Monday, May 11, 2009

Liefde as verantwoordelikheid vir die ander

Hier is ‘n boeiende verhaal:

Die vroom rabbi word op ‘n dag deur sy ywerige leerling eerbiedig begroet: “My meester, ek het U lief.”

Die rabbi kyk na hom en antwoord: “Weet jy wat maak my seer?”

“Hoekom gee u my dan só ‘n niksseggende antwoord?”, antwoord die leerling uit die veld geslaan.

Waarop die rabbi sê: “Hoe kan jy my lief hê as jy nie weet wat my seermaak nie?”

Om lief te hê beteken nie net bewondering en applous nie. Dit beteken om by iemand te wees wanneer hy of sy seer kry. En dit is nie altyd so maklik om agter te kom wanneer mense seer het nie. Daarvoor moet ‘n mens diep ken en kyk.

Kyk, kyk, kyk. Ken, ken, ken. Die ander een is volledig in die oog en in die hart. Dit is die fondament van die liefde.

No comments:

Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.

Blog Archive