Ek loop hierdie Opperman gedig uit 1947 raak! (Uit: Heilige Beeste)
Verruklik.
Vincent van Gogh
Jy het as ’n miskende
heilige vergeefs geveg teen die ellende
en die onreg in die krotte van die myn,
in agterbuurte en op landerye; slegs die pyn
en skriklike stryd van God
leer ken, wat mens en boom verknot
in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
in aanbidding van die son kon verwe,
boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
die kantelende landskap in die snelle ligte
geel en groen en blou – alles met koorsige gevlek
tot branding van die skone kon verwek,
toe is Sy hartstog eers in jou volbring
soos groen sipresse tot ’n vlam verwring.
Sunday, May 17, 2009
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
Blog Archive
-
▼
2009
(275)
-
▼
May
(39)
- Aanbidding in gebed.
- My. Oor spiritualiteit as my geleefde geloof
- Ervaring op ervaring: daar is iets mistieks in ons...
- Die geestelike lees van die Bybel: oor medittatio ...
- Die mistieke ervaring: deurwerking as lakmoestoets
- Heerlikheid en glorie: die mistieke en heerlike er...
- Die vreugde van wederkerigheid: oor mistiek en die...
- Eko-mistiek
- Die liefdeswaarheid leef
- Mistiek en geluk: oor die lewe as energie
- Die groot dood
- Skilpad op sy kop: pure genade
- Die mistieke ervaring: wederkerigheid
- Niks!
- God woon in my
- Cussons en die mistiek
- Die mistieke ervaring: Aanskouing
- Ek-stase: "Ek raak los in my"....
- Van Wyk Louw, Breyten en die mistiek
- Van Wyk Louw, mistiek en 'n God wat verlang
- Opperman en die mistiek
- Sheila Cussons en die mistiek.
- Die mistieke ervaring: vereniging
- Mistiek en vreugde
- Afskeid
- Oor egte vroomheid en pilaarbyters
- Om op God te wag - passiwiteit as lyding
- Om in God se hande te wees.... Oor passiwiteit e...
- Liefde as verantwoordelikheid vir die ander
- Die mistieke ervaring: nietiging en ontwording
- Menslikheid
- Die mistieke vuur: Verrukking en ekstase
- Vier die lewe
- Mistieke ervaring: ekstase
- Oor die mistiek: God kom woon in my gebed
- Spiritualiteit as transformasie
- Gebed, verlange en spiritualiteit
- Gebed as verlange na God. Oor die mistieke ervaring.
- Ontferming
-
▼
May
(39)
No comments:
Post a Comment
Note: Only a member of this blog may post a comment.