Sunday, January 31, 2010

Vroomheid kan gevaarlik wees. Oor dissipelskap.

In 2 Timoteus 3:5 lees ons dat mense heilig en vroom kan leef. En tog kan hulle sonder krag wees. Die Bybel onderskei dus tussen ‘n kragtige heiligheid en ‘n kragtelose, tam vroomheid wat nie net ander nie, maar die vrome self tot niet kan maak. Des te meer omdat die vroom mens wat die pad van dissipelskap byster geraak het, nie eers bewus is daarvan nie.

Dit is ‘n ou boodskap hierdie: dit is dikwels juis gelowiges wat deur hul vroomheid die grootste skade aanrig.

Deur die eeue het die geestelike wyses daarom uitgewys dat die geestelike reis ‘n proses is. Die verhouding met God moet gedurigdeur verdiep word. Paulus het daarom gepraat van “vleeslike” mense wat nog op ‘n melkdieet is (1 Kor.3:1-3) en dus nie geestelike volwasse raak nie. ‘n Mens kry ‘n kinderagtige, onvolwasse en skadelike vroomheid wat ‘n gemeenskap uitmekaar kan ruk – soos in Korinte gebeur het. As God ‘n verhouding met die mens aanknoop, impliseer dit ‘n verlange om toenemend en in alle opsigte as ‘n dissipel van God te leef, wat ook al die eise en uitdagings van die geestelike reis is.

Dissipelskap is ‘n sleutel-motief in Spiritualiteit.

Heel eenvoudig kan ‘n mens dissipel alleen wees deur in God se teenwoordigheid te bly. God gee rigting op die geestelike reis van dissipelskap deur die wyse woorde van geestelike leiers oor eeue heen. Wat hulle oor hul geloof skryf en wat as “Bybel” vir ons bewaar is deur latere geslagte, word vir ons die “lamp” vir die pad – soos die Psalmdigter dit digterlik uitgedruk het. In hulle wyse woorde sien ons hoe hulle God se teenwoordigheid in hulle lewens ervaar het.

‘n Dissipel waak en bid, soekende na God in ‘n ruimte van heiligheid. Paulus het tydens ‘n groot krisis in sy lewe toe mense gedink het hy verloën God se wil, vir sewe dae lank gesoek om “gereinig” te word in die Jerusalem-tempel waar hy met vier ander ‘n ritueel uitgevoer het wat onder andere beteken het dat hulle hul koppe afgeskeer het (Hand.21:17-26). Dus: drie dae lank het hy hom afgesonder in God se heilige plek en ‘n eeue-oue ritueel beleef. Hy het meegemaak hoe vier mense hul hare laat afskeer het en dus hulself beskikbaar gestel het vir reiniging. Hy wat gepreek het dat God deur Christus en nie die wet nie, mense heel maak, moes op hierdie stadium van sy lewe besef dat dinge nie so eenvoudig is nie. Hy moes leer en volwasse genoeg raak om te besef dat ook die wet op een of ander manier nog goed is, al is Christus die enigste naam... Hy het meer volwasse geword. Hy het God se wil beter begryp. En hy het in die proses sy verhouding met die Jode opnuut bekyk en vernuwe.

Godsdienstige mense, Paulus inkluis, is lerende dissipels wat op ‘n sleutel-oomblik bereid is om stil te word met die vraag na God se wil vir hulle lewens en wat bereid is om hulself weer te ondersoek vir dinge wat hulle verhouding met God belas en skade aandoen. Dit is egte dissipelskap – om dieper te groei in ‘n mens se verhouding met God deur in God se teenwoordigheid jou eie wil prys te gee en God se heerlikheid te soek.

Daar is nog heelwat ander aspekte van dissipelskap.

‘n Lewe van dissipelskap kan soms wreed eenvoudig wees. Vir Jesus het dit beteken dat ‘n mens al die dinge wat andersins so belangrik in jou dagboekie uitstaan, met ‘n kritiese oog moet bekyk. Laat dit maar los wanneer die geloofsreis dit vra. God kan nie geskenke van genade uitdeel aan die hand wat krampagtig vashou aan aardse, verganklike dinge nie. Dissipelskap is, soos so baie mistici dit onderstreep, begin as ‘n heel eenvoudige lewe voor God, sonder fieterjassies en daaglikse gekarring. Wie vrede wil vind, sal dit binne-in hom- of haarself ontdek, daar waar ‘n mens se wil in volledige harmonie met God se wil vir jou lewe is. ‘n Hiper-aktiewe mens, innerlik arm, word ‘n egte dissipel wanneer hy of sy weet dat die dinge van God altyd eerste kom.

So eenvoudig as wat hierdie boodskap is, so eenvoudig is die manier waarop ons op God wag. Ons wag op God in alleenheid sodat God kans kry om te praat. God woon in die stilte. Daarom is die tyd van ons afspraak met God, ‘n “stilte-tyd”. Dit is die tye van rus, van heel-word, van genesing en van innerlike vervulling. ‘n Mens kan nie ‘n dissipel van God wees as ‘n mens nie alleen tyd met God deurbring nie.

Hiermee is dissipelskap al vol betekenis gelaai, want dit impliseer dat ‘n mens nie jou eie god is nie. As dissipel is die mens se lewe gerig op God en op wat God vra. Dit beteken dood”eenvoudig” dan dat ons daarna soek om die minste te wees. Die dissipel wag op God, maar word deur God ryk van genade teenoor ander gemaak. Dit maak moeg om gedurig vir ‘n plek in die son te baklei. Maar min dinge maak ‘n mens innerlik so ryk soos die gevoel dat ‘n mens ‘n verskil in ander se lewens maak. Rykheid, sê Jesus, lê in wat jy gee, nie in wat jy insamel nie. Dissipelskap vind sy krag in die leef vir die Ander. Soms, na ‘n tydjie van harde, harde werk om vir ander te gee, sit ‘n mens doodmoeg terug, maar tog vol innerlike krag. Ek het my moeg gewerk, maar ek sal dit nog baie kere kan doen.

Maar te dikwels word ons weer dissipels wat niks anders as maar net nog ‘n klomp aktiviste is nie. Dissipelskap is nie net om iets vir ander te wees of te doen nie. Die geloofsreis beteken dat ‘n mens die pad in die teenwoordigheid van God saam met ander stap. Daarom is die gemeenskap van die heiliges so belangrik. Die korporatiewe element is wesenlik vir dissipelskap: om saam met ander te aanbid, te bely of om sommer net saam met ander vir God te verheerlik. Niemand kan sonder die ondersteuning van ander die geloofsreis aanpak nie. Maar die ondersteuning is veral te vind in die manier waarop gelowiges saam met mekaar in die teenwoordigheid van God leef en aanbid. Wat tel is nie soseeer of ons daar is vir mekaar nie, so belangrik soos wat dit ook al mag wees. Kragtiger is dat ons saam by God kan wees.

Dikwels, baie dikwels, stap ons uit só ‘n tyd van saam-wees met ander by God en wéét ons – ons het nuwe moed, nuwe krag, ons het ‘n paar treë vorentoe geneem op die weg van ons geloof.

‘n Mens kan vroom wees sonder om ‘n dissipel van God te wees. Die vraag is nie of ‘n mens vroom is nie. Die vraag is na watter soort vroomheid ‘n mens strewe. Dit is nie verniet dat ons dikwels praat van die krag van die Heilige Gees wat in die geloofsreis duidelik moet blyk nie.

Saturday, January 30, 2010

Om uit te hou, vas te byt en nie tou op te gooi nie. Om Geestelike traaghed en tamheid te oorwin.


In mistieke literatuur is geestelike traagheid of luiheid dikwels uitgelig as ‘n bedreiging van die geestelike lewe, soos ons in die twee vorige blogs gesien het. Die luiheid en gebrek aan dissipline kan gelowiges depressief en treurig maak, het hierdie tekste uitgewys. Maar, beklemtoon hulle verder, ‘n mens kan ook van dissipline weghardloop deur baie besig te wees. Geestelike tamheid steek homself dikwels agter hiper-aktiwiteit weg.

Vir die mistagogie van die vroegste tye kon hierdie verskynsel dodelik wees. Dit kon 'n mens se geestelike reis onherroeplik knak.


In die woorde van die Nuwe Testament sou ‘n mens amper kan sê: ons sif die muggies, maar laat die kamele deurval. Ons hardloop agter die onbelangrike dinge aan, ons word ontmoedig deur sekondêre dinge want ons kom nie uit by wat regtig saak maak nie. Selfs die mooi dinge in die lewe word dan ‘n struikelblok vir geestelike groei. Al die goeie dinge waarmee ons besig is kan uiteindelik ‘n slegte invloed op ons lewe hê.


Waarom is dit so dodelik?

Geestelike tamheid en traagheid kry ons onder omdat ons nie uitkom by die geestelike dinge wat vir ons geestelike reis die belangrikste is nie. Uiteindelik sterf die siel weens die suurstof van die lewe wat dit nie kan inasem nie.

Hieruit is dit duidelik dat ons moet leer om vas te byt, want deursettingsdrif is die medisyne teen traagheid en tamheid.

Iets van die lewe in die algemeen is ook waar van ons geestelike reis: ons kan nie tou opgooi in die middel van die wedstryd nie, al gaan dit hoe sleg. Eers as die laaste punt gewen of verloor is, kan ‘n mens ophou speel. Soms vra dit baie sweet, inspanning en toewyding. ‘n Goeie sportman weet dat daar dae kom dat ‘n mens maklik wen, maar daar is ook die dae dat ‘n mens dink jy kom nooit by die einde van ‘n wedstryd uit nie. Uithouvermoë is wat tel. En juis as ‘n mens vasbyt en aanhou, is die uiteindelike oorwinning soveel groter en intenser, of, selfs al wen jy nie, is die vreugde van 'n eerbare wedstryd waarin jy jou beste gegee het, soveel groter.


Dit beteken dat ‘n mens vir jou geestelike reis veral een groot doel moet uitspel – en dit is om die reis met volharding te loop. Die Emmausgangers in Lukas 24 het tou opgegooi, skryf Lukas. Hulle het Jerusalem verlaat. Hulle het gedink alles het op niks uitgeloop nie. En hulle harte was swaar, hulle gesigte somber. Depressie het oor hulle lywe uitgeskryf gestaan. Hulle kon nie volhard nie.

Die mistagoë het daarom deur die eeue veral vir die jong resigers aangemoedig om te volhard. Hulle het acedia uitgesonder as ‘n gevaar en as teenmiddel die deug van vasbyt as ideaal voorgehou. En volharding is inderdaad ‘n belangrike deug in die Bybel. Paulus praat van die goeie stryd wat hy tot die einde gestry het, sonder om tou op te gooi. Op sy oudag skryf hy dankbaar: Ek het die goeie stryd gestry, ek het die wedloop klaargemaak, voleindig (2 Tim.4:7). In sy laaste rede sê Jesus aan sy volgelinge: “Wie volhard tot die einde toe, sal gered word” (Mt.24:13). Die teenpool van acedia is daarom volharding. As ons die geestelike reis begin, moet dit wees met die wete dat dit stamina gaan vra.

Die wyse mistagoë het nie net vir hulle treurige, hiper-aktiewe jong medereisigers gesê hulle moet maar vasbyt nie, maar vir hulle ook geleer hóé om vas te byt. En jare se ondervinding het hulle heel prakties daaromtrent gemaak. Daar was nie allerhande ingewikkelde teorieë of net algemene moed-inpraat nie. Die raad was heel eenvoudig.

Ek het so bietjie hul raad bekyk en dit so volg vir ons tyd vertaal:

• Sing of luister ‘n geestelike lied wanneer jy begin traag raak.
• Lees ‘n Psalm of luister na iemand wat ‘n Psalm lees.
• Moenie met jou stiltetyd ophou nie, al ontbreek die konsentrasie.
• Sê vir jouself dat jy gaan bly in die plek waar jy jou afgesonder het en nêrens anders heengaan nie.
• Wees bewus van hoe min kans jy het om geestelik te groei en hoe belangrik dit is om elke geleentheid daarvoor te bly soek – selfs al sukkel dit
• Sê vir jouself dat dit menslik is om kwesbaar, traag, tam en ongemotiveerd te wees.
• Dink na oor jou fisieke omstandighede. Ondersoek of jy jou liggaam genoeg versorg om te kan volhard. Vra of die traagheid dalk ‘n teken is dat jy meer moet rus, beter na jouself moet kyk, gesonder moet eet, oefening moet kry.
• Sommige van die mistagoë het selfs aanbeveel dat ‘n mens eers ‘n slapie moet vang of ‘n warm bad moet neem voordat jy met jou geestelike oefening aangaan. Met ander woorde, laat jou liggaam sterk wees, maar sorg ook dat jou omstandighede gunstig is.

In al hierdie klein, konkrete dinge wil ‘n mens veral volharding oefen, leer die geestelike wyses. Dit was die doel van hulle fokus op acedia as 'n doodsonde. Hulle wil nie vinger rondswaai en wette opnoem nie. Hulle herinner daaraan hoe belangrik geestelike inspanning is en hoe feilbaar die geestelike reis is as die reisiger dit nie ernstig bly soek nie.

Maar altyddeur is daar in al hierdie aktiwiteite die gebed aan God om uithouvermoë, om volharding, om te kan vasbyt. Wie vra, het die Wyse Een geleer, sal mildelik ontvang. En net die vra van inspanning is al 'n tree in die rigting van 'n oorwinning.

Friday, January 29, 2010

Om bedroefd die rug op vrede te keer. Oor die sonde van geestelike traagheid (acedia)

Ek het in my blog van twee dae terug so bietjie geskryf oor die sonde van “traagheid” of acedia (ook accidia gespel en met “vadsigheid” as ‘n ander Afrikaanse woord).

Toe het ek die verhaal van die groot en invloedryke mistikus, Evagrius van Pontus in sy Praktikon oorvertel oor die monnik in die klooster wat tipies teen 10 uur in die oggend begin uitsak met sy geestelike oefening. Hy raak moeg en lui, want die dag begin lank word en die son beweeg maar stadig na die uitspantye wanneer hy so bietjie kan terugsit, uitgaan, eet en ander dinge doen. Dis duidelik, wil Evagrius eintlik vertel, maar ‘n ding om op God te wag - selfs as jy 'n monnik is. Of miskien veral as jy 'n lewe van volmaaktheid jaag!

Die monnik begin dan allerhande slim verskonings soek om rond te loop om eerder ander lekkerder dinge te doen. Dis duidelik nie dat hy kwaad wil doen nie of dat hy in versoekings om slegte dinge te doen, verval nie. Dit is alles onskuldige dingetjies wat hom oorval. Daar is sy gewone menslike behoefte aan kontak met ander. Hy, wat in stilte op God wag, verlang emosioneel na intimiteit van ‘n meer konkrete manier wanneer hy gou die geselskap van ander mense wil opsoek. En in die proses word dit vir hom belangriker as sy wag op God. ‘n Hele kettingreaksie begin. Hy raak opgewerk en begin voel dat ander mense niks vir hom omgee nie. Hy voel te na gekom. Hoekom kom soek sy vriende hom dan nie op nie? Hoekom ignoreer almal hom? Sy gebrek aan geestelike dissipline kring op die manier uit om ook sy verhoudinge met ander af te breek.

Dit is nou die ervaring wat oor hom spoel terwyl hy besig is met sy geestelike oefening...

Maar die duiwel ploeg dikwels dieper: hy sukkel nie net met die gelowgie mens oor ‘n tydelike uitsak wanneer die dag begin lank en vervelig word nie. Die duiwel van Acedia werk dieper – hy karring uiteindelik selfs met die roeping wat die monnik gevoel het toe hy op die kloosterlewe besluit het. Terwyl die gelowige mens op God wag, oorval allerhande dwaal-gedagtes hom of haar. Sy of hy begin as gevolg van die dwalery selfs om hul verblyf in die klooster te bevraagteken. Kan ek die Here nie maar net so goed in die wêreld dien nie, begin hy wonder, want God kan eintlik mos op enige plek aanbid word? Op die manier gee hy die dinge waaroor hy eens op ‘n tyd so ernstig gevoel het, prys. Sy entoesiasme taan, sy toewyding verslap en traagheid slaan in al sy felheid toe. Dinge lyk al teen tien uir die oggend maar valerig. Dit is nie dat hy sleg word of ongelowig word nie.

Evagrius van Pontus is deel van ‘n lang spiritualiteitstradisie wat beklemtoon dat dit ‘n probleem is wat eie is aan die gelowige reis van God. Traagheid is onvermydelik. Vadsigheid is ‘n wesenlike deel van ons lewe en wandel met God.Die geestelike begeleiers het besef watter probleme dit vir 'n mens kan veroorsaak en dit uitgesonder as 'n bedreiging.

En wie herken hierdie patroon dan nie? Die aanvanklike ywer waarmee ons ons bekering beleef en die gloed wat God se aanraking in ons lewe bring, begin afneem en verkoel. Sommige kerke praat van ‘n drie jaar tydperk: mense wat as volwassenes ‘n dramatiese geloofservaring beleef , val dikwels binne ‘n kwessie van drie jaar terug. Daar is iets in mens-wees wat een of ander tyd die doodsonde van acedia aan die brand steek. Ons noem hom ‘n “duiwel”, maar ons weet dit is iets wat uit die diepste van ons binnekant kom. Daarom moet ‘n mens al die kante van hierdie vernietigingsproses bekyk:

Aan die een kant werk acedia negatief met heel donker gevoelens in ons. ‘n Depressie oorval ons. Ons voel terneergedruk. Hoekom werk dinge vir my op geestelike gebied nie uit nie? Ek het tog die goeie tye, wanneer ek naby aan God kom en voel. Hoekom voel ek dan ander oomblikke so leeg? Hoekom is my wonderlike ervaring in my stiltetyd net so verskriklik ver weg wanneer my dag eers op gang kom? Waarom het ek so min deursettingsvermoë? Waarom verdwyn al my mooi voornemens soos mis voor die son soos ek op reis gaan en die vaalheid van die dag begin toeslaan?

Dit is negatiewe gevoelens wat moeilik is om te verwerk, veral as ‘n mens se bekering intens was en as ‘n mens naby aan God gevoel het. Die gelowige verlang na die goeie, maar erf droefheid.

Hierdie persoonlike ervaringe slaan ook deur op ander vlakke: waarom kan ‘n groep mense,’n gemeente, ‘n besigheid met groot toewyding begin om nuwe dinge te doen wat van die wêreld, van hul gemeenskap en van hul besigheid ‘n beter plek moet maak, maar dan word die hele groot opgeblaasde ballon op ‘n stadium tot ‘n lamlendige stuk papheid afgeblaas?

Maar Acedia as traagheid is ‘n duiwel wat nie net as depressie en teleurstelling sigbaar word nie. Want dit is ‘n slim duiwel, hierdie Acedia. Hy werk nie net met ‘n “lamheid” wat ons ongelukkig maak en ons vrede wegneem nie. Baie mense is diep depressief sonder dat hulle dit besef. Hulle steek hulle depressie weg deur orals heen te jaag. Ons jongmense soek die avontuur, doen wonderlike interessante dinge, soek geselskap op, besoek die een fliek na die ander , dans hulle lywe lam in die disko’s terwyl hulle innerlik, soos Bono dit sê, uitroep en smeek om vervulling. Hulle honger na vervulling en geestelike traagheid jaag hulle aan, onrustig, van die een soektog na die ander.

Die monnik in die klooster wil gou gaan soek na iemand om mee te gesels, gou gaan kyk hoe laat dit is, gou gaan kyk of iemand nie hulp nodig het nie. Hy is aan die gang, bly dink, beplan, soek uitkoms, woel en werskaf.

Hierdie gewoel en gewerskaf gebeur ook met groepe mense, in hiper-aktiewe gemeentes waar mense al die mooi dinge jaag. Maar die gewone gelowige ken hierdie stryd net so goed: Ook in ‘n mens eie, persoonlike geestelike reis skuil daar agter mense se hiper-aktiwiteit ‘n diepe depressie. Die hiper-aktiwiteit het ‘n pragtige voorkoms en kan op die mooiste manier na vore kom. Ons jaag agter die goeie dinge aan, maar dikwels doen ons dit verbete, met ‘n angstigheid en ‘n onrustigheid soos ‘n monnik wat kort-kort op sy horlosie kyk of by die venster uitloer.

Die kombuis-sake, die kantoor-sake, die skool-sake, die kerk-sake, die gesinsake – al die mooi en belangrike dinge in die lewe stuur en beheer ons lewens. Ons bodder tog nie met dwelms, drank, dobbel en ander dinge nie. Ons jaag werklik die “goeie dinge” in die lewe, soms sonder dat ons naby aan God voel. In die hiper-aktiewe leefstyl knyp ons van ons eie-tyd en stilte-tyd af, bid maar agter die stuurwiel of die kospotte, lees kits-geestelike stukkies. Hoe meer ons na God verlang, hoe minder voel ons God se nabyheid.

Ons voel nie dat ons afskeep nie, want ons laai ons lewens met mooi, lofwaardige dinge. Trouens, die probleem hier is juis dat ons nie al hierdie aktiwiteite wil afskeep nie omdat dit vir ons so “belangrik” is. En deurdat dit ons dwing om eie-tyd en stilte-tyd en tyd-vir-God-alleen as net nog ‘n belangrike saak te beskou, mis ons juis dit wat die “belangrikste” is. Ons jaag van plek tot plek en ding tot ding, ons program is vol van kantoor, kerk en kinders. En ons jaag weg van die stilte, van die rusplek, van God. En die uiteinde daarvan is Acedia. Geestelike lamheid, tamheid en traagheid. Vadsigheid.

Die ryk jongman, het Jesus in Matteus 19:16-30 gewys, was ‘n diep geestelik mens wat gejaag het om “die goeie dinge” te doen. Daar was in sy lewe ‘n transformerende krag aan die werk. Sy verhouding met God het sy lewe mooi gemaak. Hy is ‘n jongmens vol ideale, van kindsbeen af soek hy die dinge van God (Mt.19:20) – hy is ‘n kind van God in meer as een sin van die woord. Hy is ‘n inspirerende mens, want hy, anders as van sy tydgenote, kom ook by Jesus geestelike voedsel soek. Hy kom sy by die voete van Jesus. Hy jaag volmaaktheid (Mt.19:21). Hy het al hierdie goeie dinge gedoen wat ‘n kind van God behoort te doen. Oor hierdie ryk jongman sou 'n mens 'n pragtige preek kon maak.

Jesus het hom liefgekry oor sy verlange na God. Juis omdat Jesus sy diepe behoefte herken en bewonder het. Jesus het vir hom baie rykdom aangebied. Maar die probleem was dat dit hemelse rykdom was. Jesus het vir hom die nabyheid van God aangebied: "Volg My," want deur met Jesus op reis te gaan sou sy soektog op ‘n einde gekom het en sou hy die innerlike vrede waarna hy so verlang het, gevind het. Maar God, hoe belangrik ook al in sy lewe, was vir hom nie só belangrik dat hy alles sou opoffer om by God te bly nie.

Hiper-aktief: jaag al die goeie dinge. Soek selfs vir Jesus op. Maar dan slaag Acedia toe. En, lees ons in die verhaal van die ryk jongman, hy het “bedroef” van Jesus weggegaan, die rug gekeer op die Een by wie hy vrede sou kon vind. Acedia of geestelike traagheid is daarom niks anders as ‘n verwaarlosing van dit wat die lewe die moeite werd maak nie.

Hoe nou gemaak? Hoe hanteer ons die diepe depressie, die bedroefdheid wat op ons toesak wanneer ons in ons hart onvrede ervaar en dit vir ons voel of ons uitsak? Hieroor wil ek meer nadink. Want traagheid en vadsigheid is ‘n verskriklike ding. Dit kan jare oor jou toesak en vir dekades lank oor jou soos ‘n donker wolk hang.
Dankbaar, dus, kyk ons na hulle wat voor ons daardeur is en wat mistagogies ons hand neem en ons wil ondersteun. Ons wil van hulle leer, want, per slot van sake, acedia is 'n sonde wat oorwin kan word.

Laat ons kyk wat sê hulle.

Thursday, January 28, 2010

Die sewe doodsondes. Die geestelike reis is kompleks.

Die sewe doodsondes (hoogmoed, hebsug, wellus, woede, vraatsug, afguns, luiheid) het tradisioneel ‘n groot plek in ons geestelike lewe en in spiritualiteit.

Iewers is daar’ n Bybelse aanknopingspunt hiervoor. In Hennie Aucamp se keurige versameling essays, “Sewe Sondes, Nee Meer” (Kaapstad: Human en Rousseau, 1995), verwys hy in sy boeiende voorwoord tereg na Spreuke 6:16-19 as ‘n moontlike teks vir hierdie tradisie van doodsondes. Hy noem dat die vers wel praat van sewe sondes, maar hulle oorvleuel nie met die sewe wat veral in die Rooms-Katolieke tradisie gelys word nie.

Die sondes word dus nie in een lys in die Bybel genoem nie. En die lys van sewe sondes is ook nie in die geskiedenis altyd dieselfde nie. Daar was deur die loop van die tyd wel ook ander sondes wat bygevoeg is. Evagrius van Pontus het byvoorbeeld in sy baie vroeë lys van agt sondes gepraat.

Maar uiteindelik het daar toe tog ‘n “kanon” van die “sewe” of die “volmaakte” getal van sondes ontstaan wat langsamerhand ‘n soort van “amptelike” lys geword het. Dis ook nie sommer net ‘n lys nie. Daar is ‘n bepaalde “hiërargie,” soos Aucamp tereg uitwys, met, interessant genoeg, “hoogmoed” as die “grootste” sonde. Dít is hoe geestelike mense deur die geskiedenis die bedreiging vir hul geestelike reis opgesom en gerangskik het.

Hoe ernstig mense oor hierdie sewe sondes gevoel het, kan ‘n mens aflei uit die begrip “doodsondes” wat daarmee verbind is. Die sewe is dinge wat houdings en dade reflekteer of kweek wat ‘n mens se lewe vernietig. Maar sommige mense het eintlik met die begrip “doodsondes” nie net wou waarsku teen vernietigende gedrag nie, maar veral bedoel dat ‘n mens vir sulke onvergeeflike sondes geen vergewing sal kry nie. Later is hierdie harde houding versag en is die slegte idee van “onvergeeflikheid” van sekere sondes indirek gekritiseer toe mense eerder van “kardinale” sondes begin praat het.

Eintlik sou ‘n mens sê dat hierdie lys vir baie mense verwys na die belangrikste dinge wat die mens se verhouding tot God tot niet maak.

'n Paar dinge is vir my belangrik om die lys te verstaan.

Ek verstaan eerstens waarom mense van “dood”sondes gepraat het. En ek kan verstaan dat só ‘n lys ‘n mens maklik kan verlei om te besef hoe die kleinste ongehoorsaamheid dodelik in sy gevolg kan wees. En ek kan verstaan dat sommige mense hieroor versigtiger wou praat. Calvyn het opgemerk dat alle sonde tot die dood lei, sekerlik nie net hierdie sewe nie. In Galasiërs 5:19-21 word in elk geval sewentien sulke sondes as werke van die vlees, van mense sonder God, uitgespel en uitgelig. Wie is ons om tussen sewe groot en dan ander minder, kleiner sonde te onderskei? Buitendien weet ons ook dat daar baie vorme van moord is. Jesus het hieroor nogal in die Bergrede heel radikaal geleer: Dit is nie net doodslag nie, maar ook ‘n moorddadige, begeerlike kyk in ons oë (woede en wellus!) wat ‘n mens in die hel kan beland. Ek verstaan verder tog ook waarom mense soms hierdie lys gekritiseer het omdat ‘n mens te gou kan vertel dat mense nooit vergifnis kan vind vir hul “dood”-sondes nie.

Tweedens moet hierdie sondes altyd weer in terme van ‘n bepaalde tyd verstaan word. Soos Aucamp uitwys, weerspieël hierdie lys van spesifiek sewe doodsondes veral ‘n Rooms-Katolieke klooster-konteks. Daarom, byvoorbeeld, is hoogmoed so belangrik. Wie in ‘n klooster leef, is deel van ‘n gemeenskap waarin gehoorsaamheid ‘n sleutel-motief is. ‘n Hoogmoedige houding kan die kloosterlewe fundamenteel ontwrig en is daarom hoogs ongewens. En tog dink ek kan ‘n mens hoogmoed as ‘n gevaarlike krag in baie ander plekke en tye as in ‘n klooster herken. Hoogmoed is mos tog reeds in die Bybel ‘n oersonde. Is dit nie ‘n faktor wat in Genesis se paradysverhaal nogal prominent raakgesien kan word nie? En Jesus se verhaal oor die Fariseër wat so vroom voor in die tempel sy geestelike bates uitstal terwyl hy by sy neus afkyk na die tollenaar, is ‘n klassieke veroordeling van hoogmoed. Hierin was die Bybel nie alleen nie. En ver buite die Bybel is die skerp kant van hoogmoed uitgewys. Hubris, of hoogmoed, was in die Griekse wêreld ook die grootste sonde – die gode het veral toegeslaan op die hoogmoedige mens. Op dieselfde manier is jaloesie duidelik die Kaïn en Abel sindroom van iemand wat iets van ‘n ander begeer. Hoe jaloesie presies lyk en wat hoogmoed is, sal uiteraard verskil van tyd tot tyd en plek tot plek en mens tot mens. Maar ‘n mens eers bewus geraak het van die vernietigende rol van hoogmoed en jaloesie, verstom ‘n mens jou oor hoe maklik jy dit begin herken in jou eie omgewing en in jouself. Net hierin word die lys van doodsondes ‘n instrument om jou te help om waaksaam te wees – dit word die verkyker waardeur jy die dinge wat andersins so op ‘n afstand is, kan herken. Die ver dinge word in jou visie ingestrek en kom baie naby aan jou lyf. Die geestelike reisiger sal weet dat hierdie doodsondes dus veel verder as ‘n klooster herkenbaar is.

Tog dink ek dat sekere sondes in hierdie lys in sommige tye waarskynlik ‘n meer prominente probleem as ander sal wees. Neem nou byvoorbeeld luiheid wat in die klassieke lys heel onder op die ranglys staan. Aucamp vertaal die Latynse acedia in sy Afrikaanse met “luiheid.” Maar hy gee in die inhoudsopgawe, interessant genoeg, ook “traagheid van gees” as ‘n verdere vertaling aan (vir die ander ses gebruik hy net een Afrikaanse vertaal-begrip). Ek wil graag later oor hierdie acedia iets skryf, veral omdat dit ‘n sentrale houding in ons moderne tydsgees raak. Ons jongmense sal iets “boring” noem en daarmee waarskynlik acedia bedoel. “Boredom” met ‘n mens se lewe is ‘n sleutel-houding wat baie van ons ervaringe in ons tyd stuur. Aucamp praat ook van acedia as die “verlamming van die wil” (p.13). In die byna-aforistiese stelling van die befaamde Engelse digter, T.S. Eliot word van van acedia gepraat as “the unsuccesful struggle towards the spiritual life.” Die lam strewe na spiritualiteit, sou ‘n mens kon sê, is ‘n wesenlike kenteken van ons tye. Maar hieroor later meer.

Terwyl ek hieroor nadink, loop ek die onderstaande berig raak en besef ek hoe die sewe doodsondes byvoorbeeld in jeugspiritualiteit ‘n rol kan speel. ‘n Mens wonder dikwels waaroor die spirituele lewe gaan. Hoe lyk dit konkreet om op reis te gaan in die geselskap van God? Hoe verloop God se verhouding met die mens? Die antwoord is nie so eenvoudig nie. Deur die sewe sondes te lys, help die wyses uit alle tye dat ‘n mens bewus raak van hoeveel kante van ons lewe onbekeerd is en hoe kompleks ons geestelike reis is. Ons lippe is so gou in beroering en ons spoor mense graag aan om hul sondes te “bely.” Ons bid so maklik: “vergeef ons ons sondes.” En dikwels is drank en seks die groot vyande wat ons so hamer as sondes. Intussen loop baie van ons sondes onherkend in ons lewens rond – as die balk in ons eie oë. Vir jong mense, hulle wat aan die begin van hul geestelike reis staan en soek om hierdie reis in al sy volheid te ervaar, kan besinning oor die sewe sondes insigryk word. En ek kan my indink dat baie preke verryk sal word as hulle gereeld hierdie sondes in al hul vorme bedink as uitdagings wat in die geestelike reis beleef word.

Die sewe sondes help dus nie net jongmense nie, maar ook die pelgrim in die algemeen om na te dink oor die geestelike reis. Soos Aucamp skryf, het die sondes uiteindelik ‘n godsdienstige en morele kwaliteit. Dit wil nie ‘n stukkie wettiesheid uitstal nie, maar wil ons aanspoor tot ‘n lewe van stryd en heiligheid.

Dus maak dit sin om te sê dat ons geestelike reis ‘n stryd teen die vernietigende dinge in ons lewens is. Ons verhouding met God is ‘n sagte, breekbare verhouding wat daarom ten alle koste versorg en gekoester moet word. Daarom moet ons weet wat breek ons af en waarop moet ons let. En dit help ons besef dat ons nie God se genade deur ‘n lam geestelike reis moet verspeel nie. Ons kan nie in hoogmoed en in traagheid leef as ons egte geluk wil vind nie. Natuurlik is dit net ‘n begin. En ons sal baie verder as hierdie sondes moet gaan om al die klein jakkalsies te herken.

En om ons te help, het die wyses van die eeue, die geestelike moeders en vaders, die mistagoë, vir ons die kragte benoem. Ons leer van hulle omdat ons ons verhouding met God wil verdiep wanneer hulle oor die doodsondes praat. Met hulle begeleiding oor die opvallende rotse in ons pad waaroor ons kan struikel, vertrek ons op ons eie geestelike weg. Ons moet natuurlik ons eie pad loop, want hulle wys vir ons alleen maar bakens aan vir ons eie pad vorentoe. Ons soek daarom na al die nuwe, verleidelike manier waarop die verkleurmannetjie-sondes van hoogmoed, hebsug, wellus, woede, vraatsug, afguns en traagheid telkens weer vir ons wegkruip terwyl hulle in ons tier en ons innerlike lewe verduister.

Wat my eintlik by my eintlike punt bring en by my gereserveerdheid oor die sewe sondes. ‘n Mens kan jou lam baklei teen al die hubris wat daar in jou lewe is. Of jy kan hard teen acedia swoeg om in die geestelike reis nie lam te raak en uit te sak nie. En ‘n mens soek ook hierdie stryd, maak geen fout nie, ons het juis dissipline en toewyding as geestelike gawes bitter nodig.

Maar vir my is alles nog net half gedoen as ‘n mens so op sewe doodsondes fokus. Paulus, die mistagoog wat bitter ervarings in sy gemeentes gehad het, het nie verniet in Galasiërs 5:22 nege aantreklike deugde uitgespel nadat hy so uitvoerig oor die sewentien vleeslike dinge geskryf het nie. En vir my is daar iets bonatuurliks aantreklik in daardie onvergeetlike vers in Filippense 4:8. Paulus vra ons om ‘n paar dinge te bedink en daaroor te mediteer: “alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit. “ As ‘n mens jaag na ‘n sfeer van heiligheid, om by God te wees, skryf hy, sal die God van vrede met ons wees. Hy begin juis sy mistagogiese opmerkings in vers 7 met hierdie boeiende oproep: “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en jul sinne bewaar in Christus Jesus.”

Ons kan saans ons kop neerlê, in die liefde versink, met ‘n goeie gewete verder op God wag wanneer ons ‘n lewe soek waar daar geen ruimte is vir die onkruid wat ons geestelike lewe versper nie. Die geestelike reis is nie altyd maklik nie. En daar is baie verleidelike omleidings en afdwaalpaaie. Maar ons loop die nie alleen nie. God is daar en God gee ook vir ons die geestelike bakens van wysheid van al die ander wat voor ons hierdie reis afgelê het. En uiteindelik tel hierdie verlange na God en wees-by God die meeste.

Dit is per slot van sake waarom die groot mistici en die aantreklike spiritualiteitskrywers gefokus het op die navolging van Christus. Dink Christus, volg Jesus. Vanuit hierdie lewegewende sfeer en verbintenis word die geestelike reis ‘n verkwikking en nie ‘n bitter, moralistiese stryd nie.

As jy elke dag in ‘n huis leef waar mense naby aan jou jou lief het, jou vashou, vir jou omgee, sal jy in volmaakte vrede alles doen om ook vir hulle getrou te wees en vir hulle ‘n hawe van liefde te skep. Dit is nie anders in die geestelike reis nie. Om by God te wees is waarom ons stry teen sonde.

Dit is eintlik nie nuwe insigte nie. Evagrius van Pontus wat hierbo genoem is, het lank nie net in sy Praktikos net oor die sewe doodsondes geskryf nie. Hierdie beroemde en invloedryke mistikus het beklemtoon dat die mistieke kern van die geestelike lewe is om rus in God te vind. Daarom was hierdie rus, of die hesugia, vir hom ‘n kernwoord. En hesuchia, het hy geskryf, is die voordurende besig-wees met God wat in ‘n mens se mees verborge innerlike plaasvind.

Mooi.

Hier volg nou die interessante stukkie jeugspiritualiteit, oorgeneem van http://www.thebanner.org/magazine/article.cfm?article_id=1330. Vir my is daar oulike idees wat met vrug in ons eie konteks nuut bedink en probeer kan word.

The Seven Deadly Sins: Still very much alive

by Bill Harris

Mentioning the seven deadly sins brings a lot to mind—just ask a teenager.

“Sloth,” volunteered several boys at church. “They’re the names of villains in Full Metal Alchemist,” said an anime devotee.

For others, it’s Brad Pitt. “After the movie Seven, the seven deadly sins have a cultural currency,” notes Calvin professor Rebecca Konyndyk DeYoung. After all, “everybody finds sins intriguing.”

For DeYoung, sins can be diagnostic tools for spiritual growth, especially for young adults. She developed that viewpoint teaching seniors at Calvin. As a class project students had to present each of the seven sins as part of late-night devotions in the college dorms.

“My only requirement was that it be interactive,” she said. “It was totally a blast.”

DeYoung also taught the course for high schoolers at her home church. Out of this experience has come The Seven Deadly Sins, a new study from Faith Alive Christian Resources for high school teens and young adults.

Whether in college or high school, students want to live faithfully and authentically as Christians, explains DeYoung.

“A lot of them have been taught ‘Jesus, please forgive my sins’—they have a very clear sense of justification but a very thin sense of sanctification,” explains DeYoung. “Students often lack the discipline of reflecting on their lives. By articulating what the sins are in our lives, we can then try to root them out.”

Learning to name the problem makes a big difference for teens, adds DeYoung. “Rather than trying to make up stuff to convince them that something is a sin, we focus on their experience. As soon as they find that label for the experience they already know, you get this ‘ah ha’ moment.”

Like the dorm presentations, The Seven Deadly Sins uses an interactive approach. For example, in the unit on anger students keep a journal for a week, noting what they got angry about and why, and rating each incident.

“Once you have identified the problem then you can do something about it,” DeYoung explains. “Kids are interested in more than just a superficial Christianity, they want a lived discipleship. It’s a whole way of life. And that’s just so Reformed.”

A sample chapter from The Seven Deadly Sins is available at www.FaithAliveResources.org.

Wednesday, January 27, 2010

Is dit alles die moeite werd? Oor geestelike traagheid.

Die mistikus, Evagrius van Pontus het in die laat vierde eeu die volgende boeiende verhaal in sy Praktikos 12 neergeskryf:

Die duiwel van acedia, wat ook die middag duiwel (sien Ps.90:6) genoem word, is die duiwel wat mense die meeste verdruk. Hy slaan toe teen 10 uur in die oggend en hou dan die monnik se siel tot ongeveer 14h00 die middag gevange. Hy laat dit eerstens lyk of die son baie stadig of glad nie beweeg nie sodat dit vir die monnik voel of die dag 50 uur lank is.

Dan dwing hy die monnik om by sy venster te bly uitstaar. Hy laat naderhand die monnik by sy sel uithardloop om die son dop te hou wanneer dit drie uur sal wees en dit laat hom al in die rondte staar om te sien of een van die broeders nie dalk vir hom kom kuier het nie. Dan laat dit hom sy plek, sy lewensstyl en sy handewerk verpes. Dit laat hom voel asof daar geen liefde onder die broeders meer oor is nie. Niemand daag by hom op om hom te ondersteun nie.

As iemand hom onlangs beledig het, voeg die duiwel sy deeltjie by om sy weersin sterker te maak. Dit laat hom verlang na ander plekke waar dit makliker sal wees om dinge te kry wat hy nodig het en waar hy ‘n makliker, meer produktiewe werk kan hê. En dan, voeg die duiwel vroom by, om die Here te dien het ‘n mens nie ‘n spesifieke plek nodig nie. God kan orals aanbid word (Joh.4:21-24).

Dan kom iets verders by wanneer hy die monnik aan sy familie en sy vorige lewe laat dink. Die duiwel wys vir hom daarop dat hy nog ‘n lang lewe voor hom het en maak hom bewus van hoe swaar ‘n lewe in afsondering is. Op die manier gebruik die duiwel elke moontlike tegniek om die man sover te kry om sy sel op te gee en die reis te laat staan.

Die storie van Evagrius is ‘n verhaal oor geestelke traaghed of luiheid, een van die sewe doodsondes. In Latyns heet dit acedia. Dit is boeiend dat Evagrius hierdie traagheid beskryf as een van die gevare wat godsdienstige mense die meeste oorkom en pootjie in hul geestelike reis.

‘n Mens sou dit ook geestelike lamheid kan noem. Dit is die innerlike stryd wat by ‘n mens opkom wanneer jy begin wonder oor jou geestelike reis. Is dit regtig die moeite werd? Hoeveel moeite is dit dan werd? Help die Bybel jou nie met “meer verstandige” en makliker maniere om God te volg nie (Joh.4!). Watter verskonings kan ek uitdink om nie die prys te betaal nie?

Hieroor wil ek verder dink. In die Bybel is hierdie onderwerp belangrik - dink maar aan die gelykenis van die Saaier en sy deel oor die saad wat so goed opkom en dan maar net verwelk. Of dink aan Demas, daardie skadu-mens oor wie ‘n mens net een sinnetjie in die Bybel het maar wat waarskynlik een van die bekendste simbole vir lamheid in ons geestelike reis geword het. Of dink aan die ryk jongman vir wie Jesus so intens liefgekry het.

Tuesday, January 26, 2010

Op die vlerke van die duif. Oor Liefdesverrukking






Soms, selfs ook partykeer terwyl jy slaap, kom die Liefde na jou toe. Ons praat van ‘n “verrukking” wat ons dan oorval. Maar dit is nie 'n enorme ekstase nie.

Jy word opgetel, verby alles wat andersins jou verstand vul. En die liefde wat alle verstand te bowe gaan, word aan jou gegee. Dit is ‘n sagte liefde, wat in jou gemoed kom lê en jou vul met ‘n eindelose, oewerlose vrede, maar veral met ‘n durende, opwellende blydskap. Jy kan dit nie peil nie en jy dink nie daaroor of praat daarvan nie. Jy word net in die Liefde ingetrek.

En dan gebeur dit partykeer dat jy net wil sing. Oor en oor, enkele woorde, eenvoudige woorde. Jy is op die vlerke van die duif...

En jy sing tot God, want die liefde kom van Bo af binne toe en bring die blydskap van die hemel in jou aardse bestaan. Daarom word jou hart tot God opgetel.

Ek verstaan waarom daar so baie liedere in Openbaring is.

Dit is ‘n ongewone liefde, want dit is ‘n liefde wat jou volledig een maak met die diepste dele van jou hart – daar waar God woon en wil woon. En dit is verrukking omdat al die angs weg is, die onvrede verdwyn het, die trane afgedroog is. Jy is uit die daaglikse roetine en treurdal weggeruk. Dit is die unio mystica.

En as jy dan, na hierdie tyd van verborgenheid, weer die aarde in die oë (moet) kyk, na hierdie besoek van die Liefde, is daar soete heimweë: na meer Liefde, na minder skanse tussen jou en God, na ewige liefde. En dit is ook ‘n treurige heimweë, want die liefdesoomblikke is so kort, so onverbiddellik gou verby.

Die Liefde roep om meer Liefde. Wie eenmaal deur die Liefde aangeraak is, word die Pelgrim na die Land van Liefde.








Vir die pragtige skildery van Leighton van Dawid wat mediteer: "O had ek maar die vlerke van 'n duif...", sien die kommentaar van Christopher Newall by:
http://www.victorianweb.org/painting/leighton/paintings/1.html



In the 1860s Leighton was particularly intrigued and attracted by the Old Testament and Jewish history. David, who was the first king of the Judaen dynasty, and as such was the ancestor and prototype of Christ, appealed to Leighton as a romantic hero. David is important in the development of Leighton's art as a relatively early example of a type of painting where the subject is isolated; in this case the figure of David dominates the picture space by being shown in stark silhouette against a plain wall and a distant horizon, and by its scale in relation to the overall size. The compositional lines of the painting converge forcefully in the head of David; his eyes reflect the vision of the Kingdom of Heaven that he has received. To some extent as a result of his work on the illustrations for Dalziel's Bible Gallery Leighton had learnt the value of simple, easily-read figure compositions in which the emotional content may be most powerful and direct.

"En niks gebeur sonder dat dit God se wil is nie." Harteloos in die naam van God

Ek lees so pas hierdie treurige berig in die New York Times (sien hier onder). Toe ek dit lees, kom ‘n ander inskrywing by my op wat ek toevallig vanoggend op ‘n blog van ‘n Afrikaanse persoon raakgeloop het. Ek pos die Afrikaanse blog hier onder, teensinnig, want dit is nie goeie leesstof nie, hoewel die skrywer nou beweer dat dit tong-in-die-kies geskryf is. As ek die twee berigte naas mekaar plaas, weet ek nie wat meer treurig is nie: die lot van die mense van Haiti of die hartelose blog van iemand uit ons gemeenskap wat ook Christelik wil wees.

Behalwe vir die veralgemenings in die blog, is my vraag: Bewys ons dan nou barmhartigheid net as mense dit verdien?

Gelukkig laat ons Vader in die hemel reën oor die goeies en die slegtes.

En laastens: ‘n mens se taal verraai tog so onvermydelik iets van jou hart se werklike toestand. Daarom is dit goed om maar 'n mens se woorde te tel.

Hier is die twee berigte:

PORT-AU-PRINCE, Haiti — Maxi Extralien, a twig-thin 10-year-old in a SpongeBob pajama top, ate only a single bean from the heavy plate of food he received recently from a Haitian civic group. He had to make it last. “My mother has 12 kids but a lot of them died,” he said, covering his meal so he could carry it to his family. “There are six of us now and my mom.”

For Maxi and countless others here in Haiti’s pulverized capital, new rules of hunger etiquette are emerging. Stealing food, it is widely known, might get you killed. Children are most likely to return with something to eat, but no matter what is found, or how hungry the forager, everything must be shared.

The communal rationing, along with signs all over the city that say “S O S” and “we need food,” suggests that the food crisis here is growing. In a country where malnutrition was common even before the earthquake, the United Nations now estimates that two million Haitians need immediate food assistance. And despite frantic efforts by aid groups, distribution has been limited. As of Saturday, the World Food Program had reached 207,392 people in Port-au-Prince and 113,313 in other areas.

Compounding the problem, Haiti’s commercial food supply has been strangled by the earthquake’s damage. Fruits and vegetables from the countryside are still available, but in smaller quantities, at inflated prices.

And food imports — typically 48 percent of the nation’s total food consumption, according to the United Nations — have slowed to a trickle.

“The whole food supply chain has been trashed by the earthquake,” said David Orr, a spokesman for the World Food Program. “The port, the roads, the trucks, the whole commercial life of the country has been disrupted.”

It is not, after all, just homes that fell when the earth shook on Jan. 12. Supermarkets have collapsed to rubble. Butchers and bakers are dead.

At the Dimino bakery in Bourdon, a middle class area in the foothills above downtown Port-au-Prince, five people died when the ceiling fell in. The ovens are now buried in dirt. On the floor, plastic foam cakes lie overturned, their cheerful messages made invisible.

A few doors down, Elsie Perdriel cooked up what little she could. Her one-story home with maroon trim survived the earthquake, making her one of the lucky ones. But now she has 20 mouths to feed instead of four: seven children, including her grandson, a few extended relatives, and neighbors who lost their own homes.

It is a miniature civilization focused on food. Every day, one or two people are given the task of buying a single meal for the lot, but the purchases are small because money is tight. Work, a paycheck and disposable income all look a long way off.

Ms. Perdriel, an administrator with the national electric utility, has not heard from her bosses since the earthquake. Her son, Jean Sebastian Perdriel, 30, said his office by the port, where he worked for an import-export company, no longer stood.

“Nobody knows when they’re going to get started again,” he said. “Food, oil, rice, beans, it’s all expensive.”

Ms. Perdriel, a no-nonsense cook with her hair pulled back, displayed a pot with half of a chicken cut into pieces. “This should be for two people,” she said. “Now it will have to do for 20.”

Many other Haitians, while shouting for help in ever louder voices, are finding ways to share. In several neighborhoods of Carrefour, a poor area closer to the epicenter, small soup kitchens have sprung up with discounted meals, subsidized by Haitians with a little extra money. At 59 Impasse Eddy on Monday, three women behind a blue house stirred a pot of beans and rice, flavored with coconut, spices and lime juice.

They started cooking for their neighbors the day after the earthquake. On many mornings, they serve 100 people before 10 a.m.

“Everyone pays a small amount, 15 gourd,” or a little less than 50 cents, said Guerline Dorleen, 30, sitting on a small chair near the bubbling pot. “Before, this kind of meal would cost 50.”

Smiling and proud, the women said they did not have the luxury of waiting for aid groups to reach them in their hilly neighborhood. The trouble was, they were running out of food. They used their last bit of rice and beans on Monday.

Organizers for the group that fed Maxi, part of a government program that previously fed children in schools, also said their supplies were dwindling.

The most wrenching battles against starvation, however, can be found in the camps, the metropolises with tents that would resemble forts for first-graders, if not for the smell of urine.

Maxi lives in the best known of these locations, under a few sheets downtown, near the presidential palace.

The United Nations, the Haitian government and others have delivered food several times there in the past week. Thousands have been served — and thousands more are still hungry.

But at least they get food regularly. A few miles away, at a former military airfield outside the neighborhood of Belair, people still fondly recall the time four days after the quake that a United Nations truck appeared with boxes of fortified biscuits. Barefoot children smiled and packed their “cookies,” as they called them, into dirty T-shirts. An older woman with braids was so thrilled that she sang loudly with her hands over her head, and tried to hug one of the workers.

But that was the last time anyone came with food. Now the planes swollen with aid simply crisscross the sky overhead. The children who used to chase the helicopters hoping they would drop something have given up, as empty biscuit packages now collect underfoot.

Some people, like René Odge, 29, said they stretched the ration for more than a week by breaking the biscuits into small pieces.

But it could only do so much. Mr. Odge held up a green soda bottle. “I put salt in the water and it keeps me alive,” he said. “It keeps my stomach calm until I can find something else.”

Many of the mothers in the airfield said they had eaten only a few meals since the earthquake. Oslaurd Lundi, 25, sitting on the ground near her son Benson, 3, and her 6-month-old daughter, Shaina, listed her recent meals as the sun began to set: “Today, nothing; yesterday, a little bread; and a little bread the day before.”

She could see what she wanted. Just a few feet away, Mary-Claudette Alexi, 35, displayed a few pieces of pork and small breaded pies. The prices were relatively low: less than 15 cents for a small pie. But for Ms. Lundi and thousands of others, the price was still too high.

“I don’t sell much of anything,” Ms. Alexi said. “No one can afford it.”


Hier is die tweede berig:


Gee ek om, Haiti?
Posted Januarie 25, 2010
Categories: Mamparra's
Tags: Danville, Haiti, Red Cross, VN

Nee. Nee, jammer. Ek gee nie om nie! Ek stel nie belang nie. Ek kry julle jammer. Maar nie so baie nie.

Maar gaan nie vir julle geld stuur nie. En nee, ek gaan julle nie kom help nie. Nie eers teen betaling nie. En nee, julle sterftes raak my nie. Ek verloor min slaap. En nee, ek dink nie dit is die laaste natuurramp daar by julle nie. Nee, ek dink nie daar is nog oorlewendes nie, en JA – ek voel ‘n VY! Want julle doen min van julle eie kant af. En niks gebeur sonder dat dit God se wil is nie.

Julle bou julle huise crap! Julle regering het jare gelede al die wereld in sy moer gestuur. Julle het baklei om onafhanklik te wees, en mekaar vermoor vir julle vryheid. Julle ekonomie is nou swak, omdat julle te min werk, en te veel en te vinnig aanteel. Julle het nie hospitale nie, want julle het vir die wereld gewag om dit VIR julle te bou. Julle kry donasies van kos op die oomblik, dan word dit gesteel nog voor dit by die arm mense aankom. Ja, George Clooney het ‘n mooi fondsinsamelingtjie gehou (edel van hom, en uitstekende publicity vir sy nuwe prent wat hierdie Vrydag begin draai) - maar julle gaan hom nooit kan wys wat van die geld word nie. Want die van julle wat nog lewe stroop die winkels en huise wat staande gebly het. Maar hy weet dit.

Julle gaan niks leer uit hierdie ramp nie. Julle gaan nog kinders maak. Want julle het nou mos meer tyd. En volgende keer gaan die wereld weer ingryp. Suid Afrika ook. Al vrek ons eie mense van honger – van Boipatong tot Danville. Maar ons stuur vir julle vragte kos. Ek wens ons regering wil wakker word en julle los om in julle eie kak te braai, en eerder na ons eie volk om te sien.

UPDATE: Ek kry helwat reaksie hieroor. Op epos, en natuurlik hier op comments. Ek het dit taamlik tong in die kies geskryf, maar voel tog regtig wat ek dink aan die gang is. Weet julle hoeveel wesies is daar in Suid Afrika. Wees-kinders as gevolg van Aids / TB. Armoede as gevolg van werkloosheid. Armoede na siekte en ongelukke. Weet julle hoe lyk dit in die binneste van Soweto, Boipatong en Thabong. Waar rotte die babatjies se gesigte knibbel en mense nie kos het om te eet nie, en uit desperaatheid vir hulle kinders melkpoeier (sonder voeding) ingee. Ek is jammer vir julle wat aanstoot neem: maar dieselfde Bybel waarmee julle my gooi, predik ook: Charity begins at home.

Monday, January 25, 2010

Om jou roots te ontdek. Oor die Spiritualiteit van 'n groot leier.

My oupa-grootjie se pa is vernoem na die merkwaardige Voortrekker-leier, Piet Retief, vandaar sy name: Pieter Gideon Retief de Villiers. Dit was nie net om Piet Retief te vereer nie. Sy ma was Piet Retief se suster, Anna Susanna Retief – dus bloedfamilie. Hy is gedoop op 9 Mei 1816 toe Piet Retief 35 jaar oud was.

Ek is die vyfde geslag wat as “stamvader” en as De Villiers, nog steeds hierdie naam “Pieter Gideon Retief de Villiers” dra. In ons are vloei die bloed dus van Francois Retief wat in 1688 uit Blois na Suid-Afrika gekom het. ‘n Jaar later, in 1689, sou die ander De Villiers-familie, ook Hugenote, in Suid-Afrika aankom. Dubbele Hugenote-roots het ek dus (behalwe dat die Retiefs self verbind word met die Jouberts wat verskeie plase in die Drakenstein-omgewing besit het – die mense was grondbaronne!).

Hoewel ons soms in die familie hieroor gepraat het, was die lang geslagsregister van Pieter Gideon Retief de Villiers eerder as die band met Pieter Retief (soos hy genoem is) wat vir ons uitgestaan het. Dit is eers in die afgelope paar dae dat ek, in ‘n spesiale roots-ervaring, vir die eerste keer bewus geraak het van wat dit vir ons familie moes beteken het dat ons uit dieselfde huisgesin en kring kom waarin hierdie man gebore is en geleef het.

‘n Ruk terug neem ek ‘n buitelandse besoeker na die Voortrekker-monument in Pretoria – dit is maar die derde of vierde keer wat ek self daar was. Die Voortrekker-Monument was ‘n mylpaal ook in ons familie-geskiedenis. Ek het in my besit foto’s van my pa en my ma, toe al ‘n jaar of vyf getroud, by die inwyding van die Voortrekkermuseum in 1949, ‘n jaar na die Nasionale Party oorwinning. Hulle het uit die Kaap-kolonie spesiaal opgetrek om daardie unieke oomblikke te gaan beleef – wat nogal iets sê van die volksywer van my direkte voorsate! Iewers is daar soms oor hierdie spesiale geleentheid gepraat, maar dit was uiteindelik net een van baie momente wat deel was van ons familie se passievolle anti-Britse en pro-Afrikaanse sentimente.

Hierdie besoek aan die Monument, nietemin, in ‘n tyd van groot politieke onsekerheid en ‘n herwaardering van ‘n mens se eie identiteit was vir my tog ‘n unieke oomblik – veral toe ek op ‘n sekere stadium met my buitelandse kollega (wat diep beïndruk was oor die verering van vroue in die monument) voor die grootste marmer-paneel in die wêreld staan en vir hom kon sê: hierdie uitbeelding is van my bloedverwant en naamgenoot. Dit is Pieter Retief, die man van wie ek my naam kry, die een wie se gruwelike dood so diep in die diepte-struktuur van die Afrikaner se psige ingebed is dat dit as ‘n herhaalde motief na vore kom – nie net in die Monument nie, maar dikwels in historiese werke. En sy dood was so gruwelik in hulle oë omdat hy die een was wat veral die moed gehad het om sy mense na vryheid te lei en van ‘n onderdrukkende sisteem te verlos.

Ek besef te deeglik dat dit hierdie diepe vryheidstrewe was wat ‘n jong, idealistiese volk, uiteindelik vry van die koloniale mentaliteit en mag, In 1949 verwesenlik gesien het toe die Monument op so ‘n dramatiese manier ingewy is – destyds met die volksprediker en politieke leier, D.F.Malan, as hoofspreker. Uiteindelik, op daardie dag, het die Groot Trek in ‘n sterk simboliese daad van die verering van die voorgeslagte geëindig. In die fokus was die Voortrekkers en hul onuitblusbare drang na vryheid. Die lang reis van die voorsate was uiteindelik verby. Op die Vryheidskoppie kon hulle nasate die skoon lug van hul vryheid diep inasem. Verby was die dekades van uitbuiting, verontregting en selfs die afskuwelike volksmoord in die Boere-oorlog van 1899-1901. Dit waarna die Voortrekkers uitgesien het en waarvoor hulle gedurig aan die soek was, het uiteindelik deur die stembus op ‘n wetlike manier tot hulle gekom. Dit was goeie, blye tye. Die oorwinning, ten spyte van die bloed van vele wat wreed vergiet is, was soet – al was die stryd nog lank nie verby nie. Die stryd het maar begin.

Hoe daardie stryd verloop het, weet ons almal. En in 1994, ‘n skrale 45 jaar later, het die geskiedenis opnuut weer ‘n dramatiese nuwe wending moes loop. En ‘n nuwe trek wag op nuwe geslagte, ‘n trek na vryheid vir almal in ons land – vry van geweld, korrupsie, onreg, diskriminasie, vreemdelinge-haat en baie ander vorme van onmenslikheid.

Maar daar staan ek toe met my besoeker in die Voortrekker-Monument en vir die eerste keer tref dit my hoe prominent Piet Retief in hierdie saal uitgebeeld word. Hier, saam met my kollega uit die buiteland, ervaar ek skielik van naderby en selfs vir die eerste keer dat ek die naam dra en die bloed deel van ‘n man wat ‘n ikoon in ons geskiedenis geword het.

En later ontdek ek dat dit nie toevallig is dat hy so prominent op die fries-panele uitgebeeld word nie. Hy is ‘n opvallende teenwoordigheid in die monument en in sy geskiedenis: Een van sy agter-kleinkinders, Mev Preller, was immers een van die drie vroue wat in 1938 die eerste sooie gespit het toe hulle met die oprigting van die Monument begin het (die ander twee was afstammelinge van Hendrik Potgieter en Andries Pretorius).

En toe lees ek die afgelope paar maande die boek, “In the Steps of Piet Retief” deur afstammelinge van 1820-setlaars, Eily en Jack Gledhill. Nou verwag ‘n mens nie normaalweg van setlaars om gebalanseerd oor Pieter Retief te skryf nie – en dit nog in 1980. Die boek skryf hulle nie sonder rede nie: Daar was ‘n sterk interaksie tussen Piet Retief en die setlaars, want hy was ‘n baie lang tyd in Grahamstad voordat hy die Groot Trek begin het. Deur oor hom te skryf, skryf hulle eintlik ‘n stuk van hul eie geskiedenis neer. Maar ek is aangenaam verras deur die gebalanseerde beeld wat hulle teken: Pieter Retief met al sy eelte, maar ook met al sy deugde word helder en soms selfs aangrypend uitgebeeld.

Ek lees daarom die boek met meer as gewone belangstelling. Dit is duidelik nie ‘n sentimentele heiligverklaring van ‘n engelagtige man nie. En ek lees die boek ook gedurig met die besef hoe omstrede die Groot Trek ook kan wees – hoe mense die Voortrekkers as bloeddorstige, primitiewe kolonialiste uit kan beeld en teorieë ontwikkel wat vanuit hul gierigheid hul uitbeeld as mense wat nie hul vryheid nie, maar bloot eie gewin gesoek het.

Uit die Geldwills se boek is dit duidelik dat Retief ‘n hiper-aktiewe entrepeneur was. Hy is wel deeglik ‘n mens wat weet van sake doen. En hy doen dit dikwels byna roekeloos. Droogweg vertel hulle van die baie skuld wat Piet Retief gemaak het en sy vele eiendomstransaksies wat hy aangegaan het. ‘n Mens staan verstom voor die feit dat hy ‘n swetterjoel van plase besit het, dat hy kort-kort in die hof moes verskyn omdat hy nie sy skuld kon betaal het nie, maar dat hy dan tog weer steeds weer op die been gekom het en met sy besigheid aangegaan het. Die man het hom nie laat onderkry deur sy terugslae nie.

Soos ek die boek oor my oer-grootjie oom lees, begin ek al meer besef watter kaliber hy was, ten spyte van sy geldelike verknorsings. En deur hom skemer daar dinge omtrent die Voortrekkers by my deur wat vir my herinner aan geestelike waardes wat ek nou nog dikwels by hul nasate opmerk.

Dit is duidelik dat Retief nie ‘n skelm is nie. Daar is nooit aanklagte van korrupsie en bedrog teeh hom nie. Dit is elke keer weer duidelik dat die man in ‘n sirkelgang van slegte skuld verval het. Die Geldhills meen dat hy soveel slegte skuld opgeloop het omdat hy deur ‘n oordeelsfout ‘n onwyse kontrak met die koloniale moondheid aangegaan het wat hom geknak het. Hy was, skryf hulle, uiteindelik iewers veral ‘n slagoffer van omstandighede buite sy beheer (p.222).

Origens was hy ‘n man van integriteit wat goeie besigheid gedoen het en ‘n uitnemende bouer wie se huise vandag nog uitwys watter goeie vakman hy was. Hulle prys hom as ‘n ordentlike, gewone plaasseun, ietwat skaam (hy het op 33 dan eers getrou, sê hulle!), vriendelik, gasvry en iemand wat as gewilde persoon leierseienskappe getoon het wat meegebring het dat beide die Engelse owerheid en sy eie mense hom in leiersposisies aangestel het. Dit val my op dat hy self nie graag ‘n leier wou wees nie, soos hy telkens laat blyk het. En daar was uiteindelik ‘n geestelike dryfveer vir sy aanvaarding van die leierskap van sy mense. Hy het, skryf hulle, sy verkiesing tot die eerste Goewerneur van die Voortrekkers en dus die eerste Afrikaner-leier buite die kolonies, slegs aanvaar omdat hy as gelowige geglo het God vra dit van hom. Hy het nooit getwyfel daaraan dat God se hand in sy lewe gesien kan word nie – en, voeg hulle by, dit is hierdie kinderlike, byna naÏewe vertroue op God wat hom daartoe gelei het om sy manne onbewapen in Dingaan se kraal te laat gaan op die dag dat hulle gegryp is en na Moordenaarskoppie gesleep is waar hulle wreed doodgemaak is nie. “Retief was sure that it would be all right, under divine guidance and protection.” Dit is hierdie geloof wat hy telkens in sy lewe as leier teenoor sy volgelinge beklemtoon en uitgeleef het.

Ek herken hier die stoere geloof van Rensche van der Walt in haar dagboek oor die Konsentrasiekamp in Bethulie (waaroor ek ‘n paar blogs geskryf het). God se hand is in alles wat ons oorkom. Dit is ‘n tipies gereformeerde spiritualiteit waarin mense ‘n eindelose vertroue het in God se voorsienigheid.

Maar Pieter Retief se integriteit en spiritualiteit kom vir my veral na vore in die manier waarop hy oor ander (die Ander!) dink. Retief skryf die Gledwills, was iemand wat nie so eng soos baie ander Voortrekkers was nie. Hy was bereid om in gesprek te tree met ander groepe soos die Engelse kolonialiste en verskeie swart groepe. Hy was ‘n demokratiese persoon wat in oorleg met ander besluite geneem het. Hy was nie die groot Baas wat rondgeorder het nie. Hy het ook gepleit en gewerk daarvoor dat algemene juridiese beginsels hul lewe in die vreemde moes stuur. Die nuwe land moes ‘n plek van geregtigheid wees. Ek lees verwonderd oor die eerste grondwet en regstelsel wat die Voortrekkers onder Retief se leiding in plek plaas. Hulle praat byvoorbeeld op ‘n stadium van die “Christelike menslikheid” waarmee Retief vir Sekonjela, die swart opperhoof, behandel het.

‘n Mens merk dit alles in Retief se beroemde manifes wat op 26 Oktober 1837 in die Graham’s Town Journal verskyn het (p.171-173). Hy skryf daarin oor hoe hy eredienste wil behou en bevorder, hoe hy God vertrou (“Ons trek dus in volle vertroue, in die wete dat God, in genade ons gou sal bring waar ons moet wees”) en dat hy die swart bevolking nie hardhandig sal behandel nie.

Wat my egter veral opval is Retief se afkeer aan geweld. In sy manifes praat hy van 21 jaar se ervaring wat hom die wysheid gegee het om so op te tree dat hy nie ander groepe skade aandoen nie, al is die handhawing van wet en orde vir hom belangrik. Op ‘n stadium gedurende die trek, vertel die Gledhills, is daar erge spanning tussen Silkaats en Dingaan wat tot ‘n groot bloedbad tussen die swartes aanleiding sou kon gee. Retief het uiteindelik ingegryp en die vee wat Silkaats gesteel het, gaan terugvat en terugbesorg het aan Dingaan omdat hy, soos hy dit uitdruklik gestel het, wou keer dat duisende onskuldige mense se bloed vergiet word as die groepe mekaar sou aanvat – en daarmee het hy nie na witmense se bloed verwys nie.

‘n Mens sien die openheid, die menslikheid en die eerlike bedagsaamheid teenoor ander op plekke waar die Gledhill’s dit nie oplet nie. Erasmus Smit, die sendeling wat Retief se predikant was, het op ‘n stadium ‘n lelike onderonsie met ‘n Wesleyaanse predikant wat hy dink in sy slaai kom krap. Smit wil tog so graag die enigste man van God in sy omgewing wees. Om hom uit die pad te kry, bewerk Smit dat die Voortrekkers in hul grondwet die gereformeerde geloof as enigste wettige godsdiens te aanvaar – soos dit maar in daardie tyd gebruik was dat die staat kerke aanvaar of afwys. Die volgende week kon hy Retief daarop wys dat sy opponent ‘n Wesleyaan is en dus nie vir die Voortrekkers mag preek nie! Maar Retief, hoewel hy Smit se voorstel aanvaar, huiwer nie om kort daarna by ander geleenthede vir die Wesleyaanse predikant in te roep, hom te raadpleeg en hom te gebruik nie. Hy het nie ‘n ideologiese, sektariese denkwyse gehad nie.

Ek sien my oergroot-oom, die een van wie ek my naam kry, met nuwe oë deur hierdie prentjie van die Gledhills:

“We would picture Retief on trek, then, as usually riding a horse, wearing a dark jacket over light-coloured trousers and braces and a woollen hat, unarmed except when hunting or in danger; a man of medium height but well built, with striking, confident, dark eyes, quick movements and a small dark beard and black hair, with a noticeable touch of grey. A friendly man, with a word for everyone including children and, with his experience as a Field-Commandant, a reliable man in a tight corner, with a wary eye for danger and quick appraisal of the best way to react to it; the undisputed leader of his band of well over a hundred souls and one who could stand on equal terms with other leaders, inside or oustide the Colony” (p. 150).

Die Gledhills skryf later in hulle boek: “To many, Retief is the founder of the Afrikaner nation, the first great Afrikaner” (bladsy 225). As hulle reg is, is daar in ons geskiedenis ‘n basis wat die identiteit van Afrikanerskap eer aandoen want uit hulle skryfwerk leer ken ek hom as ‘n gelowige mens met ‘n boeiende geestelike reis.

En, dan: Ons ontdek soms, verrrassenderwyse, ‘n spiritualiteit en geloofservaring wat vir ons inderdaad, terugskouend, laat besef: Die geskiedenis word tog maar iewers deur die hand van God geskryf.

Wat my laat besef waar die gewildheid van een van ons bekendste liedere vandaan kom: “O God van Jakob deur U hand....”

Sunday, January 24, 2010

Weer 'n keer oor boelies en bullebakke.

Ek het die afgelope tyd tot my verbasing opnuut weer navrae begin kry oor die tema van boelies en bullebakke waaroor ek voorheen twee blogs geskryf het. Dit lyk my die probleem duik sommer vroeg in die nuwe skooljaar weer op. Ek kry die gevoel dat die boelie-probleem heelwat groter is as wat ons vermoed as ‘n mens binne die eerste paar dae van die skooljaar soveel reaksies raaksien. En uit die literatuur weet 'n mens dat dit oor ons aardbol 'n probleem is: om mens te wees is dus iewers om tot 'n geboelie te kan neig.

Die boelie-probleem is so ernstig weens die langtermyn-gevolge daarvan: kinders wat geboelie word, is meer geneig tot depressiwiteit in hul volwasse jare en boelies se kanse om kriminele te word is vyf keer groter as normale kinders (sien vorige blog).


Hier onder is ‘n brief wat Seuntjie se skool in Dallas na leerlinge se ouers met die begin van die skooljaar uitgestuur het. Ek is beïndruk deur die wyse waarop die skool die kinders prakties inlig hoe om hulle self te handhaaf in só ‘n situasie. Daarvoor gee hulle baie konkrete advies van hul stad se onderwysowerheid aan die ouers deur (sien brief hieronder). Geen wonder dat die skool gewild is en dat mense selfs huise in die omgewing koop sodat hulle kinders daar kan skoolgaan nie!


Uit die brief blyk dat slagoffers van ‘n geboelie nie aan hulle lot oorgelaat kan word asof hulle softies is en asof hulle maar self reg moet kom en self die probleem moet oplos nie. Ouers, kinders en onderwysers word as gemeenskap bewus gemaak en bemagtig om die situasie te hanteer omdat kinders dit nie op hul eie gaan regkry nie. Hier moet ingegryp word omdat soveel op die spel is.

Moenie die probleem onderskat nie!, sê die brief aan die ouers. Moenie jou kind “dapper” grootmaak en daarmee onbedoeld aan ‘n ongelyke situasie uitlewer nie. Jy bewys jou kind daardeur 'n onguns wat selfs die res van sy lewensloop kan bepaal. Die kind kan nie die situasie hanteer nie, al wil hy of sy, want hy of sy is van die begin af aan die verloorkant en sal aan die verloorkant bly.

Daarom word hier ‘n span-poging aangewend: Kinders, onderwysers en ouers span saam om ‘n omgewing te skep waar afknouers geen grasie kry nie. Dit skep ‘n kultuur van omgee, van ondersteuning, van menslikheid en van onverdraagsaamheid teenoor afknouery.

Hierdie brief aan die ouers van Seuntjie se skool verwys na ‘n skakel wat hoogs interessante leesstof is en wat die moeite werd is om te lees (sien uittreksels hier onder). Die inligtingstuk wys uit dat 1 uit elke 4 seuns en 1 uit elke 8 dogters boelies of bullebakke is! Dit bevat ook raad aan ouers om vas te stel wanneer hul kind geboelie word, want die meeste slagoffers sê sowaar niks van hul ervaring vir hul ouers nie! En nog belangriker, 'n mens word gehelp om eerlik te kyk na jou kind as hy ander kinders boelie en raad gegee om hom of haar dan te help.

Die navorsing wat vir jou vertel watter oplossings wel die skoolboelies in hul spore gaan stuit en wat nie gaan werk nie, laat ‘n mens besef hoeveel werk daar nog in ons skole gedoen moet word. Dit sal goed wees as ouers wat bekommerd is oor ‘n geboelie, hierdie materiaal aan hul skoolhoof of beheerliggaam deurgee.

Maar dit is lank nie meer die taak van ouers en skole nie. Die kerk behoort hierdie tema aan te spreek. Dit is 'n wydverspreide sosiale probleem. Ons het sulke stoer-sondes wat dikwels in preke aangespreek word, soos drank en seks. En intussen groei die wilde lote van 'n wydverspreide sosiale probleem onder ons neuse en ons sien hulle nie raak nie. Predikante kan dus met vrug so bietjie hieroor werk en behoort ten minste 'n paar keer per jaar hieroor pastoraal te gesels.

Jeug-spiritualiteit sal byvoorbeeld aandag gee om kinders te help om hulle self te beskerm teen afbrekende gedrag, sal boelies help om hul ware self raak te sien en sal ouers bystaan om vir hul kinders se toekoms sensitief te wees ook op hierdie vlak. Preke oor 'n boelie, skool-byeenkomste oor wedersydse respek en menslikheid en geselsie met jongmense oor hul verhouding teenoor die weerloses en die geringes kan baie help om 'n gemeenskap te verryk en volwasse te maak.


Ek kan onthou dat ek oor hierdie probleem begin skryf het nadat ek ‘n interessante en ontnugterende artikel in die New York Times oor die tema gelees het. Vir die eerste keer het ek toe besef dat die boelie ten alle koste terapie moet ontvang omdat sy of haar toekoms op ‘n tragedie afspeel. ‘n Afknouer-kind word 'n volwassene met afknouende, afbrekende neiging en word uiteindelik iemand wat nie eers die wet sal ontsien om ander by te kom nie. So iemand loop 'n paadjie tronk toe.

Buig daardie krom boompie dus liewer van vroeg af reg. En doen dit ook van die kerk se kant af.

En ek besef ook nou dat kinders wat nie opstaan teen ‘n geboelie nie en wat nie deur hulle onderwysers/ouers gehelp word om dit te doen nie, ‘n slagoffer-sindroom ontwikkel wat nadelig is vir hulle toekoms. So 'n kind word 'n passiewe mens wat deur ander uitgebuit word en ook op ander vlakke onreg verdra. Ons durf nie ons kinders met 'n slagoffer-sindroom laat groot word nie. Ons het in ons land heeltemal te veel slagoffers wat nie gebore in staat is om hulle verantwoordelikheid na te kom en hulle voet neer te sit wanneer dit saak maak nie.


Ek het met hierdie probleem gekonnekteer omdat ons samelewing deurspek is met ‘n geboeliery. ‘n Mens kry dit lank nie net in skole nie. ‘n Mens kry dit in overte vorm in ‘n werk waar iemand ‘n gesagsposisie misbruik om mense onder hom of haar herhaaldelik en aggressief te benadeel. In so ‘n ongelyke verhouding word ‘n onbeskermde mens uitgelewer aan die destruktiewe optrede van ‘n ander wat mag het.

‘n Mens kry dit op ‘n meer bedekte, koverte manier in die kerk, die preekstoel, in teologiese werke, in akademiese byeenkomste, in skryfwerk in resensies, in die koerante waar nuus gemanipuleer word om mense te benadeel, op die rugbyveld, by skeidsregters, aan universiteite, in koshuise en in baie ander plekke waar mense herhaaldelik geteiken word en geboelie word.

Net ‘n deel van 'n geboelie is lyflik. ‘n Geboelie kan in sommige dele van ons samelewing hoogs gesofistikeerd wees: dit kan gedoen word deur iemand met ‘n skerp tong wat weet om die ander een met mindere praatkrag met woorde te looi en te ontsenu. Dit kan gedoen word op ‘n partytjie waar die skaam, ingetoë mens herhaaldelik belaglike gemaak of dom uitgebeeld word. En so sou ‘n mens baie voorbeeld kon opnoem.

Ek wil nie eers dink aan al die baie goed weggesteekte, vroom vorme van boelie waar mense deur 'n hegemonie van bemagtigdes ander benadeel nie - dikwels sonder dat hulle agterkom watter boelies hulle in werklikheid is nie.


Om te boelie, besef ek weer, is ‘n teken van hoe gewelddadig ons is, so op ons mooi beskaafde, selfs vroom manier. En dit, weer, het my laat dink aan die Bergrede waar Jesus geboelie van ander ook op 'n geestelike vlak aanvat. Ek vestaan al meer die Wysheid dat ‘n mens met jou vuishoue wys hoe innerlik dood jy is aan menslikheid en
met jou Raka-tong ‘n lewe kan verwoes.

Miskien is dit die moeite werd om oor die saak te begin werk deur hieroor ‘n boekie te skryf as skool-materiaal! Ons het hier te doen met 'n saak wat al hoe meer homself opdring aan ons aandag as 'n belangrike asosiale gedragsverskynsel.


Maar hier is die brief:




Dear Parents/Guardians:


Our guidance lesson this week is titled “How to Handle Bullies.” Students learned the definition of bullying, different ways to bully and how to stand up to bullies.


The district definition for bullying as found in the “Student Code of Conduct” is the following: Bullying is when a stronger, more powerful person hurts or frightens a smaller or weaker person deliberately (on purpose) and repeatedly (again and again).



The following is a chart illustrating the differences between rough play, real fighting and bullying.


ROUGH PLAY
Usually friends;
Often repeated (same players);

Balance of power
No intent to harm
Affect is friendly; positive, mutual


REAL FIGHTING
Usually not friends; Typically not repeated
Power relatively equal
Intentional harm-doing
Affect is negative;
agressive, tense, hostile effect


BULLYING
Typically not friends; generally repeated;
Unequal power
Intentional harm-doing
Affect negative; aggressive;and differs for victim and aggressor. Bully---calm;
victim---scared, nervous



Bullies bully in four different ways: Physical (hitting, pushing, tripping); Social (gossip, rumors); Verbal (teasing, name calling); Scaring (saying they will beat you up).

Students learned 5 ways to deal with bullying.

• Stand tall—be confident—tell them to leave you alone.


• Ignore them—walk away—avoid


• Stay with other kids


• Always tell an adult


Children do and will continue to have conflicts in their life as they learn to get along with their friends, peers, and family members. Conflict is normal and resolvable. Bullying is destructive and hurtful to children.


The best solution for a bully is to give your child the tools and strength to withstand it, avoid it, or know when and how to get help. During a family night role play different bullying situations and have your children act them out using one of the above strategies for dealing with bullies. Practice, practice, practice is the key to building self-confidence if your child comes face to face with bully. Remember bullying is an imbalance of power—when we give children the skills and give them opportunities to practice them in a safe environment we empower tem to stand up to bullies.

If you would like additional information on bullying there is a power point presentation on my web site. Please don’t hesitate to call me if I can be of any service to you or your child in the future-214-496-7812.

Sharon Danchak
Town Center Counselor

Hier is die skakel na ‘n baie insiggewende stuk inligting:

http://www.coppellisd.com/15292081965951200/lib/15292081965951200/Microsoft_PowerPoint_-_Bullying-Counselor_TC_web_page.pdf


Hier is ‘n paar uittreksels, maar dit is die moeite werd om die hele aanbieding te lees:

WAYS TO STAY BULLY FREE
1. Avoid bullies

2. Act and look confident
--stand tall
--don’t act afraid
--say “Stop it”; “Leave me alone!”; “So”; in an assertive voice, not in angry or whiney voice

3. Stay calm

4. Use humor—diffuses mean comments—if can laugh at self helps you to not take everything so seriously

5. Imagine the words of the teaser bouncing off of you

6. Respond with a compliment—”Thanks for noticing,” “Thanks for the advice, I’ll consider it.” And walk away.

7. Use positive self talk “I won’t cry or act scared; I will look confident.”

8. Travel in a group

9. Get help from an adult


10 Be observant—if someone is being bullied—stand up for them and tell an adult


11. If you’re in danger, RUN!

12. PRACTICE, PRACTICE, PRACTICE

En, laastens, as 'n nagedagte net om die omvang van die saak te illustreer: ek wonder hoeveel mense sal diep begin nadink as hulle onderstaande vrae moet beantwoord en in plaas van “vriend” woorde soos “my man”, “my vrou”, “my kind” begin invul:


Friend or Bully?


1. Have I been mistreated by my “friend” at different times and in a variety of situations?


2. Is there give-and-take in our friendship?


3. Is my “friend” sensitive to my feelings and willing to try to work out problems?


4. Have I ever been treated cruelly either physically or psychologically by my “friend?”


5. Does my “friend” change and treat me badly when other kids are around?



Saturday, January 23, 2010

Inoefening in die geestelike reis. Oor die belangrike rol van geestelike begeleiding.

Nou onlangs kom kuier een van my oud-studente wat sy proefskrif by my geskryf het vir my. Hy kom uit ‘n toegewyde predikante-familie wat met opoffering oor jare heen merkwaardige werk gedoen het. Vandag is hy in ‘n sleutel-posisie waarin hy verantwoordelik is vir die toelatingsprosedure van predikante tot die bediening. Hulle kyk noukeurig na elke student se persoonlikheid, gawes en geestelike volwassenheid. Hulle huiwer nie om studente aan te raai om, sê hy, ook vir hulle eie ontwil, eerder hulle geestelike gawes in ander posisies te gaan gebruik as dit blyk dat studente nie gereed is vir die bediening nie. Die kerk waaraan hy behoort besef tereg hoe die kwaliteit mense in geestelike leiersposisies die lewe van die kerk beslissend kan bepaal. Daarom is daar by hulle ‘n sterk klem op geestelike begeleiding en onderstreep hulle die belangrike rol van mistagogie. Gelowiges het mekaar nodig wanneer hulle ‘n bepaalde geestelike reis wil begin.

Mistagogie was reeds vanaf die vroegste tye ‘n sleutelfunksie onder die eerste gelowiges. Die duidelikste voorbeeld is Jesus se roeping van dissipels. Hulle het Jesus oor maande lank gevolg om van hom geestelike leierskap en volwassenheid te leer. Van hom het hulle gehoor watter geestelike reis hulle sal loop (bv. Matteus 10). En in Handelinge 1 meet hierdie dissipels op hulle beurt hul mede-dissipels aan sekere maatstawwe voordat hulle hul geledere versterk na Judas se dood. Hulle neem verantwoordelik¬heid vir die geestelike reis wat hulle met mekaar en ander moet loop.

Die doel hiervan is duidelik: Geestelike leiers is mense wie se eie lewe die beeld en die vingerafdruk van God dra waardeur hulle ander se reis met God beïnvloed. Mede-gelowiges sien hulle en herken God se beeld in hulle lewens. Hulle “praat” nie bloot met gesag oor God nie – hulle leef met gesag. Geestelike leiers ( die predikant, die dienswerker, die voorsitter, die kategeet, die Bybelstudie-leier, die jeugwerker) skep dus met hul lewens ‘n sfeer van goedheid wat mense aantrek en inspireer om ook die geestelik reis te soek. Ons kan verder van mekaar leer waar God ons op ons geestelike reis wil neem.

Hieraan dink ek toe ek In die Duitse Spiritualiteitsbundel (sien vorige blog) die tweede artikel van Ernst Dassmann (kerkhistorikus en patroloog van Bonn) oor die geestelike leerproses in die vroeg-monastieke tyd lees. Die titel van die artikel is mooi: “Vater, gib mir ein Wort... Geistliches Lernen in frühmonastischer Zeit” – “Vader, spreek tot my ‘n woord. Oor die geestelike leerproses in die vroeg-monastieke tyd. Dit is ‘n historiese stuk werk oor die eerste fase van die groot beweging in die tyd van die kerkvaders toe monnikke begin het om in afsondering te leef.

‘n Mens kon in die antieke nie sommer maar net ‘n monnik word nie. Anders as wat vandag soms gebeur, skryf jy nie in vir ‘n teologie-graad en word dan deur die kerk as predikant gekeur en toegelaat nie. Jy is nie beoordeel as ‘n goeie kandidaat in terme van jou intelligensie of jou prestasies nie. In daardie tyd is iemand mistagogies begelei, veral waar iemand wou deel word van ‘n gemeenskap wat in afsondering geleef het. Hierdie gemeenskappe het besef dat nie almal die geestelike gawes het om die moeilike pad van asfsondering te loop nie en hulle het daarom verantwoordelikheid geneem om mense te help vasstel of dit werklik deel is van hulle geestelike reis om monnikke te word. Wat vir hulle dus getel het is of iemand die geestelike instelling en lewenswyse van die orde kon uitleef.

Dit alles het beteken dat iemand eers vir ‘n proef-tydperk van inoefening in die geestelike lewe aangemeld het om voorberei te word vir ‘n moontlike aanvaarding as monnik. Die tyd van inoefening is die novisiaat, of nuwelingstyd. Dit is byvoorbeeld interessant dat die bekende Thomas Merton afgewys is deur die eerste orde waavan hy wou lid word – hulle wou hom nie eers as novisiaat aanvaar nie. Eers daarna het hy tot die Trappiste-orde toelating gekry.

Hierdie mistogogiese proses was vir die novisiaat in antieke tye self ook van groot belang en hulle het hulleself ten volle daaraan oorgegee. In hierdie tyd het nuwelinge wat ‘n lewe van afsondering wou lei, na bekende geestelike figure gegaan, by so ‘n persoon gebly en van hom geestelike begeleiding ontvang totdat die persoon sterk genoeg gevoel het om die anagoretiese lewe van totale afsondering op sy of haar eie of in ‘n hermiete-gemeenskap te gaan lei. Die “geestelike vader” het hier nog nie enige formele gesag gehad soos in latere tye nie.

In die Duitse artikel verwys die skrywer, Dassmann, na ‘n boeiende uitspraak van die bekende monnikke-vader, Antonius, wat in die bekende teks van Athanasius se Vita aangehaal word. Athanasius skryf hoe hy as nuweling met verwondering die verskillende gawes van die hermiete by wie hy oor geestelike groei gaan leer het, opgemerk het:

By hierdie een het hy vriendelikheid opgetel en raakgesien, by ‘n ander gebedsywer. In hierdie een merk hy ‘n rustigheid, by daardie een ‘n menslikheid. By die een ontdek hy waaksaamheid, by die volgende een ‘n leergierigheid. Hy bewonder een vir sy standvastigheid, daardie een vir sy vas-gewoontes en dat hy op die kale grond geslaap het. Iemand anders weer herken hy as ‘n sagte mens, by ‘n volgende een is daar ‘n groothartigheid. Vervuld deur al hierdie ervarings, het hy toe tot sy eie plek van afsondering teruggegaan (Vita Antonii 4).

As ek dit lees besef ek dat geestelike volwassenheid kom tot die gelowiges wat weet hoeveel geestelike hulp hulle nodig het en wat dit gaan soek van mense wat reeds verder as hulle op die geloofsreis gestap het. Vandag sal ons van ‘n “mentor” praat wat ‘n onervare persoon vir raad en ondersteuning doelbewus opsoek.

Die doel van mistagoge was gedeeltelik om iemand te help om te besin oor sy of haar innerlike betrokkenheid by hul geloof, om iemand te help insien of hy of sy die gawes het wat vir ‘n bepaalde geestelike reis nodig is of om iemand te help inoefen in die volheid van die geestelike lewe. ‘n Mens leer by ‘n geestelike begeleier dalk byvoorbeeld wat jou spesiale gawes is, maar jy kan ook ervaar hoe ander gawes jou lewe kan verryk. Antonius het in elkeeen van die geestelike leiers iets aantrekliks gesien wat hy vir sy eie lewe begeer het en waarin hy hom wou inoefen. Dit alles beteken dat ons ons moet “inoefen in spiritualiteit,” soos Dassmann skryf van die novisiate (“Einübung in die monastische Spiritualität”). Ons soek, ook deur te let op die lewe van ons voorgangers en mede-gelowiges, die “vrug” van die Gees in sy volheid van verskeidenheid – vriendelikheid, gebedsywer, rustigheid, menslikheid, sagtheid, ruimhartigheid en baie ander wat deel is van die sfeer van goedheid waarin ons ons geestelike reis moet voortsit.

Die mistagogie kan maklik ontaard. ‘n Geestelike begeleier is nie ‘n baas wat bevele uitreik nie, hoewel hy of sy altyd eerlik en openlik sal wees. ‘n Mistagoog is die afrigter en die breier deur wie die beste in jou uitkom. Hy of sy is die een wat jou help in die harde inoefening. Ons almal weet hoe beslissend ‘n goeie kaptein of breier vir ‘n span kan wees. ‘n Mislukte groep kan ‘n wenspan word as daar iemand aan boord kom wat weet hoe om die beste uit hulle te haal. Die mistagogie moet so wees. ‘n Breier wat sy sout werd is, sal sy of haar span tot in die fynste detail inoefen. Hy bring hulp-breiers, fisioterapeute, sportsielkundiges, administrateurs en net die beste hulpkragte in. Alles gaan om optimale inoefening. Hoe meer gefokusd en gedetailleerd die inoefening, hoe geslaagder is die uitkomste.

Dassmann begin sy artikel so: “Je ausgeprägter die Spiritualität einer Gruppe ist, umso sorgfältiger muss sie gelehrt und eingeübt werden.” En ons weet hoe waar dit van die praktyk is. ‘n Protestant sal nie sommer net kan inval by ‘n Rooms-Katolieke mis nie. Hy of sy sal baie van die fynere aspekte totaal misverstaan. Of: iemand wat ‘n Christen word, soos ons maar weet uit Paulus se briewe, moet ‘n hele nuwe en uitgebreide leerskool ervaar. Waar dit nie gebeur nie, sal hy of sy dikwels uitsak en agterbly. Juis daarom is die mistagogie belangrik: om deel te bly van die geloofsgemeenskap is dit nodig dat ons ons gedurig inoefen in die geestelike aspekte van daardie gemeenskap. Hoe meer ons dit doen, hoe vervullender sal ons geestelike reis wees.

Wanneer ‘n kerk of ‘n geestelike groep nuwelinge opneem in hulle geledere wat net so ‘n vae idee het waarom dit in hulle geestelike lewe gaan, sal die geestelike lewe in daardie groep flou en afgewater wees. Daar waar ‘n geestelike gemeenskap hulleself diep ingrawe om op baie maniere God se liefde, genade en verwagtinge vir hulle in te oefen en uit te leef, brand hulle geestelike vuur hoog. Juis daarom het ons mense nodig wat heiliger lewe, wat met groter toewyding op God wag, sodat hulle saam met die wat nog jonk in die geestelike lewe is, die geestelike lewe met inspanning kan aflê en sodoende volledige vrede en vervulling kan vind.

Dit is die atleet wat hard oefen, wat ure in die arena deurbring, wat die skare meesleur in verwondering oor sy of haar wedloop. Heel dikwels weet die skare ook dat daardie atleet sy prestasies te danke het aan iemand wat met groot geduld en ondersteuning lang tye met hom of haar in afrigting deurgebring het. “Let op mekaar,” het Paulus geskryf en mense aangespoor om, soos Christus, hulle onderlinge geestelike verantwoordelikheid teenoor mekaar na te kom. ‘n Geloofsgemeenskap wat ryk is aan mistagoge is ‘n gemeenskap wat vreugde vind in geestelike inoefening en dus ryk is aan krag.

Blog Archive