dieper dinge kan herken – dit is wat vreugde gee.
Hoe
kyk ons dan hierdie punt verby: Lukas is die Evangelis van vreugde. Hy laat sy
verhaal in goddelike vreugde eindig. En hy vertel hoedat mense voor God in
aanbidding staan, verwonderd dat hulle in vreugde deel kan wees van God se
teenwoordigheid.
Lukas
vertel van die intieme verhouding tussen God en mens. Nie God nie, en ook die
mens leef nie vir hulle self nie. Altyd weer is God en mens op mekaar ingestel.
Wat God doen raak die mensdom en die mensdom reageer en resoneer op hierdie
dinge wat God doen en werk.
Dit
beteken dat die mens die betekenis van sy /haar bestaan buite hom- of haarself
vind. Om saam met die diepere dinge te wees, bring geluk. Om saam met ander die
dieper dinge te ervaar, vul ‘n mens met vreugde.
Vreugde is dus veel meer as 'n emosie, 'n opwelling van goeie gevoelens.
Dit is 'n diepe wete dat 'n mens deel is van rykdom wat veel groter as jouself is en wat jou laat deel in alles wat mooi is.