Saturday, May 09, 2009

Menslikheid

Daar is ‘n insiggewende verhaal oor Dorothy Day. Sy sit as geestelike werker in haar kantoor met ‘n man en gesels wat maar rof en onbeskof lyk, soos die volkstaal hom deesdae sou beskryf. Sy voorkoms is misrabel sleg – hy lyk gehawend en praat onsamehangend. Terwyl sy ernstig met hom aan die praat is, kom ‘n joernalis daar aan om die bekende vrou te sien vir ‘n onderhoud.

Sy bly praat met die man, sodat die joernalis naderhand ongeduldig raak en rondkriewel.

Vra Dorothy Day vir die verslaggewer, dood-ernstig: “Wag jy dalk om met een van ons te praat?”

Salig was sy so opgeneem in die gesprek, dat sy nie vir ‘n oomblik die gehawende man kan bedink as iemand vir wie ‘n mens die wenkbroue oplig nie. Hy is iemand wat by haar is as mens. En in haar oë is dit moontlik dat hy, net soos sy, deur ander opgesoek kan word.

Sy sien voor haar nie ‘n gehawende, vernielde hulpsoeker nie.

Sy sien voor haar ‘n mens.

Laat my dink aan die ander twee kruise, so lank terug.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive