Tuesday, October 12, 2010

Verganklikheid van roem; onverganklike liefde.

Adriaan Haasbroek, wat seker soos ek 'n Peanuts-bewonderaar is, stuur vir my eergister die beriggie hieronder. Dit gaan oor die "filosofie" van Charles Schultz. 

Mense deel graag met hul kennisse deur eposse sulke soort gedagtes. Ons vind dit mooi en gaan dan aan met ons lewe.

Hierdie een staan vir my egter uit, sekerlik omdat daar 'n stewige stuk spiritualiteit in weggesteek is. Ek betrap my dat ek 'n paar keer die afgelope paar dae daaroor nadink.

Ek het dit nog nie voorheen gelees nie, dus was die inhoud daarvan vir my nuut.

Dit is een van daardie stukke wat ‘n mens laat dink, jou so bietjie tot stilstand bring en selfs koers laat wysig. 

Die beriggie bevat die volgende twee stelle vrae (en 'n paar bekoorlike prentjies) onder die opskrif: The following is the philosophy of Charles Schultz, the creator of the "Peanuts" comic strip (ek haal maar op sy Brits aan):

1. Name the five wealthiest people in the world.
2. Name the last five Heisman trophy winners.
3. Name the last five winners of the Miss America.
4. Name ten people who have won the Nobel or Pulitzer Prize.
5. Name the last half dozen Academy Award winners for best actor and actress.
6. Name the last decade's worth of World Series winners.


Die kanse is goed dat jy hier, soos Julius in sy houtwerk, 'n dubbel FF score. Maar, besef ek, selfs al ken 'n mens baie van die antwoorde, bly dit maar 'n intellektuele bedryf om die vrae te antwoord.


Dan volg die eintlike deel wat 'n mens aan die dink kry - in die volgende vrae:

1. List a few teachers who aided your journey through school.
2. Name three friends who have helped you through a difficult time.
3. Name five people who have taught you something worthwhile.
4. Think of a few people who have made you feel appreciated and special.
5. Think of five people you enjoy spending time with
.


Toe ek die vrae lees, skop daar skielik 'n hele klomp emosies by my in en baie gesigte van liefde kom by my op.  

Om so 'n stel vrae te antwoord, besef ek later, betrek 'n mens op 'n heel ander manier as die eerste stel. 

Hier, in die antwoord op sulke vrae, is die hart aan die saampraat.

Dit is sulke vrae, besef ek met die lees daarvan, wat 'n mens weer laat besin oor wat jou lewe die moeite werd maak, wat egte geluk is, wat vriendskap is en wat jou laat besef wat jy alles, so futiel-weg, opoffer en prysgee vir dinge wat nie regtig saak maak nie.

Verhoudinge, besef ek, wat transformatief is, wat 'n mens in jou lewensproses vorm, maak saak. Die feite, prestasies, blinkerighede, medalje's, roem, faam, mag, status, posisie, slimmighede en al die ander dinge wat ons so begeer, weeg nie regtig op nie - hoe lekker hulle ook al op die oomblik mag wees.










No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive