Friday, October 15, 2010
Mislukkings as 'n teken van geestelike groei....
“Ek het teruggeval,” vertel die alkoholis. En sy of hy voel asof alles verlore is. So iemand sit dan op moedverloor se vlakte. Dikwels, sal hulle terugdink en nog dieper in wanhoop wegsink as hulle in gedagte roep hoe dikwels dit al voorheen gebeur het. Elke keer weer was daar ‘n poging om te verander, elke keer weer was daar die teleurstelling van mislukking.
Dit is maar een van baie voorbeelde. Die geveg teen middele-afhanklikheid is maar ‘n enkele voorbeeld van frustrasie oor herhaalde mislukkings.
Inderdaad is daar gevalle waar mense doodeenvoudig ‘n lewe van argeloosheid, willekeurigheid en wisselvalligheid het.
Hulle word deur die geringste teenspoed in ‘n ander rigting gewaai. Of hulle word om die nietigste redes weerhou daarvan om hul besluite en voornemens uit te voer. Hulle kom nêrens nie. Hulle raak eenvoudig moeg en hou nie by wat hulle besluit het nie. Hulle kry op ‘n stadium eenvoudig genoeg en wil dan hul eie kop volg. Nie net die alkoholis nie, maar vele ander mense in ander lewensterreine besluit om te verander en gee daardie poging heeltemal prys.
Hulle sal jou vertel hulle gaan verander, maar hul lewe toon geen teken daarvan nie.
Mense maak die fout om hierdie soort traak-my-nie-agtigheid te verwar met die stryd wat gelowiges in hul geestelike reis voer. In hierdie reis raak gelowige mense wat soek om nuut te lewe maklik moedeloos as hulle skielik ‘n terugslag ervaar en sien hoe al hul goeie voornemens tot niet gemaak word. Een oomblik het hulle die hoogste ideale om hul lewe aan God oor te gee en om God met absolute toewyding te volg. Die volgende oomblik sien hulle hoe hierdie drome aan skerwe lê. Hulle ervaar telkens weer die op en af van die geestelike reis, die hoogtepunte wat deur laagtepunte opgevolg word. Of – mense praat van die “piek”-ervaringe wat so maklik omslaan in ontnugtering van die vallei-momente.
Hulle sien dit as swakheid, mislukking en geestelike verlamming. Juis omdat alles nie dadelik na hulle sin is nie, voel hulle gefrustreerd en ervaar geestelike verlamming en self-verwyt.
En tog, skryf Faber, is dit juis ons nuwe begin wat ‘n sekere teken is van geestelike groei. Dit is ‘n teken van onkunde of domheid as ons al ons pogings om weer van voor af met God te reis as ‘n ontnugtering sien.
Die “volmaakte” mens is die mens wat elke keer weer opstaan, opnuut begin en vorentoe beur.
‘n Mens wat misluk, daarenteen, is iemand wat probeer en dan opgee. Hy of sy probeer nie weer nie. Hulle draai hulle rug en loop ‘n ander, makliker pad. Hulle lewens word dan onvolmaak, gebroke, hul ideale afgebreek en tot niet gemaak.
Die geestelike mens val terug, ja, maar staan dan op en probeer weer. Hulle leer die duur les dat die pad moeiliker is as wat hulle gedink het. Hulle leer dat dit nie gaan of ‘n mens val nie, maar of ‘n mens elke keer weer vasbyt en vorentoe beur.
In tye van frustrasie en van terugval, keer hulle nie die rug op God nie. Hulle gee nie hulle gebede op nie. Hulle hou nie op met hul geestelike oefeninge nie. Hulle is volmaak ingestel op die verlange en soeke na transformasie.
Hulle begin opnuut om God te wil dien in hul geestelike lewe. Hulle weet dit is taai, maar hulle probeer nogtans om God se eer in hul lewens te soek. Opnuut weer vlam daar in hulle harte ‘n begeerte op om nader aan God te kom. Elke keer weer laat hulle blyk hoedat hulle nie maar op hul eie en vir hulself wil lewe nie, maar juis tot God wil keer en vir God wil leef.
Hierdie opstaan, ten spyte van die val, is ‘n seker teken van geestelike groei. Elke keer weer is die nuwe begin ‘n teken van die mens se reaksie op God se roeping. Dit is ‘n mistieke antifrase. Juis in ons mislukking kom die terugveg, die vooruitbeur, die hoor van God se stem.
En dit sou verklaar waarom mislukkings so pynlik is. Die val van ‘n gelowige, die oomblik van swakheid, daardie oomblik wanneer Petrus die verraad pleeg, is nie maar net ‘n blaps nie. Dit is die oomblik dat die geestelike reisiger berouvol hand op die bors slaan. Dit is ‘n teken van geestelike groei.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2010
(356)
-
▼
October
(31)
- Jesus se woede.
- Wanneer God die huis van die tollenaars binnekom. ...
- Eenvoud.
- Liefde skep liefde
- Tent opslaan en altaar bou. ‘n Geestelike lees van...
- Oor liturgiese spiritualiteit. Skole van spiritual...
- Soms gaan dit in die kerk baie goed as daar min ge...
- God werk in goed en in kwaad. Oor Psalm 92.
- Wanneer die kwaad om jou in jou kom woon: Oor ons ...
- Om te begin leef met ‘n doel. Nog ‘n teken van gee...
- Dit is net wanneer God 'n mens aanraak. Oor die mi...
- Die kosbaarheid van die lewe
- Die geestelike lewensreis. Oor skole van spiritual...
- Om berouvol te leef is om straf te bemin. Oor bero...
- Mistek en die protestantisme.
- Mislukkings as 'n teken van geestelike groei....
- God weet van ons! Bybelstudie oor Openbaring (16).
- Dink aan hulle wat gered word, maar onthou veral v...
- Verganklikheid van roem; onverganklike liefde.
- Die gawe van onbehae...
- Om lyding te begeer....
- Beauty is in the eye of the beholder....
- Die waarheid van die Evangelie is groter as die ke...
- Om verlangend op soek te gaan na die Liefde
- Is daar dan geen ontferming nie?
- Om verby alles, in menslikheid in te sien.... Oor ...
- Ons skryf die blaaie van ons lewensboek tot eer va...
- In die aangesig van lyding: hoe hanteer 'n mens ly...
- “Ek was stom en het nie my mond oopgemaak nie.”
- 'n Week in die stad van die Tsare
- Spesiale geleentheid
-
▼
October
(31)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.