Saturday, May 02, 2009

Ontferming

Ons hou stil by die netjiese "weeshuis." Twintig jaar gelede was dit ‘n familiehuis in ‘n tipiese voorstedelike Afrikaanse woongebied waar Afrikaanse gesinne knus naby die kerk en skool in ‘n rustige woonbuurt gewoon het. Maar die tye het verander. Nou het dit, as deel van Shiloh se omvattende werk, ‘n “weeshuis” in die kleine geword wat volgens regeringsbeleid aan kinders op klein skaal ‘n veilige tuiste gee. Tien kinders word daar met ‘n ma gevestig. Hulle kom van oraloor, maar het die een gemene deler dat hulle niemand het om vir hulle te versorg nie.

Ons word begelei deur Andre Beeton wat geduldig en entoesiasties vir ons van Shiloh se aktiwiteite vertel (http://www.shiloh.org.za/). Dit is ‘n opheffings-organisasie wat veral deeglik verantwoording van hulle finansies doen – geen korrupsie en bedrog hier nie. Hulle gee nie net konkrete hulp nie, maar volg dit op deur geestelike begeleiding. Hulle werk nie net ad hoc nie, maar beplan deeglik en op gesonde beginsels. Vanuit ‘n sentrale kombuis word byvoorbeeld vir een van hul werksaamhede etes voorberei wat nou al oor die hele Skiereiland vir sopkombuise gebruik word. Shiloh se webwerf vertel al ‘n verhaal: Geen soppy stories of prima donnas wat groot weldoeners is nie.

Hulle het die huis onlangs gekoop, opgeknap en gemeubileer. Nou woon hier ‘n huismoeder met tien kinders (sien hier onder vir ‘n vertelling daaroor). Vir die eerste keer het die kinders ‘n veilige tuiste. Elke kind het ‘n ordentlike, netjies bed. Die huis is pragtig uitgerus. Die reëls is duidelik uitgespel. Die kinders word in ‘n familie-konteks ingeburger en op hul skoolwerk ingestel. Hulle word liefde gegee, maar terselfdertyd waardes en geleenthede. Hierdie dade van ontferming vir die kindertjies sal hul lewens vir altyd verander.

Terwyl die sewe van ons na ons toertjie deur die huis op pad uit is, kom een van die kleintjies van die skool in haar netjiese uniform by die huis in. Sy omhels kinderlik bly die huismoeder en gee haar ‘n drukkie. Ek neem ‘n foto van haar en sy kom loer nuuskierig oor my skouer na die beeld op die kamera. Sy is netjies aangetrek, net nog ‘n dogtertjie wat argeloos deur die dag leef. Sy dwaal of loop nie op die straat rond nie, ly nie honger nie, word nie misbruik nie. Sy het ‘n veilige tuiste. Sy is maar net nog ‘n gelukkige kind. Later, terwyl ons deur die township ry, sien ek met groeiende ontsetting hoe haar veilige lewe afsteek teen dwalende en verwaarloosde kinders op straat.

Daarna gaan ons na Wallacedene om die kerk se werksaamhede te bekyk. Dit is geleë in ‘n see van armoede. Shiloh ondersteun die gemeente, voorsien etes (30 000 per maand), lei mense op as entrepeneurs, reël rekenaar-opleiding, maak klere beskikbaar. Ek is geroer en beïndruk deur die menswaardige benadering: hier word nie aalmoese uitgedeel op ‘n patroniserende manier nie. Hier word ‘n verskil in mense se lewens gemaak deur hulle nood te verlig en deur hulle by te staan om self op hul bene te kom.

Ek besef ook watter verskil Afrikaanse mense onselfsugtig maak in lewens van mense wat nie kan oorleef op hul eie nie. Hier werk onder andere gewone N.G.kerkmense en gemeentes saam, sonder veel ophef. Ek het maar deur Sam Pienaar hiervan gehoor en vir hom gevra om my besoekers daarheen te neem. En nou word ons vanoggend blootgestel aan ‘n wêreld van ontferming en opheffing. Ons praat en lees dikwels – heldevererend – oor Moeder Teresa in die hel-hool van Kalkutta. Ons hoef nie ver te reis, Indië toe, om ander mense wat ewe dapper en toegewyd is te ontmoet nie.

Baie dinge bly by my: Andre Beeton se entoesiasme en betrokkenheid. Die pastor wat in hierdie modderpoel van ellende gereeld tot twintig kinders in sy huis opneem en laat woon – om maar net ‘n verskil te maak aan die ellende van kinders in die gemeenskap. Die huismoeder wie se lewe om tien kinders van ander mense draai. Die vriendelike kindertjies in die kerk se creche – hulle lê op matrasse in ‘n sinkgebou en kom lag-lag ons hande skud. Die lang kamer (‘n container) waarin daar tien rekenaars netjies staan waarop mense opgelei word. Die staat wat hierdie projekte ondersteun omdat so baie ander projekte deur korrupte mense gebruik word om hulleself te verryk en die geld nooit by die armstes uitkom nie. Kan ‘n mens vir een oomblik ‘n enkele sent van geld wat sulke nood moet verlig ooit vir jouself vat? Hoe slaap jy in die nag en hoe kyk jy mense in die oë as jy so iets doen?




Daar is te veel om te vertel.

Ek vra vir Andre wat ons no-nonsense oor hul werke inlig: praat jy ooit met gemeentes daaroor? Hy besoek nie juis gemeentes nie, antwoord hy. Ons stem saam – ‘n mens moet kom kyk om te weet watter wêrelde hier vir jou oopgaan wat jy nie gedink het in ons land bestaan nie.

Hoekom kry ek hier die gevoel: wat tel is doen? Dinge moet aangepak word. Daar is amper nie tyd vir smeek en bedel nie. Wie doen, sal ontvang. Vandaar die gedurige refrein orals waar ons kom: die Here voorsien wonderbaarlik. Soos my ma altyd gesê het: hier staan mense se hande reg om goed te doen.

Toe ons wegry sê my geleerde Nederlandse besoeker en groot internasionale kenner van spiritualiteit sagweg met ‘n ingetoëndheid: Só moet die Christendom lyk.

Alles wat ons saam met hom by kongresse en die universiteit die afgelope twee weke geleer het gedurende sy besoek verdwerg voor wat ek in hierdie oggend beleef. Die kennetjie van die dogtertjie wat bo my skouer uitsteek soos sy nuuskierig na haar foto op die kamera loer en haar blye uitroep toe sy by die deur instap en haar huismoeder sien, word vir my die gesig en die stem van die Een wat smag om alle mense aan te raak en te vernuwe.

Later sê Celia, my professor-vriendin: As ‘n mens so ‘n dag beleef, wil jy alles net so los en kom uithelp. Maar, voeg sy by, nadenkend, ons kan nie, want ons het ons eie werk en dit moet ook deur iemand gedoen word. Ek dink nog altyd oor haar woorde en wonder: as ek maar soos Andre Beeton kan wees en op so ‘n konkrete manier verandering in mense se lewens kan bring...

Die pastor leun teen die tafel buite die kerk en vertel vir ons sewe byna peinsend ons verhale uit sy bediening. Hy vertel van ‘n bejaarde vrou wat in vuilgoedsakke in die township by sy huis kos uitkrap. Toe hy vir haar ‘n sak mielies gee wat hulle as skenking ontvang het, hardloop sy met sak en al skoon onder hom uit. Terwyl hy haar agterna kyk, besef hy, sê hy, dat dit sy lewe vervullend maak: “caring” and “sharing”. Des te meer, dink ek, kouend aan sy woorde, as ‘n mens deel en omgee met die armstes van armes. Maar hy praat hieroor nie onaangeraak nie. Dit is woorde wat swaar in die lug hang: om oor armoede te praat met bevoorregte mense wat na die plakkerskamp kom “kyk” het.... Hoe vertel jy hulle dat daar meer, baie meer, is as net die krothuisies, die boomlose omgewing, die stofstrate en –tuine, die kaal vlaktes, die karige gemeubileerde kerk, die paar mense wat omgee en woel.... Want as hulle in hul blink karre om die draai verdwyn, leef die mense voort. Steel hulle nog desperaat om iets in hul maag te kry. Sit hulle hul kinders op straat.






Miskien ‘n laaste vertelling: Elke kersfees deel die gemeente 3,500 kerspakkies uit aan inwoners van die township. Die kindertjies staan lang toue. Die gemeente moet streng en versigtig die lang rye beheer want dit ontaard maklik in ‘n stamptog. Hulle gee eenvoudige presentjies. Kan jy jou indink, sê hy, dat ‘n seuntjie blink-oog en bly die tennisbal uithaal?

Kan jy jou indink?



Praise the Lord
Date received : 2009-02-23 On the 11th February, 2009, three children moved into our Shiloh Children’s Home. We have awaited the arrival of our children very eagerly. For this event we baked a cake and had a welcoming party for them.

We were so glad to welcome our first children in the Home and we did everything we could to help them settle in. As we got to know these children and heard what their dreams were, both Lorraine and I came to a sort of mind-shift. Both of us have children that are already adults. We are not so young anymore, but took employment with Shiloh to open up this house because we love working with children and it has been our dream to help those who are suffering. Now suddenly we find ourselves being part of a family again with young children who are still busy preparing themselves for their futures. For us it is no longer just a job! We have got caught up in their dreams and it has become a challenge for us to help ‘our’ children achieve their goals.

The eldest is a girl who is in Grade 11 and wants to study hospitality and become a chef. She is studying the right subjects at school to qualify for her further studies. The next child, also a girl, wants to become a doctor! The youngest, a boy, wants to become a lawyer! We know children can often change their minds, but if they stick with their hopes, how can they possibly achieve them? They have no resources and no family support. We came to the decision that we would support them in their dreams and goals and let God do the rest, because with Him everything is possible.
SARAH ABRAHAMS
HOUSE MOTHER

While preparing the house for the arrival of the children, we have had a long list of essentials, and an even longer wish list. Most of these items have been supplied through donations; even the garage is being transformed into another bedroom, with bathroom, at no cost to us!

I am, again, amazed by the love of God for those who suffer and how He cares for them and opens people’s minds and arranges for the needs of His children. We certainly have wished, prayed and done our best, but what He has given us is mind-boggling! These past weeks we have had to run to keep up with Him.

However, one major need remains. Every second Sunday afternoon between 15h00 and 17h00, the house will be open for the children’s families to come and visit them. At the moment we only have the living room where these visits can take place. Outside the house we have covered verandas where we could have visitors as well if we had the appropriate outside furniture. If we receive secondhand furniture and need to renovate it, we have become quite adept at doing that.
LORRAINE VAN KAMPEN
PROJECT MANAGER


No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive