In die week is daar 'n berig oor die Rooms-Katolieke kerk in Frankryk wat prakties leeg loop aan lidmate. Voor die deure van sy katedrale staan daar egter lang rye toeriste wat die katedrale oor hul skoonheid wil sien.
Die rykdom van sulke katedrale, die ingenieursvernuf, die simboliek, die kuns, die akoestiek en die orrels laat 'n mens steeds weer in verwondering staan.
En met gemengde gevoelens, omdat daar soveel rykdom en geld in sulke geboue ingepomp is, terwyl daar soveel armoede bestaan.
Dat die uiterlike skoonheid van die kerk nie altyd in spanning hoef te staan met die kerk se innerlike aantreklikheid nie, hang vir my saam met hulle wat in daardie kerke werk. Deur die eeue was daar altyd groot klompe geestelike werkers soos Franciscus, Moeder Teresa, Floris Nightingale en vele ander wat na die armste van armes uitgereik het.
Maar daar was ook altyd die geestelike leiers wat hulle nie verbeel het oor hulle amp of hulle aangestel het oor hul mag en hul groot katerdrale nie.
Hier (in vandag se Trouw) is 'n berig oor een van die kardinale uit die Filippyne wat teoreties in aanmerking sou kon kom om die volgende pous te word. Hier is hoe die joernalis sy faam as priester en kardinaal beskryf:
Dat zou namelijk betekenen dat de kardinalen de 55-jarige Luis Antonio Tagle hebben gekozen. Het is zeer onwaarschijnlijk. Want hij is te jong en onervaren in bestuurlijk opzicht. Maar als het volk zou mogen kiezen, zou het zeker voor de Filippijnse Tagle kiezen. Deze aartsbisschop van Manila is een goedlachse, beminnelijke man. Hij is actief op Facebook en heeft meerdere filmpjes op YouTube. Hij wordt de Obama uit Azië genoemd en meer dan wie dan ook is hij in staat jongeren aan zich te binden. Het verhaal gaat dat hij met de bus naar zijn werk gaat, omdat hij anders nooit 'normale' mensen ontmoet. Regelmatig zou hij ook daklozen uitnodigen om met hem te lunchen.
Die "volk", die gewone mense, die armes van die land, sou hierdie "beminlike mens" as pous wou hê. Hy is die kardinaal wat bus ry, wat met daklose mense saam eet, wat na jongmense uitreik.
Laat 'n mens dink aan die gelukkige armes van die Bergrede aan wie die koninkryk behoort. En aan die vraat en die wynsuiper wat met die verworpenes gekuier het. Terwyl die hoës en die rykes en die magtiges Hom uit die pad wou kry.
Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde. In innige omgang met ander, gewone verkeer met alle mense, straal 'n mens die Beeld van God uit.
In ons tradisie het ons (gelukkig) nie 'n pous nie. Ons het wel baie klein pousies. Maar vir die pous in Rome en die pouse in ons gereformeerde wêreld geld almal hierdie een maatstaf: of ons die beeld van Christus, die een wat dienskneg geword het, in 'n honger wêreld indra. Daarin word die mag van die evangelie gevind.
Met die Beeld sal die rye toeriste bankevol lidmate word.