Thursday, October 21, 2010

Dit is net wanneer God 'n mens aanraak. Oor die mistieke ervaring

Die mistikus kan nie die goddelike aanraking beheer nie. God word nie deur menslike aktiwiteite gestuur nie – daarom juis praat ons van “God”. God, inteendeel, bepaal wat met mense gebeur en wat hulle laat gebeur.



Die mistikus kan maar alleen wag op God, reseptief, leeg, totdat God die hand uisteek....


Underhill skryf in haar boek oor die aard van mistiek (Mysticism) van ‘n soortgelyke ervaring by groot skrywers, kunstenaars, digters en wyses: hulle kry hul inspirasie, maar hierdie inspirasie word nie netjies deur hulself aanmekaar getimmer nie. Dit gebeur net. Die groot denker is iemand wat sy of haar insigte put uit ‘n kontak met die onbewuste, met ‘n vlak wat ver anderkant die rasionele en sintuiglike lê.


Sy haal dan vir Philo aan:


“Soms,” skryf Philo, “as ek heeltemal leeg in myself gaan sit en werk het, is ek skielik vol: idees het my oorval en van bo in my kom nes skop. Deur hemelse inspirasie het ek baie opgewonde geraak. Ek was nie bewus van die plek waarin ek my bevind het nie en ook nie van die mense om my nie. Ek was ook nie van myself, van my skryfwerk of van wat ek gesê het, bewus nie. Want ek was oortuig dat wat ek te sê gehad het, reg was, van vreugde in die lig, ‘n diepsinnige insig, ‘n bruisende energie in alles wat gedoen moes word. Dit het so ‘n merk op my gelaat soos wat ‘n sigbare demonstrasie op die oog laat.”


Underhill noem dit ‘n kreatiewe ekstase. En voeg by dat dit soortgelyk is aan wat gebeur wanneer ‘n mistikus die goddelike teenwoordigheid skielik ervaar.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive