Saturday, March 16, 2013

A New Pope and "The Most Corrupt Vatican Since the Borgias"

Matthew Fox is een van die bekendste kontemporêre skrywers op die gebied van Spiritualiteit.

Hy is veral bekend vir sy Spiritualiteit van die Skepping. Dit is 'n Spiritualiteit wat fokus op, soos die New Western Dictionary of Spirituality dit beskryf, die praktyk van ontsag en verborgenheid wat 'n mens in die hart van die skepping aantref. Alles wat lewe, word in die Spiritualiteit beklemtoon, is deur God geskep en geseën. Daarmee onthul hulle die wysheid van God soos dit inherent deel van die skepping is.

Fox het opvallend veel gedoen om die negatiewe aard en gevolge van 'n skuld-kompleks in Westerse denke uit te wys. Meer nog, hy het die benadruk hoe belangrik is die gawe tot 'n lewensstyl waarvolgens 'n mens lewe met lofprysing en met 'n instelling om te seën en te vier.

Daarmee het hy aan Spiritualiteit 'n besonder positiewe karakter gegee en aan ons werklikheid 'n waardevolle plek en rol.

Hieroor wil ek later skryf. Intussen was ek geïnteresseerd om te lees oor wat hy sê van die nuwe pous. Ek loop die onderhoud met hom raak op Real News Netwerk.

Die onderhoud is nie goeie kykstof nie. Hy vertel hy sien  die nuwe pous as deel van 'n groter netwerk wat ystere beheer oor die kerk uitoefen. Hy sluit nie uit dat Franciskus dalk iets aan die saak kan doen nie of dat daar vernuwing in die kerk kan kom nie. Maar in die geheel skets hy 'n beeld van 'n instelling wat in 'n diepe magstryd verwikkel is.

Nietemin: ek vra my af, by die kyk van die video, waarom die nuwe verkiesing van 'n pous my aandag vasvang. Dit is so dat die media daarvan 'n sentimentele saak maak. (Boeiend is Fox se verwysing na Jung in die video: agter sentimentaliteit sit geweld!). Hulle, in 'n media-woede, maak die hele storie soet en sappig.

Maar vir my, besef ek, het my blootstelling aan soveel kollega's in die buiteland, my bewus gemaak van die knellende mag van die kerk oor hulle lewens. Die afgelope paar maande het dit my byvoorbeeld  opgeval watter intense spanning deur 'n inkwisisie-agtige ondersoek van die Vatikaan in Amerika opgeroep is. 'n Kommissie van die kerk het op allerhande vreemde maniere die werk van Noord-Amerikaanse vroue ondersoek en op 'n outoritêre manier in hul organisasie ingegryp. Dit is vroue wat op toegewyde manier en dikwels in haglike omstandighede hulle lewens gewy het in diens van die evangelie. Hulle is  op allerhande maniere verneder en verdag gemaak.

Fox, self vroeër 'n priester, gee ysingwekkende voorbeelde van ander gevalle.

Ek begryp dus al hoe meer hoe die mag van die Vatikaan die lewe van die kerk tot in die verste lande kan bepaal. En wie aan die hoof daarvan staan, het unieke geleenthede.

Dit maak dus saak wie die pous is en wat hy doen.

Die video is die moeite werd om rustig bekyk te word.






Blog Archive