Die dagboek van Ds. Luckhoff oor sy konsentrasie-kamp ervaring gee ‘n besondere insig in die maniere waarop hy die intense lyding hanteer.
Hy is duidelik oorweldig deur die eindelose lyding wat hy om hom ervaar: “the work is the hardest in the world” (5), of: “work here for 10 men”: “no chance alone; no show; the helplessness of it all! and there are hundreds sick and dying that I know not of, and that I could not visit even should I know” (6). Op 24 Augustus merk hy op: “The misery in our camp heart-rending; hopeless to cope with work.” Op 27 Augustus skryf hy: “there is too much despondency and heaviness of spirit rampant; Extremely difficult task, for the conditions all around are most lamentable depressing.” Hy vertel dat hy “incessant weary” is (6) en dit pla hom kennelik dat hy nie tyd het om hom vir prediking voor te berei nie (11, 15, 16, “No time to prepare; I tremble when I think of what I venture in coldbloodedness”): “Recklessness, preached twice to-day without preparation; ‘sommer uit die vuis uit...,’ simply compelled to.” (Maar voeg dan by: “made services short: fifty-five minutes” (!).
Om hierdie opmerkings van hom te verstaan, moet ‘n mens sommige van sy besonder grafiese vertellings van die toestand in die kamp lees: Hy skryf, byvoorbeeld, op 24 Augustus as volg: “coughing, wailing, crying, groaning.” En nog poëtieser is sy beskrywing op 27 Augustus: “great coughs; little coughs; deep coughs; shrill coughs; hoarse coughs; long coughs; short coughs; coughs that are no coughs at all. Wonder how many are to die tonight!” Hy skryf herhaaldelik oor die fluitjie wat die mense van die tent met die dooies ontbied om dooies te gaan verwyder: Op 25 Augustus skryf hy: “Horrible whistle that! It signals the morgue tent people to come and remove the dead. It is Death’s shrill, harsh, jarring, triumphant shout! It shivers one through” (7). Later, op 1 September skryf hy: “The nights here are so awful, one yearns for the day; and then the fearfulness of being awakened repeatedly in the night by the tramp of those who carry away the dead to the morgue tents.... One grows a bit pessimistic under the circumstances...” "It is so hard to pray, and so very wearying. And then, to comfort and cheer, when your own heart is lead within" (16; weer 32). Seker een van die meer aangrypende gedeelte is wanneer hy op 1 September skryf: “For the very essence of sorrow and misery, come here! For weeping, wailing mothers, come here! For broken hearts, come here! For desperate misery and hopelessness, come here!” (16).
Hoe kon hy deur hierdie lyding kom?
Die meeste van die tyd vertel hy dat hy iets gedoen het wat hom tot rus gebring het. Soms is dit ‘n sigaar of ‘n pyp (2, 56, 65: “and now for a good old pipe”), soms is dit ‘n stortbad wat hom kalm en vars laat voel (5) of ‘n bui reën (24): “Glorious rain. How nice it will be to sleep with the soothing music of falling showers” (sien ook 55, 56). Soms is dit wanneer hy briewe of voedsel van die huis af ontvang (8, 62, 65: “And now... for a few good long thoughts of home, dear ones, and friends”) of wanneer hy ‘n aandete saam met iemand nuttig (14, 53). Op 16 September sê die laaste sinnetjie: “Pancakes; five easily.” Partykeer word sy aande meer aangenaam gemaak deur stories oor sy reise. Op 3 September verwys hy hierna: “in Italy once more” (19). Na ‘n somber vertelling op 6 September, byvoorbeeld, skryf hy: “But there sings the kettle!” wat hy in ‘n voetnoot uitbrei met: “for cocoa”! (22). Op 12 September eindig hy sy dagboek met een sinnetjie: “Arrival of my autoharp; gladness” (op 23 September skryf hy dat die harp in die tent is waar mense herstel en op 29 September vertel hy hoe hy iemand daarop in sang begelei het).
Opvallend is dat mense hom opbeur, nie oor wat hulle vir hom sê of oor moed wat hulle vir hom inpraat nie. Meestal is dit net omdat hulle sulke indrukwekkende mense is. Hy praat van ‘n Old Mr. De Villiers, die “grand old man; great cheer to myself” (5). Dikwels verwys hy na die Van As gesin wat hom beïndruk (14). Aan die einde van sy dagboek vertel hy hoe hy na ‘n maand in die hospitaal, in totale instorting, juis na die Van As gesin ontsnap het (67). Of, aangrypend, telkens, is dit die stilte van die aand wat uiteindelik oor hom gedaal het, wat hom weer kalm maak (9 en 19 – “the blessedness of eventide”). Op 24 Augustus skryf hy: “Five hours incessant work; wearisome, thank God when twilight comes” (6). Op 27 Augustus begin hy juis sy inskrywing oor ‘n “record” dag waarin hy 35 besoeke afgelê het, met: “The blessedness of eventide” (sien ook 59, 63 – “the blessedness of eventide, the satisfaction after long and hard day’s work; delicious feeling of rest and contentment; soothing is such solitude,” 64). Dit is op bladys 65 van die dagboek, in die laaste inskrywing op 24 Oktober dat hy aangrypend skryf oor die tol wat sy werk van hom eis. Dan eindig hy die gedeelte: “O the monotony, the horrible monotony of my work! How welcome the hour of sunset! How blissful to lay me down to sleep! Thank God for the unspeakbale gift of sleep – that period of forgetfulness, of rest, of void.”
Maar, dit is uiteindelik kerkdienste wat hy gedurig noem as oases van geluk. ‘n Kerkdiens het hom feitlik in ekstase op 22 September wanneer hy vertel van ‘n jeugbyeenkoms in die kerk om 19h15 waar 500 jongmense opdaag, met ‘n paar ouer persone as toeskouers. “Shall never forget how they sang Psalm 146. It was glorious. We sang Psalms and gezangen and some ‘kinder harp liederen (children’s hymns); and for the last, Gezangen 12, ‘op lieder wijs’ (to new tune). Beautiful! Short address on Zacchaeus – ‘Moeijlikheden’ (difficulties). The heartiest and most refreshing meeting ever yet attended; had to stand in the middle all the while, with hardly room to turn myself. So delighted that announced another meeting for Tuesday; fine moon just now” (42; sien ook 44, 47, 50, 59, 61). Hy sluit af deur te vertel dat die eintlike punt is hoe die geklank van die sang deur die kamp getrek het en menige hart verfris het.
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.